Page 1 of 1

tankwa/wuppertal

Posted: Mon Aug 03, 2009 7:04 pm
by hentey
Soos hulle se,"laaste os kom ook in die kraal" Het hierdie skielike gevoel in die agterent gekry...mos langnaweek en die blomme behoort mooi te wees,en die weer gaan ook mooi saam speel.Maar nou is die groot probleem.....blyplek.Het my pel Koos by Sutherland Hotel gebel.....nie n plek vir n muis nie.Kan iemand n plek naby die park aanbeveel,nie vir kamp nie,maar chalets of n nice B&B.Ek wil gaan en ek moet gaan en ek sal gaan.......

Hierdie is natuurlik alles Thys se skuld.Het my kom lus maak vir ry.

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 04, 2009 7:12 am
by ThysdJ
Hentey as jy in Sutherland wil bly kontak die tannie met die rooi fiets. Hannatjie Sieberhagen by www.rooikloof.co.za. Anders kan jy die Ganaga Lodge ook probeer. Ek weet Carlo hulle het al daar gebly en dit baie geniet. :thumbup: :thumbup:

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 04, 2009 11:18 am
by Buff
If you want to stay in Wuppertal, try Barry Lubbe at Mertenhof in the Bieudow Valley.
Details on www.padkos.co.za

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Sat Aug 08, 2009 7:46 pm
by hentey
Ek is nie goed met die skryf van trip of trail reports nie,en as dit in Engels gedoen,dan raak ek skoon gespanne.Ons het toe vandag net n dag trippie in die Cederberge gaan doen omdat blyplek n absolute nagmerrie raak,veral as jy laat slaap soos ek.Het Worcester so ongeveer 6h00 verlaat en betyds by die huis gekom om die 2 de helfte op Nuweland te kan kyk.Ceres,Wuppertal,Cirusdal en weer huistoe.........op een dag........nie aan te beveel nie.Maar ek gaan weer en hierdie slag sal ek beter voorbereid wees.Die Cederberge is n absolute 4x4 hemel,en ek dink mens kan nie in jou leeftyd al die plekkies en padjies vat wat daar te ry is nie.Die area kook van kampers en 4x4 mense.Die pad tussen Ceres en Wuppertal is n absolute moet vir enige buitelug mens.Het klomp fotos geneem en sal dit opsit sodra ek die opsitproses baas geraak het.Nou baie moeggggggggggggggggg...........zzzzzzzzzzzzzzz

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Sun Aug 09, 2009 8:27 am
by ThysdJ
Lekker Hentey!! Ons het daai een slag van die Kaap en terug via Clanwilliam gery in een dag. Het julle ge-piekniek onder die bome voor die kafee in Wuppertal? :twisted: :twisted: :twisted:

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Sun Aug 09, 2009 10:23 am
by hentey
Nee Thys,ons het sommer baie gestop en orals gou water gekook vir koffie.Met n 5+ jarige in die bakkie raak dit n bietjie van n nagmerrie,maar dit is eerder n 2 dae trippie as n dagtrip.Gaan dit weer doen,en ook weer van die Ceres kant af.Volgende keer sal ek n kortbroek en T hemp saamvat.Koud aan Ceres kant en dan raak dit lekker warm hier aan Wuppertal se kant.Nog n ding is soort van n insekweerder of iets wat daai mak muggies in toom kan hou...........Jislaaik daai goed is oorlams.En dan,raai watter tipe van bakkie is die meeste daar opgemerk? HILUX natuurlik.

Ek dink miskien moet die klub vir ons daar n lekker naweek organize........... :idea: :idea:

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 11, 2009 4:19 pm
by ThysdJ
Hentey, check hier toe ons dit gedoen het so 18 maande gelede :thumbup: :thumbup:

viewtopic.php?f=4&t=1305&start=28

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 11, 2009 5:04 pm
by Piesang
Die Cederberge is n absolute 4x4 hemel,
Hentey die Cederberg is die rede dat ek my 4x4 gekoop het.

Het al twee keer van Ceres na Clanwilliam gery via Wupertal, maar elke keer by Kromrevier oorgeslaap.

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 11, 2009 7:43 pm
by hentey
Kaspaas wrote:Hentey, check hier toe ons dit gedoen het so 18 maande gelede :thumbup: :thumbup:

viewtopic.php?f=4&t=1305&start=28
Ek sien.........maar jy het nie daai twee manne raakgeloop nie.(dis nou die ouens van Eselbank)Sit hulle vir die forum lede op asb Thys.

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Tue Aug 11, 2009 7:48 pm
by hentey
Piesang wrote:

Het al twee keer van Ceres na Clanwilliam gery via Wupertal, maar elke keer by Kromrevier oorgeslaap.
Watter kant is dit nou Piesang,voor Cederberg of daarna.Verskaf asb telefoon # as jy dit nog het.Soek na n lekker slaapplek net voor of in Cederberg. :thumbup:

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Wed Aug 12, 2009 2:15 pm
by Piesang
hentey wrote:
Piesang wrote:

Het al twee keer van Ceres na Clanwilliam gery via Wupertal, maar elke keer by Kromrevier oorgeslaap.
Watter kant is dit nou Piesang,voor Cederberg of daarna.Verskaf asb telefoon # as jy dit nog het.Soek na n lekker slaapplek net voor of in Cederberg. :thumbup:
Hentey ons ry Worcester om deur Ceres die Cerderberg in. As jy bo is by Opdie Berg draai jy regs en nog so eent aan raak die pad grondpad in die Cederberg in en loop reg deur tot by Algies verby en kom tussen Cutrusdal en Clanwilliam uit (ek neemaan dit is hoe jul ook ry).

Jy gaan oor die styl bult, ons noem dit Bid-bult, eerste twee keer met 'n Opel stasiewa met sleepwa aan daar oor en van daar die bynaam Bid-bult. Waar jy van die pad af regs draai op die Wuppertal pad hou jy verby en so minder as 10km is Kromrevier se afdraai na lings. Dit is naby die bekende Stadsaal grotte en Truitjieskraal.

So dit is in die hart van die Cederberg. Daar was vroeër jare die bekende Kromrivier 4x4 roete op die plaas, maar dit is toegemaak, voor ek dit kon gaan ry :cry: :cry:

Sal kyk vir van die fotos by die huis en dit dan opsit, sal ook kyk vir hul tel.no.

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Wed Aug 12, 2009 2:24 pm
by Piesang
Hentey as jy Algeria Kamp bel 027 482 2812 of Cederberg toerisme 027 482 2024 behoort hulle vir jou die no te gee,want Kromrivier lê in die Cederberg Wildernis area.

Re: tankwa/wuppertal

Posted: Wed Aug 12, 2009 6:15 pm
by hentey
Dankie Piesang,nou weet ek waar dit is.Sal volgende keer daar gaan bly. :thumbup: