Jou kombers & my matras

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
warthog
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 846
Joined: Fri Aug 14, 2009 8:42 am
Town: Barberton
Vehicle: Fortuner 4.0 V6 Auto, LRFT, Dual Batt, OME's, BFG AT's, ARM comp, 800w inv, Roofrack
Real Name: Hennie
Location: Barberton, Mpumalanga

Jou kombers & my matras

Post by warthog »

Hierdie is een ven die beste goed wat ek nog gesien het. Ek weet nie wie dit geskryf het nie, maar dit is skitterend.

Spesiaal vir al die 'ou' getroudes en vir die wat daaraan dink om te trou!

NÁ die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak 'n nuwe seisoen in die grootste gros huwelike.
Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word.
Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste en noord-suid-opinies is volop.
Wat eens lekker geruik het, word 'n stank.
Wat mooi was, word afskuwelik. Wat slim geklink het, word beterweterigheid.
Soetlemoene verander in bitterappeltjies.

Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoenders word en in hul eie weiland begin skrop, daag 'n ander seisoen op.
Jeuktyd, kraptyd, byttyd, skaaftyd.
Dis dan wanneer die huweliksbed se voeë begin meegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel..

Ná jare van geldstryd en kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig- gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep. Bykans vreemdelinge. Of vyande. Buitentoe lyk alles wel. Almal glo dit gaan góéd met ons. ('Ons' is 'n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort).
Ons hét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, hou vakansie, koop saam-saam kruideniersware. Oënskynlik die perfekte verbintenis.
Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer 'n goudgeel punt. Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid, erbarmloosheid, humorloosheid. Ons is áltyd gereed om te verskil en te beskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en 'n vrot atmosfeer is aan die orde van die dag.

En daar hang ons in die slagyster. Skei kan ons nie, want dis 'n geval van my kombers en jou matras en daar lê die ding.
'n Huweliksberader wíl ons nie, want niemand het energie vir 'n ellelange dermuitrygery nie.
Dan maar deurdruk, hoe gallerig ook al. Solank niemand ontdek wat agter die gordynvoerings aangaan nie. Om te kompenseer vir die yskaslewe, pak ons allerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte.
Affairs, drank, pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings, oorgodsdienstigheid, werkoholisme. En noem maar op.
Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem. Enkeldiepte, borsdiepte, en soms watergetrap.
Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee het nie, bly 'n mirakel. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, kom ons op die kwessie sowel as die oplossing af.
Ek sê nie dit sal vir almal werk nie, maar vir ons het dit.

Die kwessie: Spasie.
In sy wese bly die mens 'n eenling.
Hy wil 'n sirkel om hom kan trek; 'n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het.
En die huwelik het 'n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem. Dis 'n cliché om te sê die huwelik is 'n eenwording van twee mense. Want twee mense kan nooit één word as elke eenling nie 'n heel mens op sy eie is nie. En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos 'n hondsdol hond wat alles byt.

Die oplossing: spasie.
Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper tot by die bottel jakkalsgif.
Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke, lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping. En dáár bly hy vandag nog. Wat destyds 'n ek-bliksem-jou- sommer-dood-aksie was, het geblyk die antwoord te wees.

Sy kamer is syne. My kamer is myne.

Hy kan snork en poep en televisie kyk wanneer hy wil.

Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei as iets my ry. Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveel komberse hy oor hom wil hê. Niemand besweet niemand, en daar is nooit 'n nagtelike gestry nie. En dis salig om uitgerus wakker te word sonder 'n kierie teen jou rug. Of sonder 'n redeloos beneukte vrou langs jou.

Die saligste bly die op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court. Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hy fluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my. Om boontoe te SMS dat ek my man in my kooi soek, of om sy brekfis trapop te dra en te gaan sê hy's my koning.

Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie. Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê 'n ding nie.
Hennie
ImageImage

Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly. Leave the rest to God.
Jos 24:15: "As for me and my house, we will serve the Lord"
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29857
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Jou kombers & my matras

Post by Mud Dog »

Hennie, a very nicely written little article with some very real insights to marriage. I'm sure that each one of us can identify with some or even all of it, but I have a problem with the solution.

Seperation under the same roof is aparently rather common, but I have always thought of it as strangely unnatural. Humans are social creatures, we want to love and be loved .... we want acceptance and approval for who and what we are, and understanding that we are all different in so many diverse ways, we also know that we have to compromise a little here and there in order for us to have friends and loved ones. We learn to accept the differences and even the imperfections of others, and it all comes with emotional and social maturity which we start developing at an early age.

It's definitely very cliche' to say we become 'one' with our spouses when we are married ..... more accurately, we become a team. We retain our individuality, why should we give it up when indeed this is what attracted us to each other in the first place. A certain amount of individual space is neccesary to maintain it, but I believe not as far as seperation.

To my mind the answers lie in love, respect, compassion, understanding and even forgiveness ..... all of which we have to give in order to recieve. Let's also not forget the all important art of mature comunication, ..... and at worst we can agree to disagree. :wink:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
hentey
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 693
Joined: Sun Dec 07, 2008 5:15 pm
Town: worcester
Vehicle: 2700i 4x4
Real Name: hentey pople
Location: worcester

Re: Jou kombers & my matras

Post by hentey »

Niks,maar niks klop ondervinding nie...............Ek dink tog die lewe kan meer betekenis he as om soos die paar te lewe.DIT IS HOEKOM DAAR HILUX 4X4'S GEMAAK WORD.Gaan saal op en verken die wereld!!!!!!!!! :thumbup:
Post Reply

Return to “Open Discussion”