Page 1 of 1

Vermiste Recovery Point

Posted: Thu Nov 19, 2009 3:13 pm
by Kwagga-01
Ek was redelik negatief toe ek agterkom dat my voertuig se recovery point was afgehaal tydens die insit van n intercooler en nooit weer teruggesit nie. Dit vind ek uit toe my voertuig knie diep in modder vasgeval het en daar was natuurlik geen plek vir die “snatch strap” nie. Ek hoef seker nie te verduidelik dat my bulbar nou skade gely het nie. Vêrder meer, met die gespook het die dif ook water ingekry en vir een of ander onverklaarbare rede het die hand remkabel sowat 20mm gerek. Al die skade net oor een vermiste recovery point. MANNE GAAN JULLE VOERTUIE NA VOORDAT JULLE IN “OBSTICALS” INGAAN.

Hande-vier-voet groete

Etienne

Re: Vermiste Recovery Point

Posted: Thu Nov 19, 2009 9:07 pm
by pietpetoors
Jy sal seker nie jou woorde wat jy toe kwytgeraak het herhaal nie?

Dit is nogal 'n les wat ons almal kan onthou, mens neem aan die goed is altyd daar.

Re: Vermiste Recovery Point

Posted: Thu Nov 19, 2009 9:32 pm
by OOOOMS
Nou wie het die recovery point afgehaal? :crazy:

Re: Vermiste Recovery Point

Posted: Fri Nov 20, 2009 12:15 am
by Hoppy
Dis net SAC wat die cooler onder die pens sit.

Re: Vermiste Recovery Point

Posted: Fri Nov 20, 2009 6:41 am
by Bloues
OOOOMS wrote:Nou wie het die recovery point afgehaal? :crazy:

Binne perke met daai antwoord...soos Piet gese het.....jou woorde was seker nie hoorbaar of verstaanbaar vir baie !!!!

Foto's...... ?

Re: Vermiste Recovery Point

Posted: Fri Nov 20, 2009 8:25 am
by Kwagga-01
Ja-Nee, n paar gevleuelde woorde – dit was wel oor die manne uitgespreek. Veral toe ek met my modder gaai moes terug klim in die bakkie.