Search found 42 matches

by Fanusl
Sun Jul 08, 2018 12:53 pm
Forum: General Hilux Discussions
Topic: Hilux 2.8 GD-6 Xtra Cab Auto
Replies: 4
Views: 1896

Re: Hilux 2.8 GD-6 Xtra Cab Auto

Ek het die 2016 DC auto en baie tevrede met hom. Sleep karavaan baie lekker en grondpad ook baie goed.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

by Fanusl
Wed May 23, 2018 3:58 pm
Forum: General Hilux Discussions
Topic: Pas 2011 17" wiel op 2016 Hilux Revo 17".
Replies: 1
Views: 1060

Pas 2011 17" wiel op 2016 Hilux Revo 17".

Weet iemand of 'n 2011 Fortuner rim sal pas op die Hilux Revo 2016 wat ook 17" is.

Sent from my SM-P555 using Tapatalk

by Fanusl
Sun Mar 18, 2018 1:47 pm
Forum: General Hilux Discussions
Topic: panel beaters
Replies: 5
Views: 1484

Re: panel beaters

Stasiemotors in Stikland het nog altyd vir my goeie diens gegee

Sent from my SM-P555 using Tapatalk

by Fanusl
Sun Apr 23, 2017 12:55 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Dankie Less. Ons trip is vol en bespreek. Ek sal daardie plekke ingedagte hou as ons weer gaan.
by Fanusl
Thu Dec 08, 2016 10:13 pm
Forum: General Hilux Discussions
Topic: Too good to be true?
Replies: 14
Views: 2916

Re: Too good to be true?

Moet net geen deposito betaal voor jy hom gesien het nie. Ek het ook so geluk raak geloop en stuur toe iemand na die adres om te gaan kyk. Die mense by die adres het van niks geweet nie. Vals adres
by Fanusl
Tue Sep 27, 2016 12:38 pm
Forum: Open Discussion
Topic: wellpoint
Replies: 9
Views: 1850

Re: wellpoint

Johan pm my dan gee ek jou die ou wat myne gedoen het se besonderhede.
by Fanusl
Thu Sep 15, 2016 3:59 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Dankie Edge ek het hom. Dit wys nou op kanaal 147 ook maar hier om Norotshama is net die besige plekke en ek soek die stil plekkies.
by Fanusl
Wed Sep 14, 2016 1:04 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Ons soek nog 'n lekker wegsteek kampplek hier naby Norotshama/Ausenker met stort en spoeltoilet vir die vrouens. Vir Julie 2017. Wie kan my help asb.
by Fanusl
Sat Sep 10, 2016 4:31 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Dankie James ons beplan reed om in daardie omgewing te kamp. Sal maar wegpak vir die hyenak.
by Fanusl
Wed Sep 07, 2016 9:23 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Yes Hennie. Ek is ook net so opgewonde. Ons gaan DV ook net die suide doen om darem dit nie net deur te jaag nie.
by Fanusl
Wed Sep 07, 2016 12:31 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Dankie Haboob. Ek wil my ook nie dood werk op vakansie nie. Ons kamp graag vir 'n paar dae op een plek en doen dan dagroetes in verskillende rigtings. Met hier en daar 'n oop dag tussen in. Dit werk goed vir ons.
by Fanusl
Wed Sep 07, 2016 11:55 am
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Baie dankie. Ek sal kyk watter plekke pas in by ons roete. Haboob het jy by Oas gekamp. Ek kry maar min inligting van hulle op internet.
by Fanusl
Tue Sep 06, 2016 10:17 am
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Johann ek het hom ook gesien. Lyk na mooi kampgeriewe maar hy is taamlik duurder as die meeste van die ander plekke waarby ons navraag gedoen het.
by Fanusl
Tue Sep 06, 2016 7:23 am
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Re: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Dankie Chris. Jy kan maar in die ander dele ook raad gee. Ons gaan hierdie keer net die suide doen. Ons het so lyn getrek vanaf Luderitz oos na Keetmanshoop toe. Suid van dit wil ons verken. Ons beplan wel om die D707 te doen vir 'n dagroete en ook moontlik in daardie omgewing vir 'n paar dae te kam...
by Fanusl
Mon Sep 05, 2016 4:58 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Beplan trip vir 2017 suide van Namibia
Replies: 21
Views: 7012

Beplan trip vir 2017 suide van Namibia

Ons beplan om Julie 2017 vir 2 weke die suide van Namibia te toer. Gaan net kampeer met tente en boswa. Ons soek mooi en lekker plekke in Karasburg omgewing. Laat weet asb. As julle al in daardileomgewing was en ook ander wegsteek plekke. Ons wil gladnie in dorpe of groot kampplekke bly nie. Hoor gr...
by Fanusl
Wed Aug 24, 2016 10:47 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends
Replies: 53
Views: 8373

Re: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends

Ai Val dit is darem lekker om te sien hoe kom alles bymekaar. Ek het my wa ook so gevolg daar by Jaques en nou geniet ek hom baie. Ek soek maar net altyd 'n plekkie om te sleep en verder is daar maar altyd nog iets wat ek by sit of beplan om by te sit. Jy gaan hom geniet.
by Fanusl
Mon Aug 01, 2016 7:13 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends
Replies: 53
Views: 8373

Re: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends

Val jy sal daardie sleepwa geniet. Ek geniet myne baie en het al 'n hele paar duisend km met myne gesleep. Swaar gelaai en baie slegte paaie en ook 'n paar lekker 4x4 paaie en ook dik sand. Nie die luukste nie maar prakties en bekostigbaar.
by Fanusl
Wed Jul 27, 2016 1:42 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends
Replies: 53
Views: 8373

Re: Some opinions about trailers please from my smart Hilux friends

Val you can also look at jaguartrailers. I got one and not that pricy. A bit industrial look but I can live with it. He add as you order.
by Fanusl
Sun Jun 26, 2016 9:42 pm
Forum: The Workshop
Topic: HCDP 30amp not switching to solar
Replies: 19
Views: 3232

Re: HCDP 30amp not switching to solar

Fanusl wrote:Louwrens daar is twee soorte. Die een met die skakelaar is nie outomaties nie. Die model wat self oorskakel het nie 'n skakelaar nie. Ek het so een sonder die skakelaar. Hy is heelwat duurder as die ander een.
by Fanusl
Sun Jun 26, 2016 9:40 pm
Forum: The Workshop
Topic: HCDP 30amp not switching to solar
Replies: 19
Views: 3232

Re: HCDP 30amp not switching to solar

Louwrens daar is twee soorte. Die een met die skakelaar is nie outomaties nie. Die model wat self oorskakel het nie 'n skakelaar nie. Ek het so een sonder die skakelaar. Hy is hêlwat duurder as die nader een.
by Fanusl
Thu May 26, 2016 10:22 pm
Forum: Alternative Energy
Topic: Solar panel storage
Replies: 3
Views: 3898

Re: Solar panel storage

Ek het vir my Fortuner 'n klein dakrak gemaak waar in twee 85 w panele pas. Boonste een is permanent gekoppel en die onderste een skuif uit sodra ek kampopgeslaan het. Werk baie lekker. Het self gemaak en die materiaal het my minder as R500.00 gekos
by Fanusl
Tue Apr 12, 2016 5:42 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Visit the Orange river
Replies: 7
Views: 2089

Re: Visit the Orange river

Ek het ook so jaar terug daar vir twee nagte gekamp. Het dit baie geniet. Dit was Desember en ons het deeglik kennis gemaak met daardie omgewing se somer teperature. As jy eers lief geword het vir daardie wêreld dan bly jy maar swaar daar weg. Ek gaan maak elke jaar daar 'n draai. Verlede Desember h...
by Fanusl
Fri Feb 19, 2016 12:12 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Pryse van diesel 50ppm
Replies: 11
Views: 2826

Re: Pryse van diesel 50ppm

Ek sien die Shell garage in voortrekkerweg Kuilsrivier se dieselprys is ook R9.45
by Fanusl
Thu Feb 11, 2016 4:02 pm
Forum: Open Discussion
Topic: BIltong Storage
Replies: 9
Views: 2165

Re: BIltong Storage

Ek gooi aan die begin, eers verdunde asyn en dan die speserye na smaak laat oornag staan en hang dan op vir droog word. Asyn gee dit baie lekker smaak en keer vir die muf. Bêre dit dan in plastieksakkies in die vrieskas. Het nog nooit probleme gehad nie. Ons maak ons eie asyn wat baie sterk is maar,...
by Fanusl
Thu Feb 04, 2016 1:32 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Pryse van diesel 50ppm
Replies: 11
Views: 2826

Re: Pryse van diesel 50ppm

Ek het vanoggend op die nuwe prys ingegooi by die Caltex tussen Strand en Gordonsbaai teen R 9.45.
by Fanusl
Mon Nov 30, 2015 3:27 pm
Forum: Build your own:
Topic: Alu Canopy en Eie krag
Replies: 94
Views: 24032

Re: Alu Canopy en Eie krag

Hennie sterkte met die herstel. Weet hoe dit voel. Is al twee keer daar deur.
by Fanusl
Sun Nov 29, 2015 7:27 pm
Forum: The Workshop
Topic: stel van hoofligte
Replies: 3
Views: 1024

Re: stel van hoofligte

Dankie Chris. Sal dit so stel. Moes myne sommer langs die pad een nag stel omdat ek swaar vrag gehad het en het net op gevoel gestel. My fortuner het nie daardie verstel knoppie nie.
by Fanusl
Fri Nov 27, 2015 3:57 pm
Forum: The Workshop
Topic: stel van hoofligte
Replies: 3
Views: 1024

stel van hoofligte

kan iemand vir my sê hoe meet ek die hoogte van my hoofligte sodat dit op die regte hoogte skyn. Ek wil my fortuner se ligte stel maar weet nie wat die regte hoogte is nie.
by Fanusl
Sun Oct 25, 2015 10:01 pm
Forum: Braai and recipes
Topic: Maklike resepte vir die kampvuur.
Replies: 7
Views: 4593

Maklike resepte vir die kampvuur.

Die tyd vir lekker kamp en kampvuurkosmaak is alweer om die draai. Wil hoor wat se lekker en maklike resepte het julle om met ons te deel. Iets behalwe vleisbraai en roosterkoek. Ek gaan so vir twee weke kamp sonder geriewe. Net my kampsleepwa en die stilte van die natuur in die veld. Iets wat ek op...
by Fanusl
Fri Oct 23, 2015 7:07 am
Forum: Build your own:
Topic: DESIGN - off road trailer - for camping
Replies: 27
Views: 4344

Re: DESIGN - off road trailer - for camping

Chris jy moet tog gaan kyk no van die amerikaners se ontwerpe. Ek het eendag op utube daarna gaan kyk. Plat met opslaan meganismes. Ongelukkig baie duur maar dalk kan ons daar iets leer.
by Fanusl
Thu Oct 22, 2015 10:22 pm
Forum: Build your own:
Topic: DESIGN - off road trailer - for camping
Replies: 27
Views: 4344

Re: DESIGN - off road trailer - for camping

Chris my yskas is in my Fortuner met 'n uitskuif blad. My ekstra battery is ingebou in dieselfde eenheid as my yskas. So as yskas uit gehaal word kom die battery ook uit. Ry nie permanent saam voor in gebou nie. My sleepwa se krag werk met 'n velengdraad van die kar af. My sonpaneel en uitskuif tafe...
by Fanusl
Tue Oct 20, 2015 10:09 am
Forum: Open Discussion
Topic: protecting the rear window from stones
Replies: 17
Views: 3196

Re: protecting the rear window from stones

Scott I lost my rear window like that. I have fitted a permanent shadenet cover to my trailer's front. It must be loose fitted to absorb the speed of the stones. Problem solved.
by Fanusl
Fri Oct 09, 2015 12:22 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Replies: 42
Views: 6943

Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld

Baie dankie. Ek het al met haar gesêls en al die nodige reëlings getref. Daar is net die een plek waarmee sy my ook nie kan help nie. Dankie vir julle raad. Sien alweer baie uit na die trip. Darem maar 'n besondere wêreld daardie. Gaan nou vir die 4de keer daar rond wees.
by Fanusl
Thu Oct 08, 2015 6:51 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Replies: 42
Views: 6943

Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld

Roger ek hoop jy kan my help. Ek plan om Des. daar deur te kom hier van die kaap af. Wil die eerste aand daar in die veld(nie 'n kampplek) oornag. Volgens T4A is daar 'n plek so ent anderkant Growcery camp net soos jy klein Helskloof in gaan teen die rivier. Kan ek maar daar gaan staan en/of moet ek...
by Fanusl
Sat Sep 12, 2015 11:47 am
Forum: General Hilux Discussions
Topic: Hilux remote jammer
Replies: 10
Views: 1986

Re: Hilux remote jammer

Hulle het so twee weke terug voor Outdoor Warehouse in Bellville my Fortuner ook so gejam. Behalwe my bos sleutels was daar niks in die kar nie. Dit het my al die slotte en remotes op my huis laat vervang of her kodeer.
by Fanusl
Fri Sep 11, 2015 7:01 am
Forum: General Hilux Discussions
Topic: TGIF
Replies: 322
Views: 42527

Re: TGIF

IMG-20150910-WA0001.jpg
IMG-20150910-WA0001.jpg (21.84 KiB) Viewed 4033 times
by Fanusl
Sun Aug 30, 2015 9:58 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Echo 3 raad asb
Replies: 5
Views: 1052

Re: Echo 3 raad asb

Baie geluk jy sal hom geniet.
by Fanusl
Sun Aug 30, 2015 11:26 am
Forum: Open Discussion
Topic: Echo 3 raad asb
Replies: 5
Views: 1052

Re: Echo 3 raad asb

Môre Thinus. Behalwe die toestand. Laat weeg eers die sleepwa sonder vrag. Dit kos R30.00 by die weegbrug in Stikland. Kyk war weeg hy leeg. Onthou sonder 'n inloop rem mag sy totale gewig ( met vol vrag) nie meer as 750 kg weeg nie. As jy ongeluk het en jou vewig is te veel gaan jou versekering nie...
by Fanusl
Sun Jul 19, 2015 7:26 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Replies: 42
Views: 6943

Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld

Dankie Hennie ons was daardieselfde tyd as julle in die weste deel maar ons het nie in die park in gegaan nie. Het dit baie geniet. Ek dink ook vir daardie tyd van die jaar sal ek so kans kan vat.
by Fanusl
Sun Jul 19, 2015 2:18 pm
Forum: Route Planning questions/discussions
Topic: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Replies: 42
Views: 6943

Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld

Middag almal. Wil uitvind of dit nodig is om plek te bespreek in die park geduurende Des. en Jan ons is drie voertuie maar wil ons nie bind aan besprekings nie. Gaan so vir 12 dae in en om die park wees. Beplan so 6 dae in die park op 2 of drie plekke.
by Fanusl
Sun Jul 19, 2015 12:21 pm
Forum: Trip Reports
Topic: 1400 km Richtersveld toer - Pella
Replies: 4
Views: 3232

Re: 1400 km Richtersveld toer - Pella

Deon jy moet seker maak of die kaart op jou rekenaar en die kaart op jou gps dieselfde is. Ek het my trip op dieselfde metode beplan en die punte was baie akkuraat. Plaas asb van die fotos waar die paaie verspoel het. Ons gaan DV Desember weer in daardie deel en in die park rondry.
by Fanusl
Mon Jul 13, 2015 10:11 pm
Forum: Trip Reports
Topic: 1400 km Richtersveld tour - feedback
Replies: 10
Views: 4291

Re: 1400 km Richtersveld tour - feedback

Deon dit klink of julle 'n interesante trippie verder gehad het. As ek reg sien het ons saam met julle daar op Pella drif gekamp. Dit was net ons drie voertuie wat daar gekamp het. Die eerste deel tot by die N7 het ons baie geniet maar was maklik. Ons het so 8 dae daar deur gery. Ons beplan om Desem...

Go to advanced search