Search found 26 matches

by Johan & Adelle
Thu Jul 03, 2014 8:00 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Bosveld Vuurmaak hout
Replies: 41
Views: 4317

Re: Bosveld Vuurmaak hout

Hi Paul. Dankie tog, my houtvoorraad is juis besig om sy agterent te sien. Ek sal belangstel in 'n ton hout, hang natuurlik af van die prys. Last maar weet of dit in 20 of 50 kg sakke sal wees.

Groete
by Johan & Adelle
Mon Oct 07, 2013 7:45 pm
Forum: 1979 to early 1998 Hilux (Gen 3&4 aka SFA 4x4)
Topic: 1979 Toyota Hilux 18R 4x4 LWB Restoration
Replies: 129
Views: 18101

Re: 1979 Toyota Hilux 18R 4x4 LWB Restoration

Hi Johan

Wel gedaan, ek het gedink jy is besig om 'n mal perd op te saal maar toe nie.

"What the mind of a man can conceive and believe, it can achieve".

Puik werk. :thumbup: :thumbup:
by Johan & Adelle
Sun Aug 25, 2013 7:06 am
Forum: Out in Nature
Topic: Some pics of Nababeep flowers.
Replies: 7
Views: 5432

Re: Some pics of Nababeep flowers.

Hi Roger. Duisend dankies vir die fotos. Die blomme lyk asof dit uit die klippe groei. Zak vN vra dan "Wie het al daai blomme geplant, die blomme in Namakwaland" Sommer lus en klim in die passasierswa en vra vir Klara vir 'n toer. Groete van 'n Nababeep kind. :celebrate: :celebrate: :celeb...
by Johan & Adelle
Sun Jun 30, 2013 10:46 am
Forum: Out in Nature
Topic: Plants in Springbok area.
Replies: 11
Views: 6583

Re: Plants in Springbok area.

Dankie, die fotos is regtig puik.

Froll, Jy het nie dalk die regte name vir elkeen nie?
Die Namakwaland name val lekker op die tong en is mooi beskrywend.

Dankie en Groete. :thumbup: :thumbup: :thumbup:
by Johan & Adelle
Sat Jun 29, 2013 6:48 am
Forum: Engine conversions (Lexus/7M-GE/3RZ-FE etc)
Topic: Diesel Lexus
Replies: 12
Views: 3134

Re: Diesel Lexus

Hi Hannes Ek het self my 4x4 Condor amper 3 jaar terug "opgradeer" met 'n Lexus V8. Ons sleep 'n groot Wilk Amethyst karavaan en dit is 'n plesier met die krag van die V8 engin, sukkel nog heelwat met hitte by steil opdraendes mmet die karavaan op die bussie se stert. Maar om eerlik te wee...
by Johan & Adelle
Tue Jun 25, 2013 5:53 am
Forum: Meet the People
Topic: Sfa New bie
Replies: 18
Views: 3278

Re: Sfa New bie

Welkom Donovan Ek het self eers die forum uitgeloer vir 'n tyd lank voor ek aangesluit het, hoekom weet ek self nie. Wou seker maar eers die kat uit boom kyk, weet nie hoe lank dit sou gevat het nie. Netjiese bakkie met 'n parmantige stel bande, dit lyk sommer lekker wintie. Stormers Groete :thumbup...
by Johan & Adelle
Fri May 24, 2013 5:57 am
Forum: Gauteng
Topic: Sani Pass
Replies: 95
Views: 11485

Re: Sani Pass

Stel definitief belang, hang natuurlik vir wanneer julle sal beplan.
Ek het nog nooit meer as 'n lagie sneeu / kapok ervaar nie.

Dankie en Groete :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Johan
by Johan & Adelle
Sat Jun 02, 2012 7:25 am
Forum: Humor
Topic: DIENSPLIG
Replies: 2
Views: 818

Re: DIENSPLIG

Dit is nou 'n puik grappie. Gee hom sommer 10 uit 10 te dinke aan die laaities wat nie kan stilsit in die kerk nie.
Ek wonder wat in die mannetjie se gedagtes gemaal het oor die nuus.

Groete
Johan
by Johan & Adelle
Sun Apr 01, 2012 6:50 am
Forum: Western Cape
Topic: Stormers Vs Blou (pink) Bulle - Newlands GTG 31st March.
Replies: 59
Views: 5392

Re: Stormers Vs Blou (pink) Bulle - Newlands GTG 31st March.

Dankie vir al die STORMER Hilux 4x4 ondersteuners gister by Nuweland. Ek dink die wenresep was 'n kombinasie van absolute talent, doelgerigte oefen sessies en geesdriftige skares. Bulle kan maar weer probeer volgende keer.

WP, JOU LEKKER DING!!!!! :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo:
by Johan & Adelle
Sat Feb 25, 2012 10:14 am
Forum: Gauteng
Topic: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4
Replies: 172
Views: 19818

Re: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4

Hi Heinrich & Ribbokkloof manne. Ek is nog in Fochville met 'n bakkie wat ek net 'n halwe verskoning soek om aan die brand te steek. Gelukkig vir hom sal dit nie probleem oplos nie. Ek en Louis is vanoggend 4am in die pad na julle toe, maar ons het net 50km gevorder tot ons besef het die bakkie ...
by Johan & Adelle
Tue Feb 14, 2012 5:50 pm
Forum: Open Discussion
Topic: Hilux Club vinyl stickers
Replies: 61
Views: 5625

Re: Hilux Club vinyl stickers

Hi Almal Komplimente aan Maplotter met die puik werk tot nou. Hier is my bestelling, plat swart tracks met rooi skrif met 'n klein wit randjie om die letters. My SFA bakkie is rooi met alle ekstras in swart. Fochville is 'n halfuur se ry na Potch en as julle nie pasop nie is my bakkie die eerste een...
by Johan & Adelle
Sun Feb 12, 2012 6:47 am
Forum: Open Discussion
Topic: Hilux Club vinyl stickers
Replies: 61
Views: 5625

Re: Hilux club vinly stickers

Ek moet erken ek is nie een wat sommer net 'n plakker op 'n voertuig plak nie. Maar in dieselfde asem, as dit met smaak gedoen is het ek geen geen probleem.

Laat maar weet wat die kostes sal wees as julle klaar is. Sover lyk julle konsep plakker puik.

Groete. :thumbup: :thumbup: :thumbup:
by Johan & Adelle
Sun Feb 12, 2012 6:34 am
Forum: Open Discussion
Topic: Hoe het julle bymekaar uitgekom?
Replies: 36
Views: 4885

Re: Hoe het julle bymekaar uitgekom?

My swaer het 'n '85 Hilux gery met 'n Ford V6 enjin. Kyk, hy het met daai Hilux gery net waar hy wou. Soos 'n stout kind, wil ek mos ook ene he. Die advertensie was in die Autotrader en die foto op my Avatar is geneem die dag toe ek hom gaan beloer het. Ek het R50k se buffelkoppe gegroet en van daar...
by Johan & Adelle
Thu Feb 09, 2012 6:31 pm
Forum: Gauteng
Topic: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4
Replies: 172
Views: 19818

Re: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4

Heinrich, ons geld is elektronies oorbetaal, jy behoort binnekort bevestiging te kry van die bank af. Dit is wraggies darem baie makliker as ou jare se posorders en bank oorbetalings. Gelukkig is daar nog 'n paar plesiertjies wat nog op die ou manier gedoen kan word, ek praat van 4x4 net vir die rek...
by Johan & Adelle
Sun Feb 05, 2012 5:29 pm
Forum: Gauteng
Topic: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4
Replies: 172
Views: 19818

Re: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4

Heinrich Ek en Louis sal eers Saterdag oggend kan deurry. Ek is betrokke by die kerk se EPIX (SKJA) en dit is ons heuweliks herdenking op die 24ste. Moderne mans is nie bang vir sy vrou nie, hulle het net vinniger geleer om nie vir moeilikheid te soek nie. Laat weet asb wat is julle beplande tyd om ...
by Johan & Adelle
Tue Jan 31, 2012 7:45 pm
Forum: Gauteng
Topic: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4
Replies: 172
Views: 19818

Re: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Ribbokkloof 4x4

Hi Heinrich

Boek ons nogsteeds al is die plekkie sowat 60km verder volgens die GPS. Ek het 'n mylpaal om Erdvark betyds klaar te maak, so kom ons hou dit so.

Johan & Louis met Erdvark - Kampeer.

Laat maar weet vir die oorbetalings.

Groete :thumbup: :thumbup: :thumbup:
by Johan & Adelle
Mon Jan 30, 2012 6:53 pm
Forum: Gauteng
Topic: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Venue change!!!
Replies: 52
Views: 6831

Re: GTG 25 Feb 2012 Gauteng - Rust De Winter 4x4 Bundu Route

Hi Traveller / Johann Boek ons ook op die lys vir Rust de Winter (Johan & Louis met Erdvark). Rust de Winter sal 'n goeie roete wees om Erdvark se naam in ere te herstel na ek sy ou Ford enjin opgevoeter het in Barakah se moddergat. Laat maar weet wat die bank besonderhede is vir 'n oorplasing. ...
by Johan & Adelle
Sat Dec 24, 2011 7:57 am
Forum: Condor
Topic: Toyota Condor
Replies: 8
Views: 6247

Re: Toyota Condor

Hallo almal. Ek is bly om te sien daar is vele wat die Condors waardeer en geniet. Ek stem saam, dit is definitief 'n voertuig wat nie op sy baadjie getakseer moet word nie, onder daai bussie dop is 'n ordentlikke 4x4 stelsel. Ek het aanvanklik die torsion bars opgestel voor (20mm) end die voor en a...
by Johan & Adelle
Fri Dec 02, 2011 4:49 am
Forum: Open Discussion
Topic: Wat is die naam van jou HILUX
Replies: 322
Views: 149432

Re: Wat is die naam van jou HILUX

Johan - 88 SFA Hilux 4x4 - Erdvark (my oorlede pa het hom so gedoop na ek gras by die plaashuis uitge"spin" het)
Adelle - 90 Condor V8 4x4 - Mom's Taxi (en moenie met haar sukkel oor daai bussie nie)

Groete
by Johan & Adelle
Mon Nov 21, 2011 6:47 pm
Forum: General Mods
Topic: Toyota Condor 2400i 4x4 Mods.
Replies: 18
Views: 4978

Re: Toyota Condor 2400i 4x4 Mods.

Hallo Johan / Leon Ek sien Leon se Condor is definitief nie 'n "Mom's Taxi" nie. Dit is meer Meneer Condor in die veld en sand vir die ander manne. Jy moet maar verkoon as die "Jeep" manne so half bek-af op aandag staan as jy verby kom. Doen my 'n groot guns asb. Neem 'n paar net...
by Johan & Adelle
Fri Nov 11, 2011 6:16 pm
Forum: Members' Vehicles
Topic: "Mom's Taxi" met Houding
Replies: 31
Views: 5451

Re: "Mom's Taxi" met Houding

Halo Almal Dankie vir die raad van Koos (Ou Vale1) met die verkoeler. Ons het al die verkoeler vloeistof vervang met die Castrol rooi vloeistof en soos jy gesê het dit is vrek duur. Ek het eers al die water uitgetap maar die Lexus se twee water punte is ewe hoog en dit was 'n gesukkel om al die wate...
by Johan & Adelle
Wed Nov 02, 2011 6:57 pm
Forum: Members' Vehicles
Topic: "Mom's Taxi" met Houding
Replies: 31
Views: 5451

Re: "Mom's Taxi" met Houding

Hallo Almal Die Condor het my in die verlede gemiddeld 7.5 km/l gegee, maar dit is alledaagse rondry wat meestal in die dorp en omgewing is. Dit het opgegaan na so 9km/l as ons die lankpad vat, maar dit maar min gebeur. Die tranedal was wanner ek die groot Wilk gehak het met slegs 5km/l en ek is op ...
by Johan & Adelle
Wed Oct 26, 2011 5:55 pm
Forum: Meet the People
Topic: Nog 'n Maatjie vir 'n Praatjie
Replies: 13
Views: 1774

Re: Nog 'n Maatjie vir 'n Praatjie

Hallo Almal Dankie vir die advies vir die m-*-f-f-i-e bus wat warm geword het met die karavaan slepery. Sal die naweek kyk of ons sy streke kan vasvat. Erdvark se Ford V6 enjin is reeds verkoop en ek verstaan die persoon wat hom gekoop het is blykbaar heel tevrede met die blou rokie wat agter sy voe...
by Johan & Adelle
Tue Oct 25, 2011 6:51 pm
Forum: Members' Vehicles
Topic: "Mom's Taxi" met Houding
Replies: 31
Views: 5451

Re: "Mom's Taxi" met Houding

Hallo almal. Dankie vir almal se kommentaar, ek moet erken 'n paar opmerkings was nogal lekker tong in die kies. Daar is 'n paar jong mannetjies met Golfies wat kom vra het "Wat het Oom voor in daai bussie?". Die werk is gedoen deur Rudi van Extreme Conversions in Magaliesburg. Hy het 'n P...
by Johan & Adelle
Thu Oct 20, 2011 6:26 pm
Forum: Members' Vehicles
Topic: "Mom's Taxi" met Houding
Replies: 31
Views: 5451

"Mom's Taxi" met Houding

Hallo Oomies en Tannies Julle het so mooi gevra vir 'n paar foto's en het besluit om 'n paar te plaas van Adelle se bussie. Kyk mense, di's 'n sensitiewe onderwerp hierdie. Ek was ernstig op soek na 'n sterker voertuig om ons karavaan te sleep, maar ek het nie kans gesien vir die pryse van 2000 to 2...
by Johan & Adelle
Sun Oct 16, 2011 11:55 am
Forum: Meet the People
Topic: Nog 'n Maatjie vir 'n Praatjie
Replies: 13
Views: 1774

Nog 'n Maatjie vir 'n Praatjie

Ek en vroutjie is die trotse eienaars van twee Toyota 4x4's. Eerstens Adelle se 2001 Condor wat onlangs 'n hartoorplanting gekry het met 'n Lexus enjin, nou is dit 'n "Mom's Taxi" met houding. Nou sleep ek die Wilk Amethyst baie makliker, veral uit by die opdraandes. :beach: Tweedens my 19...

Go to advanced search