Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Of course there are people who only dream about driving a Hilux or Cruiser. They are welcome to show us their current vehicles here, ask questions or post some exciting new releases.
Post Reply
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by Agteros »

Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf
2009-09-12 12:42

Willem Pelser


'n Weduwee van Nelspruit eis R100 miljoen in die Pretoriase hooggeregshof ná haar man dood is in ’n Land Rover wat oor ’n afgrond gestort het weens ’n beweerde fout met die voertuig.

Me. Jolene Klopper (33) het die eis ingestel teen Jaguar Land Rover, die Suid-Afrikaanse verspreiders van Land Rover, en ’n Land Rover-handelaar in Nelspruit. Haar man, Kallie (34), is in 2006 tydens ’n viertrek-uitstappie dood.

Sy Land Rover Discovery 3 het volgens hofstukke glo ’n elektroniese fout ontwikkel en nie oor ’n veiligheidsmeganisme beskik om “wanfunksies te neutraliseer nie”.

In hofstukke word aangevoer sy werkgewer het geweet van die fout, maar kon dit nie regstel nie.

Klopper het by die Land Rover-handelaar gewerk as ’n gids wat kliënte op viertrek-uitstappies geneem het. Hy was amptelik die tweede beste viertrek-bestuurder in Suid-Afrika.

Op die dag van die voorval was hy en enkele viertrek-bestuurders in die berge in Lesotho. Hy het ’n voertuig bestuur wat sy werkgewer verskaf het. Die groep wou stilhou om iets te eet.

Toe Klopper die elektroniese handrem wou aktiveer, was daar net “?’n harde klapgeluid”. Die handrem wou glo nie werk nie en volgens hofstukke is die enjin-bestuurstelsel verkeerdelik geaktiveer, wat die voertuig “drasties” laat versnel en die remme buite aksie gestel het.

Die voertuig het buite beheer met Klopper en sy vierjarige seuntjie, Markus, vorentoe beweeg en oor ’n afgrond gestort.

Net voor die voertuig die grond sou tref, het Klopper sy seuntjie se lewe gered deur hom by die oop voorste passasiersdeur uit te gooi.

Klopper se swaer, mnr. Hein Botha, en sy vrou, Marina, was ook in die voertuig. Hein Botha het uitgespring voor die voertuig oor die afgrond is, maar sy vrou kon nie uitkom nie. Sy is beseer en het oorleef.

Die Botha-egpaar eis ook R320?000 vir pyn, lyding, skok en trauma.

Me. Klopper en haar prokureur, mnr. Jacques van Wyk, verkies om nie nou oor die saak te praat nie.

Gevra of sy al haar man se dood verwerk het, het Klopper gesê: “?’n Mens verwerk seker nooit heeltemal so iets nie. Jy leer elke dag om die situasie beter te hanteer, en ter wille van die kinders moet jy aangaan met jou lewe”.

Vir die drie kinders is hul pa se dood baie moeilik.

“Markus en sy pa was onafskeidbaar. Hy is nou in ’n stadium waar hy ’n pa bitter nodig het. En ousus Jené verwerk sy dood ook moeilik … sy en haar pa het ’n hegte band gehad,” sê Klopper.

Sy was swanger met haar driejarige dogtertjie, Zandrie, toe haar man dood is.

Mnr. Roland Reid, bemarkings- en verkoopbestuurder van Jaguar Land Rover, het bevestig die maatskappy het ’n dagvaarding ontvang.

Hy ontken daar is ’n fabrieksfout met die Land Rover Discovery 3.

Mnr. Gerhard Kroon, bestuurder van die Land Rover-handelaar in Nelspruit, wou niks sê nie “om dinge nie nog moeiliker te maak vir Jolene nie”.


- Rapport
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
User avatar
jan30
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 425
Joined: Tue Jul 07, 2009 1:49 pm
Town: brackenfell
Vehicle: HILUX 2.8 D DC
Real Name: JAN

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by jan30 »

Ja dit was nogal erg Kallie was my aangetroude neef. Die eis is eintlik R300 000 000 maar dit maak seker nie saak nie.
Hy is dood weens 'n groot fout wat LR gemaak het en hulle was bewus daarvan so hulle moet maar hoes. :clap:
IF YOU EVER FEEL TO TIRED TO CONTINUE, JUST DO IT ON YOU KNEES
wacky
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 261
Joined: Thu Jan 03, 2008 6:19 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 1996 dc raider 2,4
Real Name: Deon

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by wacky »

ek het nog altyd gese,toe landrover dai elektroniese robot gelaunch het;dis nie goed vir offroad nie.iets lelik kan gebeur met die elektrics en dan sit jy net daar wat hy is ,of erg ,die dood.Op " TOPGear" het hulle baie te se het oor descent,traction control en sulke goeters en hoe goed die karre is.nou ja hulle moet dit terug sluk en optok. :thumbdown:
Image
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by Agteros »

Ek verkies die kort kierie :angel: en die 2 draaiknoppe op die hubs
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by pietpetoors »

I also feel that all these electronic gadget do not belong in a 4x4. Lets hope the other manufacturers learn from this.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Bloues
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 934
Joined: Thu Jul 23, 2009 12:49 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: Hilux 2.2 D/C
Real Name: Solly

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by Bloues »

My gesegde is altyd "hoekom moet iemand boet met hul lewe voor ander luister" !!!
Bloues
(Nie blou bul maar SHARKS ondersteuner)
Don't fence me in.....
Image
'91 D/Cab 2.2(4y) AKA - Bloues. Lifted Suspension, Dual Battery, 80Liter Freezer, Bridgestone Dueler A/T, 29Mhz Radio, Mud Creeper Winch(Aus), EasyAwn Rooftop Tent, Roofrack, Garmin Nuvi, Long Range Fuel Tank, Jacks+straps for landi recovery.....
User avatar
hentey
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 693
Joined: Sun Dec 07, 2008 5:15 pm
Town: worcester
Vehicle: 2700i 4x4
Real Name: hentey pople
Location: worcester

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by hentey »

Waar is scorps......Dit is nie so maklik nie.Die tannie sal nog leer dit is maklik om n saak aan die gang te sit,maar dit hang af hoe dik jou beursie is.Die mense moet nog eers vir Land Rover skuldig kry,en dit is waar die probleem le.My opinie is dat sy die geld wat sy uit haar man se boedel ontvang het moet spaar,en glad nie n emosie met die reg verwar nie.
Haar kanse om die saak te wen.....-0% Ek dink haar prokureur gaan met haar erfporsie opeindig. Net een vraag!...Indien die oorledene bewus was van die probleem,hoekom het hy sy eie lewe en andere se lewens op die spel geplaas?Simpel vraag ne,maar die reg dink nie soos ek en jy nie.Hierdie is n saak wat ek met groot afwagting dophou.
SCORPION........KOM HELP NOU!!!!!!
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: Reuse-eis teen Land Rover ná man sterf

Post by ToyX4 »

Ek dink Scorpion se Hilux met Lexus conversion en Jeep coil springs agter, gee hom soveel probleme, hy wil nie meer op die forum kom speel nie. :twisted: :twisted:
ImageImage
Image
Post Reply

Return to “Other Vehicles”