As jy klaar is met die skuur en die asyn om die metaal smaak uit te kry dan maak jy so:
- Smeer die pot met Wholesome vet uit
-Maak die pot baie warm todat hy begin rook
-Vee die binnekant uit met Carlton papier
-Smeer weer en herhaal proses todat jy 'n lekker blink lagie binne die pot het... Ek brand my pot gewoonlik so 6 keer om 'n lekker lagie te kry.
-Vee oortollige vet af
-Bere die pot met 'n stuk koerant papier binne... dan roes hy glad nie.
Moenie kook-olie gebruik om jou pot in te brand nie. Die pot raak galsterig na 'n rukkie...
Hoop dit help...
...annersins, kom kuier, dan brand ons daai outjie lekker in
