Page 1 of 1

Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:13 pm
by Frederick
My vrou is bietjie by die oumas vir 'n paar dae. so ek sit en doen 2 goed waarvan ek hou. Lees die hilux forum, en eet...
Toe wonder ek of daar nog manne is wat so gek is oor die dis waaraan ek smul. Want my vrou hou niks daarvan nie so ek eet dit maar as sy nie hier is nie. Die laaste bakkie wat ek ingevries het van die oorblyfsels nadat ons op Loftus 'n groot pot gemaak het.......
Ek eet omtrent my vingers af...

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:23 pm
by Rukia
lief daai kerrie afvalletjie!!! geniet hom, wil self weer so potjie maak binnekort!

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:34 pm
by Frederick
Hy loop mooi hoor!!

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:40 pm
by ChrisF
nie n afval mens nie.

maar het wel Maandag n lekker kerriepot gemaak :)


geniet dit nogal self om kos te maak.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:45 pm
by Frederick
Sjoe ou Chris, ek hou van kosmaak en is nie te sleg daarmee nie maar kan nie afval maak nie, maar kyk ek kan vir hom eet!!!
Daar is min dinge wat by 'n properse afval kom. Renier wat ook iewers op die forum rondsweef het hom gebou. Vir 2 dae lank!!
En dit het perfek uitgekom.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 9:03 pm
by ChrisF
Na ons troue in 1991 het ek vir die eerste 4 jaar meeste van die tyd kos gemaak. As ek my vrou by die werk loop haal het was die kos al reg. :)

en toe verander ons patrone en sy begin kook.


ek het juis Maandag vir haar gesê ek wil nou weer meer gereeld kos maak, darem net iets terapeuties daaraan.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 9:44 pm
by Thabogrobler
Ek hoop daar is nog oor - ek is NOU daar!

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Wed Nov 28, 2012 11:18 pm
by Mud Dog
Perhaps 16½ years of hotel keeping spoiled me ...... not a big offal fan .... don't even like to see a stew bone on a plate, and pick them out of a stew before serving. The dogs love it when I cook ..... all fat, gristle, skin (except for roast fowl) is trimmed beforehand. That said, I enjoy ox tongue, ox heart, liver and kidneys if properly prepared.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 7:05 am
by Frederick
Mud Dog wrote:Perhaps 16½ years of hotel keeping spoiled me ...... not a big offal fan .... don't even like to see a stew bone on a plate, and pick them out of a stew before serving. The dogs love it when I cook ..... all fat, gristle, skin (except for roast fowl) is trimmed beforehand. That said, I enjoy ox tongue, ox heart, liver and kidneys if properly prepared.

Bees tong mmmmm...
Die hart en die lewer is ek seker maar mee bederf want daar is wild vir my die beste. Veral so in die jagveld met lekker gebraaide uie en room

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 11:40 am
by HennieO
Nee dankie vir die afval.......

maar 'n lekker kerrie beslis!!! Ek dink my voorvaders was Maleiers :lol:

Ek kan nie verby 'n samoosa loop sonder om te koop nie en die rooti's....aiaiaiai :shh: :shh: en ek bou 'n eg Kaapse breyani :drool:

Ek is mal oor koskook, my vrou word nie sommer in die kombuis toegelaat nie! My kinders dink dis normaal dat Pappas al die kos maak. :D:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 11:51 am
by GeorgeJvR
Hoe water my mond nou vir 'n lekker skaap affal :drool:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 11:58 am
by Danman
Geniet hom,
Ons het geboer met skaap, bees en vark.
Daai goed het die volk weggedra in kruiwaens, nooit geleer om hom te eet nie.
My ma het ons altyd bygedam en 'n paar wrm klappe uitgedeel as sy ons in die kombuis vang(was maar redelik stout op die plaas)
So ek het nooit geleer om the kook nie
Dis seker hoekom ek so baie hou van kamp.
My broer aan die anderkant het vroeg in sy lewe by my ouma op sy kop geval en sy het blykbaar die lekkerste afval gemaak( ek sal maar sy word daarvoor vat)
.
.
.
Maar ja, nooit te oud om te leer nie...soos hulle in die lotto se "one day is one day"

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 12:06 pm
by roeland.vlok
Nie lief vir afval nie... Lek eerder aan my Lux se exhaust... :naah:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 3:15 pm
by Frederick
roeland.vlok wrote:Nie lief vir afval nie... Lek eerder aan my Lux se exhaust... :naah:
:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 3:28 pm
by JEEPIE
roeland.vlok wrote:Nie lief vir afval nie... Lek eerder aan my Lux se exhaust... :naah:

ek voel presies dieselfde
nee ooh , afval.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 3:47 pm
by GeorgeJvR
Party like Pap en afval en ander Styf en bo bly.
Ek like alby :twisted:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 3:56 pm
by JEEPIE
GeorgeJvR wrote:Party like Pap en afval en ander Styf en bo bly.
Ek like alby :twisted:
mooi so george

ek vra altyd vir n pel van my (al in sy 50's)
so sukkel jy nogsteeds om jou marsmellow ini spaar bussie in te kry ?

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 4:05 pm
by CasKru
Soos die Ingelse Afval uitspreuk is presies wat dit is... Awefull... hehe

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 4:19 pm
by wimvil
jy weet jy straf ons met daai foto WAT MOET ONS EET :aggresive: :aggresive: :punch: NEE MAN jy maak ons honger :lmao:

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 4:28 pm
by GeorgeJvR
:lol: :lol:

Cassie julle weetie wat is leka nie man.
Ek moet by sê as hy nie reg skoon en gaar gemaak is nie, is hy nie so smaakvol nie.

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 4:36 pm
by Rukia
Ek dink mens moes seker groot geword het met die tipe van goed! maar ek se altyd , as iets lekker proe, dan sal ek dit eet ongeag die naam daarvan, hoe erg klink n eier se herkoms nou nie, en ons almal eet eiers! LOL

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 4:44 pm
by CasKru
GeorgeJvR wrote::lol: :lol:

Cassie julle weetie wat is leka nie man.
Ek moet by sê as hy nie reg skoon en gaar gemaak is nie, is hy nie so smaakvol nie.
Dit kan dalk lekker wees en ek verstaan dat mense dit eet, maar hy issie vir my nie. Ek sal maar die sirloin steak eet dan eet julle die hartlongpoepolentong... hehe

PS: Pelony, viennas etc is ook maar afval en ek eet dit so nou en dan

Re: Sit nou so en wonder terwyl ek die forum deurblaai?

Posted: Thu Nov 29, 2012 8:54 pm
by Hi-Hilux
roeland.vlok wrote:Nie lief vir afval nie... Lek eerder aan my Lux se exhaust... :naah:
Sal eerder saam jou kom lek