Page 1 of 1

Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 6:29 pm
by Dowe Koos
Naandsê almal, sommer net vir die lekker gesels. Elke ou en vrou maak sy pannekoek op sy/haar manier. Die vraag hier is, watter pan is die beste - stainless steel pan, staal pan of aluminium pan. Die volgende vraag is, op 'n spiraal plaat, soliede plaat of gas braaier. En die laaste is op watter temperatuur.
Nou ja, oor watter vullings, kan mens baie praat.
Kom ons hoor wat sê die manne en vroue.

Re: Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 7:40 pm
by CasKru
As jy nou jouself wil treat nê.. met jou volgende batch los so paar oor wat nie suiker of kaneel op kry nie.

Dan vir poeding vat jy Carnation Caramel treat en smeer die pannekoek of sit hompe in die middel. Vat dan geklopte room en smeer bo-oor (of ook hompe in die middel). Rol op en eet...

Re: Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:33 pm
by ChrisF
My skoonpa was LIEF vir pannekoek op n Vrydag aand.

Met 6 kinders, en maters, was dit sekerlik een manier om n ge-organiseerde bondel jongklomp te hanteer .... hehehe..

Hy het dan n tafel vol vulsels reg gehad, rasper kaas, maal vleis, ens.


en soos die klomp kom en gaan het hy maar geduldig nog n paar pannekoeke gemaak.


Ek het so deur die jare ook probeer. Nooit dit regtig geniet op n elektriese stoof nie. Nou met die gas-hob werk dit LEKKER ! Een van daai non-stick aluminium panne, daai dun pannetjies spesiaal vir pannekoek. Silikon kwas, en dan vee ek die olyf olie op die pan, dit maak sulke klein druppels op die non-stick oppervlak.

My vrou geniet dit met kaneel-suiker, of met heuning, of met stroop ...


Ek het altyd n ekstra dik pannekoek gevat, en n maalvleis rol gemaak.

Maritz kry sy "McQueen" karretjies ... cookie-cutter en dan word die pannekoek in resies kar vormpies gesny. :)


Juis Saterdag weer n slag pannekoek gemaak .... al verskil nou vat ek n papier dun pannekoek met die maalvleis vulsel.


Maak die mengsel Saterdag oggend lekker vroeg, en dan maak ek die pannekoeke vir middagete. Maak sommer ekstra deeg dan kom eet Maritz se ouers saam.

Re: Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:46 pm
by Dowe Koos
Lekker Chris. Maar jy praat van 'n dun pan, van watse metaal is dit.
Cassie, het juis vanaand pannekoek ge-eet en dit was klaar toe ek die thread begin het. Volgende keer probeer ek jou bederfie.

Re: Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 9:38 pm
by pietpetoors
'n Gladde pan.

'n Nuwe stainless pan is gewoonlik grof en werk nie lekker nie, maar een wat al so paar myle op het is al glad geskuur en werk lekker, selfde geld vir Alu pan.

As jy nie die tiepe is wat hom in die lug flip nie kan 'n bauer pan ook lekker werk, maar is te swaar om mee te gooi.

Re: Pannekoek

Posted: Mon Apr 25, 2016 9:56 pm
by CasKru
Daai kerk basaar Hart panne maak die lekkerste pannekoeke. Maar hy moet die regte temp wees anders sukkel mens lekker. En hoe meer myle hy op die klok het hoe beter loop hy... nes 'n Hilux

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 1:45 am
by Mud Dog
Yip, stem. Die pan moet glad en SKOON wees. Gas braaier werk beslis die beste op 'n midelmatige hitte. Na my ondervinding sprei 'n alu pan die hitte die beste - as hy so effens dikker is word die hitte meer ewematig versprei.

Met vulsels kan jy heeltemal te kere gaan. Cassie se voorstel werk nogal redelik lekker as nagereg, net dat my na my voorkeuring sou ek die ekstra hompe Caramel Treat in die middel uit los, ekstra geklopte room ja - en as jy wil kan jy bietjie Cointreau Liqueur by klop. Piesang (dun skerwe in die lengte) wat liggies gebraai is pas ook lekker by.

Gekookte appel met cloves en rosyne as vulsel saam met geklopde room en suiker wek ook as nagereg. Haal net die cloves uit nadat die appel gekook is (tel hulle in en tel hulle uit).

Die kanneel en heuning is ook lekker met so paar druppels suurlemoen sap bygevoeg.

Vars sampioen / vars korriander / vars green pepper en spek, alles vyn gekap saam bietjie maal vleis wat bymekaar voorheen in 'n pan gebraai is, maak ook 'n lekker vulsel (gooi klein bietjie swart peper en sout na jou smaak). Maak ook 'n lekker omelette vulsel.

Moet ek nou aangaan .... word klaar honger! :D:

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 4:50 pm
by swartvark
ek het Paasnaweek daar in die Cederberge bietjie pannekoek gebak onder die gazebo terwyl dit gereen het. Die wind was ongelukkig bietjie lastig so tussen die gasvlammetjie en Non-stick allu pan. :frustrated:

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 5:43 pm
by ChrisF
Dowe Koos wrote:Lekker Chris. Maar jy praat van 'n dun pan, van watse metaal is dit.
Cassie, het juis vanaand pannekoek ge-eet en dit was klaar toe ek die thread begin het. Volgende keer probeer ek jou bederfie.
Alu met non stick oppervlak.

Word verkoop as pannekoek pan.

Baie vlak pan

Wil nog probeed om n emlet te maak in dit ....

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 6:07 pm
by CasKru
Julle verwys na 'n Crepe Pan

Image


Ek wil nog een van die inverted tipe try... daai dink ek kan mooi werk...
Image

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:08 pm
by Obelix and Dogmatix
Yip kassie daai crepe panned werk soos n droom en is noe baie duur nie. Hennie met gas medium hitters werk die bester vir my

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:25 pm
by Dowe Koos
Ja, ek het al gesien by markte, sport geleenthede en winkelsentrum gebruik almal gas wat maklik is om te gebruik as jy nie by die huis is nie. Op 'n koue aand is mens nie lus om uit te gaan garage toe waar die kampgoed gebêre is nie. Maar jy is lus vir pannekoek, dink ek moet daai Crepe pan kry wat Cassie gewys het en dit deel maak van die kombuisware in die huis. Dan volgende keer as ek lus is, kyk ek of die pannekoek lekker uitkom. Waar kry mens dit. Chow

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:37 pm
by ChrisF
Clicks, P&P, OK, die hele lot het dit by hul huisware afdeling.

Laas sommer een by die Supermark buite Saldanha gekry oppad na ons kamp toe.

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:45 pm
by Dowe Koos
Dankie Chris.

Re: Pannekoek

Posted: Tue Apr 26, 2016 8:01 pm
by Obelix and Dogmatix
Hennie wanneer moet ons daar wees vir pannekoek? Of gaan jy vir ons maandag oggend vinnig vir ons n paar maak?