Page 1 of 1

Gerookte snoek - HELP

Posted: Sat Sep 17, 2016 3:10 pm
by Dowe Koos
Hallo almal daar in die Kaap. Waar kan mens gerookte snoek koop wat jy nie hoef te vries nie nie. Sodra dit gevries is, bederf dit die snoek. Dus iets wat ek wil hê is amper soos biltong. Ek onthou nog jare terug, hoe ons die gerookte snoek kon koop en dit net koel hou terug na die ou Transvaal toe en dit nog kon eet vir paar weke. Help sal gewaardeer word.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sat Sep 17, 2016 3:46 pm
by The Legend
Hennie jy dink dalk nie aan gedroogde snoek nie.Daardie wat so kwaai gesout is nie.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sat Sep 17, 2016 3:55 pm
by Dowe Koos
Hallo Dawid, dis defnitief gerookte snoek. Vroeer jare het ons altyd gerookte snoek huistoe gebring, dan eet ons dit net so of maak 'n lekker toebie. Ek is juis nie 'n groot sout liefhebber nie, so ek sal onthou as dit baie sout ingehad het.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sat Sep 17, 2016 6:04 pm
by Thabogrobler
Maklik!!

Jy ry na jou vriendelike slagter toe en vra die volgende:

"Kan ek asseblief 2kg se Skaap tjoppies kry?"

Lekker braai en jy vergeet gou-gou van die slegte vis smaak waarvoor jy gedink het jy lus was!

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 7:27 am
by Dowe Koos
:mrgreen: :D: :laugh2:

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 10:22 am
by TertiusK
Hi Hennie, ek rook gereeld my eie snoek sommer in die weber, en ek kan jou verseker dis nie soos biltong nie. Buite om kry hy so n geel bruin kleur maar binne is die vleis nog lekker.

So n gerookte snoek toebie is darem vrek lekker. As kind het my pa dit ook gekoop maar waar kan ek nie onthou nie. Weet Tannie Google nie dalk nie? Sy weet dan alles :laugh2:

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 10:44 am
by TertiusK
Hennie ek het bietjie moeite vir jou gedoen :celebrate:

Tel nommer: 021 691 9952
Fax: 021 6913854
Adres: Cnr Landsdown and Becker Roads
Philippi
Cape Town
Web site: http://www.snoekws.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;

Hoop dit help

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 11:05 am
by ROOFER
Hennie wanneer kom jy Kaaptoe daar ek ken n kerrel wat heel snoekke en klein foam a lite bakkies maak hy is n groot handellaar jn snoek !
Laat my weet en ek reel n paar snoekke!
Charl
07dubbel 3 ses5 sewe5.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 11:21 am
by ROOFER
Oops sorry Hennie
Zero7 dubbel310ses5sewe5

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 5:01 pm
by Dowe Koos
Hallo Tertius. Stem saam met jou oor die toebie. Thabo moet net dit leer ken, dan sy skaap toppies uit. Haha.
Het tante Google gevra en daar is net een wat nie gevriesde gerookte snoek verkoop nie. Dit in Paarl. Jou gerookte snoek in die weber, was dit gevries.
Charl dankie vir jou vriendelikheid, dis juis my seun wat terugkom Valies toe en wou hê dat hy vir my saambring. Sal jou nommer stoor en as ek afkom, bel ek jou dan.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Sun Sep 18, 2016 11:07 pm
by ROOFER
Reg so Hennie !!

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:46 am
by TertiusK
Hi Hennie.

Nee en ja. Ek het hom al ontdooi en dan gerook asook vars gevat en gerook. Wat die rook lekker maak is hy kry nie direk hitte van onder af nie so die kanse dat hy pap of oor gaar gaan wees is min.

Re: Gerookte snoek - HELP

Posted: Mon Jul 10, 2017 1:15 pm
by Dowe Koos
Dagse manne.
Vir die wat wil weet, ek het plek gekry waar mens gerookte snoek vars uit die boks - nie gevries nie - kan kry. Dit is in Salt River Street naby die hawe in Kaapstad. Die plek se naam is Koeberg Fisheries.
Het nou heerlike toebie gemaak. :tongue: