Page 1 of 1

Kwaai Braai Paai

Posted: Wed Oct 07, 2009 11:00 am
by Bushwacker
Kwaai Braai Paai

2 Rolle Skilferkorsdeeg
1 Pak Spinasie
Gaar Hoenderborsies (Gerookte Hoenderborsies kan ook gebruik word)
1 Pakkie Gesnipperde Spek
1 Ui
1 Rooi Rissie
1 Geel Rissie
1 Pak Sampioene
Feta Kaas
Mozzarella
Cheddar

Metode:
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.
Braai ui, rissie en spek saam.
Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by.
1. Sit halfte van rou spinasie op deeg.
2. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie.
3. Sit uie en spek mengsel op.
4. Pak sampioene op.
5. Sit nou verskillende kase op.
6. Eindig met ander helfte van spinasie.
7. Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk.
8. Maak deeg oral toe, soos 'n pakkie
Gebruik rooster met randjies.
Braai hoog op vuur.
Braai 15minute,draai gedurig om.
Braai tot mooi goudbruin.

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Tue Oct 13, 2009 6:58 pm
by warthog
Genade, hoe loop my mond nou sommer vanself uit!!! gaan hierdie een definitief probeer...

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Wed Oct 14, 2009 7:55 am
by Bloues
Bushwakker.....wat van foto hoe die smaaklikke dis binne lyk....ons almal sit met spoeg in die mond nou van honger..... :wth: :sick:

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Wed Mar 10, 2010 10:14 pm
by Polarbear2008
Bushwacker

Kyk op bladsy 14 van Maart 2010 se WEG. Jou resep is daar in volkleur! :clap: :clap:

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Wed Mar 10, 2010 10:29 pm
by Traveler
Jissie sussie, dit lyk te lekker.

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Wed Mar 10, 2010 10:38 pm
by wim
Piet herinner my gou weer wat doen jy more as ons by die werk is. :wink:

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Tue Apr 15, 2014 5:58 pm
by Omo
Werk en smaak soos nog. Het al die vorige aand se braai vleis gevat in ingesit. :celebrate: :celebrate:

Re: Kwaai Braai Paai

Posted: Tue Apr 15, 2014 6:19 pm
by george
Lekker man :thumbup: Ek gooi self 'n vars snoekie op die kole :drool: