Page 1 of 1

Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:23 am
by Boetman
Ek ry met BF's A/T op my Hilux en het nie n probleem van n dag oud nie. My skoonpa wil op sy 2010 VX Prado bande vervang en my voorstel natuurlik BF's, ons is vertel dat BF nie goeie water verplasing het nie.

Enige meenings (voorstelle) van iemand met ondervinding asb.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:30 am
by Ali3n
My voorstel sal wees Yokohama Geolander A/T. Nog geen probleme met myne nie.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:35 am
by TOYODA
Daar is 2 ouens wat saam met my werk wat BF A/T bande op het.
Hul sê dis soos koekies seep op 'n nat pad.
Ali3n wrote:My voorstel sal wees Yokohama Geolander A/T. Nog geen probleme met myne nie.
Ek ry met Cooper STT, ry baie lekker op 'n nat pad (teer en grond). Nie 'n A/T band nie, maar jy kan selfs kyk na die ST Max of AT3.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:53 am
by jacques kotze
My Pa het Michellin A/T LTX 2 op sy Prado, hy se dis n goeie band en sy voorige stel het hom 120 000km gegee.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:56 am
by CasKru
Dit gaan nie net oor die water verplasing nie. Die rubber samestelling is baie hard om baie kilos te gee, so die traksie is minder

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:57 am
by Johan Kriel
BFG het n harde rubber so , dus op n nat teerpad kan dit n probleem wees.

Vir teerpad en af en toe bietjie grondpad sal engine bekende AT band goed wees, soos Yokohama, Bridgestone, Michelins of Good Year, maar off road kan jy maklik n papwiel kry.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 12:38 pm
by Hilux 1
nog geen probleme met my Pirelli Scopion M/T nie. Noggie so erg gerem op gravel nie, maar nat en droog goed in my oge.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 12:48 pm
by roeland.vlok
BFG A/T is nie so lekker op die nat pad nie...
As hy meer teerpad gaan ry as "offroad" dan sal ek gaan vir Michelin ITX of Bridgestone Dueler of so.

Dit hang seker af van smaak, maar ek hou maar van die BFG's. As dit reen kan ek my rally "skills" oefen!

;-)

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 1:23 pm
by Hoppy
As hy nie BF's wil opsit nie, sal enige iets anders werk

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 2:39 pm
by Donkey
Come what may I stay with my STT's :thumbup:
But as many have said also depends on the application.

Re: Watter bande werk?

Posted: Fri Feb 08, 2013 5:03 pm
by Thabogrobler
BF gee goeie kilo's, maar dis ook al - ek is al deur 4/5 stell op my van.

Ek sou mik vir Michelins vir 'n Prado.

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 10, 2013 6:58 pm
by Boetman
Ja, dit bly maar n storie. Moet se ek het nou al nat paaie gery met my BF's, dalk ry ek bietjie meer versigtig maar het nog nie probleme opgetel nie. Ek het op my vorige stel baie goeie km's gekry en kan ook nie onthou of ek al n band moes ruil nie.

Hy het toe besluit om vir hom Hankook - Dynapro ATM RF10 op te sit.

Ek is darem verlig om te hoor daar is darem n paar mense wat nog met BF's ry :clap: ! Ek gaan binnekort my Hilux se bande moet vervang...lyk my gaan dan die bande moet bespreek op n punte stelsel :laugh2:

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 10, 2013 7:51 pm
by TOYODA
Hou ons op hoogte met die Hankook Dynapro ATM RF10 bande.

Dalk is daar nog iemand op die forum wat gaan sukkel met dieselfde keuse.

Re: Watter bande werk?

Posted: Tue Feb 12, 2013 7:57 am
by Boetman
Sal so maak. Hy is nou Natal se Noord-kus toe, hy gaan verseker nat toestande kry. Hy gaan ook bietjie binneland van daar en hoopenlik bietjie modder en grondpad ervaar.

Re: Watter bande werk?

Posted: Tue Feb 12, 2013 8:29 am
by Jaws
Ek het so 20 000km terug Hankcook Dynopro opgesit. Ek moet se vir die prys dink ek nie daar is `n ander band wat naby hulle kom nie. Dink ek het R10 000 vir 5 x 16" bande uitstekende waarde vir geld. Nog nie `n enkel pap band of enige probleme met hulle ondervind nie.

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 17, 2013 8:43 am
by 4thGeer
Hi i have a set of HANGKOOK tyres an my lux i dont think i will buy another tyre iv done 45000km with them and they are still good .

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 17, 2013 9:23 am
by Digger
Does any body know if the michelins that the luxes used in the dakar are available here,seeing that michelin owns BFG ,these are probably a similar tyre and could be something to look at :think:

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 17, 2013 9:31 am
by Baasvark
Ek het ATX's op my Lux - geen moeilikheid sover nie.

Maar ek moet bieg, ek het nog nie ernstige 4x4x roetes al aangepak nie.(ek weet hulle't blykbaar 'n sagte "wall")

Die oplossing is eenvoudig - as dit reen, ry stadiger en briek vroeer :thumbup: Dan maak dit nie so erg saak watse bande jy op het nie.

Die hoeveelheid keer wat dit reen (hier inni vrystaat) is so min dat ek eerder na kilo's kyk. :oops:

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 17, 2013 9:46 pm
by ThysdJ
Vir teerpad, en af en toe grondpad ry werk Goodyear Wrangler AT/SA baie lekker op die Brood-bakkie. Hulle loop stil, en het ons al deur die Kaokoland gevat tot by Epupa valle en weer terug Kaap toe. Padhouvermoee op nat, droe en grondpad is uitstekend. :thumbup: :thumbup:

Myne het nou 25000km's op en mens kan nog nie sien hulle het gewerk nie.. O ja, hulle kos die helfte minder as BF's..

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 17, 2013 10:28 pm
by Hoppy
Daai Hangkoek bande lyk die sleg nie en TSW promote hulle meer as BF's, die naam is net nie so vars nie, klink soos n ou tannie wat al n paar keer op n hoek gestaan het vir n ekstra inkomstekie.

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 18, 2013 4:59 am
by The Legend
Hoppy wrote:Daai Hangkoek bande lyk die sleg nie en TSW promote hulle meer as BF's, die naam is net nie so vars nie, klink soos n ou tannie wat al n paar keer op n hoek gestaan het vir n ekstra inkomstekie.
Allan

Jy is weer lekker op jou stukke. :lol: :lol:

Re: Watter bande werk?

Posted: Tue Feb 19, 2013 5:11 pm
by Boetman
[quoteDaai Hangkoek bande lyk die sleg nie en TSW promote hulle meer as BF's, die naam is net nie so vars nie, klink soos n ou tannie wat al n paar keer op n hoek gestaan het vir n ekstra inkomstekie][/quote]

ooo aare :lmao:

Hy het nou amper 3000km gedoen, nat en droog, grond en teer, hy het self gesleep ook vir meer as 500km en sover gaan dit goed. Hy gaan Mei rigtersveld toe sleep(waar hy meer elemente gaan trotseer ook n paar verkennings 4x4 roetes) maar hy is sover tevrede.

Die prys is baie beter as BF's,wat n defnetiewe rol speel in my volgende band keuse.

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 15, 2015 1:25 pm
by Tenk
Hoe lyk die bande nou, ek sien hier is n verskeidenheid, wat is verdere terugvoer wie ry nog wat en hoe gedra die tyres hom? Ek hou nog by bfg geen probleme.

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 15, 2015 2:08 pm
by ThysdJ
Pierre.. dis presies 2 jaar later... mmmm daai Goodyear AT/SA's waaroor ek so gespog het is toe op die ou einde die grootste drek wat ek nog ooit op enige kar gehad het... Ek is terug op BFG's... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 15, 2015 3:38 pm
by 4x4BEES
BFG's is die eenigste bande wat ek ken. Het hulle saam met my SFA gekry.
Ek kan nog glad nie kla oor hulle nie.

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 16, 2015 9:32 am
by Scott
Fitted BF AT's two weeks ago to the front of the SFA and done a trip to Sabie this weekend and are impressed with low road noise and ride was also good.31x10.5x15 cost me R1500 per and thought it was a good price.

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 16, 2015 11:48 am
by antlo69
R1500 for a 31x10.5x15 BF.....??? Please share the dealer details, that price is good.

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 16, 2015 12:08 pm
by 4x4BEES
antlo69 wrote:R1500 for a 31x10.5x15 BF.....??? Please share the dealer details, that price is good.
+1

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 16, 2015 12:10 pm
by Hangover
ThysdJ wrote:Pierre.. dis presies 2 jaar later... mmmm daai Goodyear AT/SA's waaroor ek so gespog het is toe op die ou einde die grootste drek wat ek nog ooit op enige kar gehad het... Ek is terug op BFG's... :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Stem saam met daai hoor! Daai bollie tyres het amper my pahulle lat dood verongeluk... Een agter wiel het besluit hy bars net op die oop pad in botswana en hulle is toe daar deur die aankomende karre en in die bosse in eventually...

Re: Watter bande werk?

Posted: Tue Feb 17, 2015 11:38 am
by Scott
left him a message this morning and he has sent me sms back he has still got two and he has other tyres so speek to him on zero82five6zero69nine0.

Re: Watter bande werk?

Posted: Tue Feb 17, 2015 6:56 pm
by Pretorim
As jy nie te bekommerd is oor serious 4x4 nie en meesal teerpad ry: Michelin M/S (Mud/Snow) Ek ry nou my 5e Hilux DC, nog nuut met Duelers maar sodra nodig sal beslis weer vervang met Michelins. Jy kan goeie stop & padhouvermoë verwag, nat/ droog en sal ten minste 100 000Km leeftyd kry wat ekstra koste regverdig. (Ps, ek werk nie vir Michelin nie :angel: )

Re: Watter bande werk?

Posted: Sat Feb 21, 2015 1:22 pm
by Scott
stem saam.I have have Michelin on the back and have had the M/S before and as you say very good.However the look of the BF just great.

Re: Watter bande werk?

Posted: Sun Feb 22, 2015 3:59 pm
by Zenbaas
My main gripe with the BFG's is their road holding on wet tar. Even at 60km/h I find them terrifying.

Re: Watter bande werk?

Posted: Mon Feb 23, 2015 9:52 am
by Tenk
Ek het die afgelope naweek met die sandryery my 31/10.5/15 bfg all terains afgehaal, en 265/65/17 brigestone duelers all terrain op gehad. Dit was verbasend hou die twee verskil, ek trek swaarder weg met die Duelers en is asof hulle wil ingrawe met wegtrek, maar op momentum is hulle nogal goed. Die bfg is vir my meer responsive vanaf wegtrek. Aan die ander kant kan dit wees omdat die bfg op 15 duim is en die Duelers op 17 duim? Wonder of die 17 duim op bfg ook beter sal werk?