Page 1 of 1

Rockspider se storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 1:51 pm
by Rockspider
Ek het op hierdie site afgekom en dit val so mooi in my kraal as Toyota se top verkoopsman van Hiluxes (as entoesias natuurlik, nie as beroep nie).

So, as ek mag, kan ek myself voorstel? Ek is Leon aka Rock-Spider en hier is my storie.

My eerste 4x4 was ‘n 80 series Toyota Landcruiser 4500 EFI. Wat ‘n fantastiese voertuig maar baie dors. Ek het hom al baie jare terug verkoop agv sy drink gewoontes. Met sy agterste ARB airlocker en OME suspension was dit ‘n baie bekwame voertuig en lekker toer voertuig ook.

Image

Toe die gogga te erg begin byt het, nog voordat ek die Cruiser verkoop het na so ‘n paar duike op die Cruiser deur te erg te speel met hom, het ek ‘n speelding opgebou dubbed Rock-Spider. Dit was ‘n 1989 2.2 double cab Hilux. Dit het so ‘n jaar of twee gevat maar ek het hom so bietjie gemod om op die klippe te speel. Modifikasie het ingesluit :

• Kort gat vir departure angle
• Blom se ou bumper bulbar (ek sien hy is ook hier)
• Scissor shackles agter
• Rubber suspension bushes met greaseable pins
• OME suspension
• Modified twisting stabilising bar op die voorste as vir daai lekker artikulasie
• 50 mm body lift
• Stel 33” BF muds en ‘n stel 35” Simex’s centipedes
• Spesiaal gemaakte negatief offset rims op 10J’s (maksimum offset)
• Detroit Easy Locker agter en Lockrite voor
• Marlin Crawler (die 2 de een in SA). Die een box se ratios was ook verlaag na 4.7:1 toe. Wiel ratio, 206:1
• Corolla bucket seats
• 2.7 Hilux engine
• Rocksliders
• Sparewheel carier
• Rubberised binne (geen matte) en ook bak
• En verskeie ander klein mods

Image

Image

Image

Image

Image

Ek het die Rock-Spider so 4 jaar gehad maar moes toe ontslae raak van hom om van die ex ook te kan ontslae raak … Miskien herken die nuutste eienaar die fotos en kan my laat weet hoe gaan dit met my babakie.

Intussen, toe ek die Cruiser verkoop het, het ek dit vervang met ‘n 1999 model 2,7 Hilux double cab. Die 2.7 was my toervoertuig en die Rock-Spider my speelding. ( ek sal maar nie te veel vertel van hoe en waar ek die Rock-Spider gerol het nie)

Die 2.7 was ook nie heeltemal standard nie en het ‘n Detroit Easylocker voor in gehad met die standard Toyota locker agter. Ek het ‘n canopy packing system ontwerp wat uitstekend gewerk het (dit le nog steeds in my garage, enigiemand wat dalk sou belangstel om dit te koop?). Hy het ‘n OME suspensie gehad met 31” BF Muds. “n nice bumper bulbar het hom ook ‘n goeie approach angle gegee.

Image

Image

Image

Na baie jare se goeie diens en 205,000 km later het ek hom laas jaar verkoop. Die bakkie was nogal capable met sy mods en het verskeie kere oe baie groot laat rek.

Nou ry ek ‘n Fortuner 4.0 V6 4x4 outomaties en is so bietjie verdwaal van 4x4 maar is nou weer so lus ek kan my lag nie hou nie. Die Fortuner doen nie te sleg op die klippe met sy auto box nie maar is darem nie ‘n speelding nie. Dit sal nog ‘n jaar of twee vat voor ek bereid sal wees om die Fortuner te modify en hom seriously te begin gebruik.

Ek is nou opsoek na ‘n 2.7 Hilux enkel cab wat ek weer kan opbou as ‘n toervoertuig en ‘n mild speelding, nes my ou 2.7 was. Ek het nog ‘n volledige 2.7 gearbox engine en transfer in my garage so is baie lus om te kyk of Marlin ‘n adapter vir my sal he.

Hier is so paar fotokies.

Groetnis

Rock-Spider

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 2:06 pm
by frik
Rockspider welkom

Een kompliment die toyotas wat jy gehad het lyk awsome. Ek is naskurig oor waar jy die swart wiele gekry het vir jou Toy.

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 2:15 pm
by Jaws
Welkom Klip-spinnekop

Wow jou SFA Hilux was baie mooi. Ek het nog `n rim met `n 10J offset gesien nie :wth:

Is die fortuner so dors soos wat jou ou LC was?

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 2:19 pm
by CasKru
Welkom Leon... hoop jy geniet dit hier...

Twee erg mooi wa's wat jy daar het :thumbup: :thumbup: :clap: :clap:

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 2:50 pm
by Rockspider
Ok, ek weet nie wat van my reply geword het nie maar ek doen dit maar weer.

Die Rockspider se rims het ek laat maak by 'n plek in Jeppe in die Suide van Johannesburg. Ek kannie die plek se naam onthou nie. Daar kry jy die rim sonder die inner. Jy kies die pitch tipe ns wat jy wil he en hulle weld dit aan waar jy dit wil he. Myne was aangeweld op die verste negatiewe punt moontlik. Die enigste probleem was vibrasie maar dan was die Rock-Spider nooit bedoel om vinnig te ry of ver te ry nie.

Die rooi bakkie se rims was ou Hilux rims, die wat die negatiewe offset gehad het. Ek het dit net laat powdercoat. Ek het duie oorspronklike allooi rims verkoop ... useless vir offroading.

Die Fortuner se brandstof verbruik is ongelooflik. Die Cruiser het my 16 l/100km gegee op die oop pad. Die Fortuner het ek al so laag as 10 l/100k gehad op die oop pad maar die gemiddeld in die stad loop maar so tussen 11 en 13 l/100km. Moet se, nader aan die 11 as die 13.

Dankie vir al die komplimente. My vingers brand om weer te begin bou!

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 3:05 pm
by Kaspaas
Welkom Leon, daardie spinnekop van jou, lyk baie mooi!
Is daar n rede dat jy n IFS wil opbou, oor n SFA?

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 3:21 pm
by Rockspider
Die IFS is obviously nie in dieselfde kategorie as die SFA nie maar kom met 'n paar ander voordele. Die IFS is nuwer (ek soek 'n 2003 of jonger model), dit het 'n beter engine (die 2.7) en natuurlike is dit 'n baie geriefliker voertuig.

Ek soek 'n toer voertuig met occasional speel en nie andersom nie. Ek dink dit is makliker om 'n axle swap later te doen as wat die engine swap. Die 2.7 modifikasie in die Rock-Spider was maklik maar die electronics was 'n nagmerrie. Ek het die computer gehad maar kon nerens 'n harnas kry nie. Ek het toe 'n aftermarket computer ingesit wat vir my te onstabiel en onbetroubaar was. Ek wil die voertuig gebruik om mee te toer en probleme honderde kilometers vanaf beskawing is nie aan nie.

Ek weet daar is probleme met die axle swap ook soos die track wydte maar op die stadium is dit anyway nog nie op die kaarte nie. My ou IFS was baie competent en soos ek se, ek het baie ouens laat dubble kyk met sy vermoe, alles oor die OME's en die voorste locker. Die swaer canopy was natuurlik ook 'n groot voordeel.

As ek alles teen mekaar opweeg, dink ek is die IFS, vir my omstandighede, die beter koop.

Re: My storie

Posted: Thu Dec 11, 2008 9:42 pm
by Hi-Hilux
Baie welkom hier!! En regtig 2 SPILS 4x4's wat jy daar gehad het, glo jou Fortuner sal ook goed lyk as jy klaar is met hom...oor die canopy vir die ifs ek stel belang, wat is jou prys? Fotos? Ek is in Namibia maar ek sal hom hier kry op n manier 8 )

Re: Rockspider se storie

Posted: Fri Dec 12, 2008 7:16 am
by frik
Die swaer canopy was natuurlik ook 'n groot voordeel.


Rockspider verskoon maar my stupid vrae soms maar hoekom sou jy se die swaerder canopy is n voordeel . Jy weet ek het Ironman suspension laat insit en het vir so n jaar sonder sy canopy gery maar boeta hy skud jou longe uit .Het my fibreglass canopy so maand terug weer opgesit en ek moet erken hy ry soos n kar nou ja obvious is fuel consumption hoer maar vir die gerief.Ek sou graag by jou wou hoor hoekom se jy dis n voordeel.

Frik

Re: Rockspider se storie

Posted: Fri Dec 12, 2008 7:25 am
by Riceburner
Leon thats one of the sickest luxes on this site, awesome!

Re: Rockspider se storie

Posted: Fri Dec 12, 2008 8:17 am
by ThysdJ
Leon welkom hier by ons forum... ek is mal oor jou Rock Spider bakkie... Hoeveel het mm korter het jy die bak gemaak? :shock: :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Rockspider se storie

Posted: Fri Dec 12, 2008 8:19 am
by Rockspider
Almal sal dalk nie saamstem nie nie maar ek dink die swaar canopy het 2 voordele. In die eerste plek het ek swaer OME's agter in gesit. Die ry is vir my dan sagter as hy so bietjie vrag drae.

In die tweede plak vind ek in meer extreme obstacles dat die canopy help om die gat op die grond te hou en sodoende traction te bewerkstellig. Traction is a funksie van gewig (wetenskap). Wanneer hy dan veral loodregte walle klim kom die gat agter makliker op omdat hy traction kan behou en nie hop nie.

Hi-Hilux - ek het vir jou 'n mail gestuur sodat ons kan gesels oor die canopy. Maar in kort, dit is die canvas canopy wat in die fotos op die rooi bakkie is. Dit is 'n kompleet cage so is Afrika proof! Binne-in het hy 'n stelsel om 'n totaal van 7 Wolf packs te vat. Die kant deure van die canopy vou ondertoe om 'n werksoppervlak te vorm. Die canopy het vir my baie goed gewerk en ek het al 'n dop in die hand gehad en lekker agteroor gesit nog voor die res in die groep hulle bakkies uitgepak het.

Image

Image

Re: Rockspider se storie

Posted: Fri Dec 12, 2008 8:35 am
by Rockspider
Terloops Hi-Hilux, daar is geen sprake van die Fortuner enigsins nou te verander nie. Hy sal nog vir lank dood standaard bly.

Kaspaas - Ek kan regtig nie onthou met hoeveel mm die bak korter is nie en ek dink ook nie did was gemeet nie. Ek het dit nie self gedoen nie en het vir die panel beater gese "sny hom af reg agter die shakle".

Nou dat ek nog foto's sien van die rooi bakkie - ek het die dakrak wat op die cab kom ook nog in my garage as iemand sou belang stel. Kom ons se R500? Kom haal hom asb net na kersfees wat ek sal my oe uit my gat skaam as iemand nou my garage moet sien!!

Hier is sommer nog 2 pics van die Rock-Spider aangesien julle dink dat hy so naais was. Hier het hy 'n stel Bridgestone Muds op gehad wat gesponsor was. Die Rock-Spider is die een wat so ongeskik gedek word!

Image

Lekker in die modder!

Image

Re: Rockspider se storie

Posted: Thu Mar 26, 2015 9:36 am
by Kaspaas
Op my soektog na Thys se post weer op die topic af gekom..

Seker een van die Wildste SFA's op die forum gewees..
Wonder waar in die wereld is hy nou?
Was hy nie 'n tyd gelede in die mark nie?? :think:

Re: Rockspider se storie

Posted: Thu Mar 26, 2015 9:55 am
by 4x4BEES
:drool: :drool: :drool: :drool: :drool:

Re: Rockspider se storie

Posted: Thu Mar 26, 2015 7:17 pm
by legend35
En daai canopy is nou op my bakkie.Baie nice na n paar veranderinge.