Eerste kiekies van Rockspider jnr

Tell us a bit more about your Hilux (or other 4x4) and show off with some pictures.
Post Reply
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Rockspider »

Hier is die eerste fotos van Rock-Spider jnr. Sy 50mm lift is in en hy is amper reg om weer te ry. Die gearlever is nog steeds 'n klein probleempie en sal dit oplos deur die console te verwyder en net 'n aluminium plaat daar te sit. Fotos sal volg so met die tyd saam. Die bumper was sommer maklik, het net 4 nuwe gate geboor. Die steering rod het ek verleng met so 30 mm.

Die canopy is hoopenlik verkoop dan kom die af. Dit sal eventually vervang word met my eie ontwerp alluminium canopy wat ek gaan swart powdercoat. Hierdie is tog afterall die nuwe SA ...

Die splinternuwe rims word vervang met 10J Micky Thompson rims (dankie Blumtrd :x ), tyres is die nuwe loopvlak BF Muds KM2.

Die bucket seats is in.

Verder het hy OME suspensie, ARB bumper bullbar, ARB locker voor, standaard locker agter.

Die 2.7 het blykbaar die SAC conversion in. Ek dink hy raas net meer want hy het nog steeds nie krag nie. Ek gaan weer terug na die standaard exhaust want die geraas sal my mal maak!

Image

Die langer termyn plan is 'n dual case en solid as voor ... maar Rome was nie in een dag gebou nie.
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Bushwacker »

Lyk baie goed Leon :thumbup:

Soos jy sê:... maar Rome was nie in een dag gebou nie.

Dis omdat ek nie daar was nie :lol: :lol: :lol:
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by JohanM »

Baie Mooi!!!! Al wat ek sê is hier kom `n ding!!!! :clap: :clap: :thumbup:
Johan Marais
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Piesang »

Hi leon dit lyk BakGat
:thumbup: :thumbup: :clap: :clap:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by ThysdJ »

Leon, ek like jou spinnekop.. dit lyk BAIE mean... :shock: :twisted: :twisted: :clap: :clap:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
BlumTRD
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 502
Joined: Wed Aug 29, 2007 9:08 am
Town: South Africa
Vehicle: Hilux
Real Name: David
Location: Pretoria

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by BlumTRD »

:clap: :clap:
:lol: Sorry , maar nou wil ek my rims ook swart he :lol:

Hie is die besonderhede : Pretoria Spring Sales (012 327 7236)(082 820 5289)(012 327 7248)
12 Zeiler Street Pta Wes

Ek gaan more gou by die nuwe inge n draai maak . Vir daai T6 Alu Blocks

Ek hou van daai Rooi 8 )
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Rockspider »

Dankie David

Bring maar daai rims vir my, ek sal seker myne ook invat vir powdercoating sodra ek dit ontvang het by Procotech in Stormill Roodepoort 011-474-1602.
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by BenHur »

Hierdie is regtig die mooiste IFS wat ek nog gesien het, sy is regtig foto genies. Hoe rooier hoe mooier. :clap: :clap: Ek weet rooi is seker nie die mees praktiese kleur na maar vrek dis mooi :thumbup:

Hoe het jy die steering rod verleng? Fotos? Ook van die gear lever probleempei sodat ons ander kan verstaan wat is die issue daar. Gaan jy die radiator skuif?
User avatar
Scorpion
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2158
Joined: Wed Jan 16, 2008 6:31 pm
Town: Emmarentia
Vehicle: 1988 Hilux 4x4 D/C with more attitude than Mike Tyson
Real Name: Johann
Location: Constant Kloof

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Scorpion »

Ek stem met Bennie. Dis defnitief een van die mooiste IFS's wat ek nog gesien het - stunning! :thumbup:
1988 Hilex D/C 4x4 (Import spec), Lexus V8; Marlin Crawler; Custom Suspension: front and new 4 link in the rear; Disc Brake conversion rear; 35" Cooper STT tyres; Xenon lights; Custom bullbar;Next? Aircon; new front seats, redo the whole interior in nice soft leather, Respray, Double Lockers
1978 Land Cruiser HJ45
1971 Mercedes Benz 280S Automatic
2011 Land Cruiser 79 V6 (60th Anniversary Edition)
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Rockspider »

Ek het die steering rod na ons werkswinkel toe gevat waar hulle dit basies middeldeur gesny het. 'n Ander dukker rod was gesny met 'n binne diameter dieselfde as die steering rod se buite diameter. Die steering rod is basies aan albei kante in die extension ingedruk en gesweis. As mens na die crumple zone, die geriffelde area kyk, is die extentension gedeelte beslis baie sterker as die crumple zone so geen worries daar nie. Onthou net as julle dit doen om seker te maak dat julle die ding weer so aanmekaar sweis dat jou stuurwiel nog steeds horisontaal is want die rod gaan net op een manier in. :wink:

Image

Dan die ratkierie probleem. Ek probeer dit hieronder illustreer. Met die bodylift het die kierie teen die bakwerk vasgedruk. Die het ek weg gebuig en die een rubber seel verwyder. Maar toe ek die plastiek console terug gesit het, druk hy nog steeds teen die console se kant vas. Ek moet of die kierie langer maak en buig, of die console verwyder. Laasgenoemde klink na minder moeite. Ek dink ek gaan die leer cover gedeelte uit die console sny en dan 'n alluminium plaaitjie maak waarmee ek die leer cover dan weer vasbout. Ek hoop ek maak sin????? :roll:

Image

Ek sal die radiator seker maar skuif maar as dit na te veel moeite lyk (ek is maar lui :confused: ) dan sny ek sommer die cowling. Sal julle op hoogte hou.

Die fuel filler lyk my gaan ook nie 'n probleem wees nie. Met die longrange tank en al die pype wat hulle ingesit het sal die pype kan skuif om weer bymekaar uit te kom.

Intussen het ek die Micky Thompson 10J rims van Blumtrd opgespoor en moet dit net gaan haal. Ek het ook reeds gereel vir die powdercoating daarvan. Ek wag net vir expert advies of die 10J nie dalk te breed is vir die 11,5 duim breedte tyre nie. Ek will darem ook nie in die middel van nowhere of op 'n precarious plek bo-op 'n berg 'n band he wat afklim of moeilikheid gee nie. As dit ok is gaan ek die rims dadelik koop. :D
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Piesang »

Julle manne wat nou al reeds body lift gedoen het, waar begin 'n ou, maak jy net die bakwerk los en lig hom met 'n ajk of iets en sit die bokke in of wat :?: :?:

Ek verstaan die probleem met die kieries, maar sal dit oorkom.
Weet net nie waar om te begin nie.

Ek het nou al so rukkie terug die balljoin spacers gekoop en gaan nou oor die volgende paar weke so bietjie aandag gee aan die vloer onder die mat en die spacers insit en die buffer klaar maak. Wil dan oor kyk na die moonlikheid van bakwerk lig. Lyk nie of dit 'n deur storie is nie.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Piesang »

Lyk nie of dit 'n deur storie is nie.
:oops: :oops: :oops:


Lyk nie of dit 'n duur storie is nie.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Rockspider »

Dit is glad nie duur nie. Die spacers het ek sommer van afval mildsteel rod laat maak. Die diameter is seker so 50mm. My bumper bullbar het ek net 2 nuwe gate geboor maar as jy 'n standaard bumper het of enige ander bumper behalwe ARB, sal jy dalk brackets moet maak om dit te lig. Die petrol filler pyp sal ek regkom sonder om iets te vervang en die ratkierie probleem sal ek ook kosteloos oplos. Die towbar/bumper agter is bietjie van 'n probleem omdat ek brackets sal moet maak om die ook te lig met 50mm. Ek dink ek gaan eerder 'n towbar/bumper/sparewheelcarrier laat opsit en dit is baie duur, so R9000. Die radiator se skuif is kosteloos.

Die enigste koste sover was al die boute (14 in totaal) wat R202 was.

Die proses was as volg. Ek het eers al die boute losgemaak en verwyder. Hulle het verskillende lengtes en is van verskillende diameters. Die bak se boute het 'n plaat boaan om te keer dat hy nie ronddraai wanneer jy die nut vasmaak nie. Gelukkig kan jy bo bykom en ek het dit vervang met 'n gewone bout en moer. Dit is egter nie so eenvoudig met 'n SFA nie. As ek reg onthou van die Rock-Spider, was die bout binne in 'n channel onder die bin wat jy geen toegang tot het nie. As die boute baie groes is dan begin die bout saam met die moer in die rondte te draai en dan raak die lewe ongemaklik. Ek moes 'n paar gate in die Rock-Spider se bin van bo af boor om die bout te wedge dat hy nie in die ronde spin nie. Invest in alle gevalle maar in 'n blikkie Q5 of Q20.

Ek het een van elke bout na 'n bout en moer plek toe gevat en en nuwes boute wat 50mm langer was, washers en moere gekoop. Ek het toe die spacers laat maak met die regte diameter gat laat boor sodat daar nie 'n speling is tussen die spacer en die bout nie.

Daarna het al die goed wat vas is aan die bak en cab soos pype, drade ens losgemaak en sommer die cab met die hand opgetel terwyl iemand anders net die spacers indruk en die boute insit. Voor by die enjin het 'n highlift gebruik. Daarna het die cab en die bak opgeline en al die boute weer vasgedraai.

Dis dit!

Agterna moet jy dan net al die goed weer vasmaak soos aan die begin genoem
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Piesang »

Die towbar/bumper agter is bietjie van 'n probleem omdat ek brackets sal moet maak om die ook te lig met 50mm.
Wat die towbar/bumper aanbetref; ek gaan myne se arm in die hoek van die val van bo na onder afsny en die agterste stuk opskuif, vas swys en die stuk wat dan laer is af sny. Om dit te versterk gaan ek 'n 6mm plaat net kleiner as die arm sny en bo-op vas swys. Ek het 'n nuwe bumper gemaak en eers daarna gedink daar aan om dit hoër te gemaak het.
Die bak werk gaan in die pad wees want 50mm lig is nie genoeg vir die arms nie, so ek gaan twee gleuwe oder die vlap in die bak maak en afwerk. Sodat die arm deur die bak gaan, die bumpe se bokant en die onderstel se bokant gaan dus gelyk wees.

Ek weet net nie hoe om jou te link met die link van waar ek fotos heT van die bumper nie, maar kyk maar onder die hoof STAMPER by built it yourself.

Ek het ook die IFS so ek sal nie die probleem hê met daai een bout nie.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by ToyX4 »

Pieter, as ek nou reg verstaan, gaan jy die bumper se arms deur die bakwerk laat gaan, d.m.v. gate wat jy gaan sny.
Wil net iets noem.... Sou jy dan dalk die bumper hard stamp teen n klip of n taxi of watookal, en die ou buig sleg, gaan die bakwerk gleuwe ook mos bietjie buig en misvorm.
Of verstaan ek jou dalk verkeerd?
Of beplan jy nie om die stamper so hard te stamp nie :twisted:
ImageImage
Image
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Piesang »

Pieter, as ek nou reg verstaan, gaan jy die bumper se arms deur die bakwerk laat gaan, d.m.v. gate wat jy gaan sny.
Dis reg, deur die plaat onder die klap
Wil net iets noem.... Sou jy dan dalk die bumper hard stamp teen n klip of n taxi of watookal, en die ou buig sleg, gaan die bakwerk gleuwe ook mos bietjie buig en misvorm.
Of beplan jy nie om die stamper so hard te stamp nie
:think: Ek dink dit is 'n kaans wat ons almal vat as ons op die pad gaan of in die bos gaan ry.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Eerste kiekies van Rockspider jnr

Post by Rockspider »

ATS hier aan die wesrand het, nadat hulle behoorlik huiswerk gedoen het, bevestig dat ek die 11,5 duim breed 32" BF's op die 10J Mickey Thompson rims kan gebruik. Dit is egter die minimum groote band vir die 10J so ek hoop maar nie dit sal probleme gee nie. Dit is egter nie aantebeveelbaar vir enige bande kleiner as 32 x 11,5" nie.

Ek gaan dit nog in die week haal en dan word dit gepowdercoat :clap: :thumbup: :D:
Post Reply

Return to “Members' Vehicles”