Page 1 of 1

My Eerste Hilux.

Posted: Fri Nov 10, 2017 2:05 pm
by FrancoisHilux2011
Hi Almal.

Ek het laasweek my eerste Hilux gekoop, en vind myself al dagdroom oor Senyati se watergat in Botswana, rooi-sand avonture in die Kalahari en bergpasse in die Drakensberge. Dis 'n 2011 DC, met 150 000km op. Baie goeie kondisie.

Ek sien uit om raad te vra oor dakrakke, skokbrekers, cabs ens, soos die beplanning vir die ekspedisies saam met hierdie dagdrome momentum kry!

Francois

Re: My Eerste Hilux.

Posted: Fri Nov 10, 2017 2:43 pm
by Hilux 1
Francois, daar is nog n paar lede daar in jou omgeweing. Maar welkom en hoop jy sluit sommer nou ordentlik aan en betaal daai R 160 fooi en kry vir jou n radio (VHF) en chat away op die Kaapse lug golwe.

hou ook maar dop die Western Cape events, sal volgende jaar sien of ons sommer tjok en blok vol program het. as jy hou van kamp, sal ons jou laaik :lmao:

ons is n lekker groepie hier in die Kaap wat sommer lekker gaan kamp ens ens.

Re: My Eerste Hilux.

Posted: Fri Nov 10, 2017 3:35 pm
by LouisZ
Mooi man!!

Ek hoop die Hilux bring sommer baie Avonture :thumbup:

Re: My Eerste Hilux.

Posted: Fri Nov 10, 2017 5:12 pm
by pietpetoors
Baie geluk, hoop hy bring jou baie vreugde.
Is dit petrol of diesel, jy kan gerus 'n prentjie laai.

Re: My Eerste Hilux.

Posted: Fri Nov 10, 2017 11:50 pm
by Mud Dog
Welkom Francois! :thumbup: