10 Jaar gelede

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

10 Jaar gelede

Post by JohanM »

Vandag op die datum 10 jaar terug omtrent op die tyd nou 21h00 het ek met my eerste eie voertuig by die huis aangekom. Ek was nog n jong laaitjie gewees (amper 22) en het na n lang stryd van spaar en beplan en mooi vra vir Pa om te help met die laaste bietjie, het ek die voertuig gekoop.

Ek was windgat op n ander manier gewees. Al my pelle het warmgemaakte golfies en sulke hot hatches gery. My werk was van so aard dat ek gereeld die kans gehad het om vinnige voertuie te gaan toets en kyk wat hulle kon doen, so warm gemaakte golfies en dinge was vir my soos werk. Natuurlik kon my vriende dit nie verstaan nie, want wat is mos nou lekkerder as om te dice???? Ek het geweet, dit is wanneer jy daai kort stokkie gebruik en op snaakse plekke uitkom en dit geniet met die bekwaamste voertuig wat daar is.

EK wou orals kon ry en ek wou dit lekker geniet om net in die veld te kan wees en die wye afgelee paaie te gaan verken. Ek wou nog altyd vandat ek 7 was en so voertuig gesien het in Namibie op vakansie, was dit wat ek wou ry.

My eerste voertuig sou wees my 4x4 Hilux. Dit is hoe hy gelyk het to ek hom gekry het.
Hilux bought web.jpg
Dit was die eerste voertuig wat ek op my naam sou hê en ek was super trots daarop. SO trots daarop dat ek die volgende oggend reg voor die werk geparkeer het net sodat almal kon wonder wie se voertuig dit was. Natuurlik het niemand geweet by die werk dat ek die voertuig gekoop het nie.

Dit was die begin van 'n baie lang avontuur, ek was by baie plekke met my Hilux, Brakkenjan was altyd reg vir nog sports en dinge. Ek het maar myself geleer van 4x4 ry hier in die quarry gate en het menigte naweke sommer net gaan ry met Brakkenjan want ek kon nie wag om daai groot voertuig mee te gaan ry en sommer net lekker te speel nie.

Ek het hom gekoop met net 159000km op die klok, maar dit het vinnig verander en nadat my kar gedonate was aan die "RDP" van ons land, het dit my enigste voertuig geword. Vandaar het ek besluit om hom so bietjie meer na my behoeftes te verander en aan te pas. Vandag staan hy op 291000 km en ek sien dat hy nog vir baie lank by my sal bly.

Brakkenjan jy is 'n ware legende!!! :thumbup: Nou vir die volgende 10 jaar en dan ook sommer binnekort is ons n classic voertuig. :thumbup:

In Suidelike Afrika het jy nie geleef as jy nie n 4x4 Hilux gehad het nie. Die lewe is n lied met n 4x4 Hilux!
Johan Marais
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: 10 Jaar gelede

Post by OOOOMS »

Dis nou nice :thumbup: :thumbup: :thumbup:
User avatar
TheoF
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 372
Joined: Sun Mar 07, 2010 4:02 am
Town: Mosselbaai
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D SC 4x4
Real Name: Theo Fourie

Re: 10 Jaar gelede

Post by TheoF »

Ai man ......laat my terug dink aan my jong dae en my big six cortina .....miskien moet ons 'n thread begin "JOU EERSTE VOERTUIG MET FOTOS" :thumbup:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 10 Jaar gelede

Post by ChrisF »

mooi storie

maar hoekom so min kilos ?
ROOFER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1007
Joined: Sun May 23, 2010 10:03 pm
Town: grassy park cape town
Vehicle: 99 s/c hilux 4x4 2.7i long range tank & dual battery; 2003 nissan x-TRAIL (4X4)
Real Name: charl

Re: 10 Jaar gelede

Post by ROOFER »

LEKKER STORIE !!
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: 10 Jaar gelede

Post by The Legend »

Baia mooi Johan,mag jy nog jare se vreugde uit Brakkejan kry.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: 10 Jaar gelede

Post by Traveler »

Lekker storie.

Geluk met die 10jr agter die rug. En mag daar nog hele vele 10jr'e vir julle saam wees.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 10 Jaar gelede

Post by Kaspaas »

Goeie verhaal Johan!

Regtig 'n lang paadjie wat julle tweetjies al gestap het!
Ek/ons soek nog meer avonture van julle! :laugh2:

My kop sê vir my, :think: 22jaar oud + Hilux 4x4 + pelle wat dice = Moet n paar goeie staaltjies oplewer! :thumbup:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 10 Jaar gelede

Post by jacques kotze »

My storie is nogals dieselfde, my eerste voertuig was gelukkig n Hilux, maar dis net n 93 2.4D swb gewees, ook 2de hands gekoop met 143000km's op vir R47 000, het om aan my swaer verkoop(hy het paaiemente oorgeneem) toe ek n 94 2.4d Raider gekoop het. Hy het die bakkie gery tot op 530 000km's en hom so paar maande terug verkoop aan n vriend vir R20 000. :thumbup:
Last edited by jacques kotze on Wed Feb 29, 2012 11:16 am, edited 1 time in total.
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: 10 Jaar gelede

Post by GI Jane »

Dankie Johan, en nog goeie jare voorentoe met Brakkenjan., :thumbup: :thumbup:
Image
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: 10 Jaar gelede

Post by Hilux 1 »

sjoe maar ons almal is mos maar lief vir ons hiluxe, ek het self my 2000 model IFS nou 10 jaar, het hom gekoop met 80000km op en staan nou mooi op 270 000km. Goeie kilos, meestal pad, maar gaan in die volgende 5jaar beslis daai GROOT verander en meer kamp en trips doen om die masjien te gebruik waarvoor hy geskep is.

Ek kry sommer hoendervleis........
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: 10 Jaar gelede

Post by JohanM »

Baie Dankie julle!!! Ja 10 jaar is n lang tydperk om een voertuig te ry.
TheoF wrote:Ai man ......laat my terug dink aan my jong dae en my big six cortina .....miskien moet ons 'n thread begin "JOU EERSTE VOERTUIG MET FOTOS" :thumbup:
Theo, nou jy het die idee, so begin daai thread ek dink dit sal nogal baie interesant wees en sommer bietjie mens laat terug dink.
ChrisF wrote:mooi storiemaar hoekom so min kilos ?
Chris, ek was maar platsak gewees en geld vir sous was min. Ook het ek in die retail bedryf gewerk so verlof was iets wat ons van gehoor het, maar byna nooit ervaar het nie. Was die eerste keer in 2006 op "vakansie" met brakkenjan gewees en dit was Knysna toe gewees vir 2 weke.
Kaspaas wrote:Goeie verhaal Johan!

Regtig 'n lang paadjie wat julle tweetjies al gestap het!
Ek/ons soek nog meer avonture van julle! :laugh2:

My kop sê vir my, :think: 22jaar oud + Hilux 4x4 + pelle wat dice = Moet n paar goeie staaltjies oplewer! :thumbup:
Cobus, Jong ja ek het n paar simpel dinge self aangevang en meeste staaltjies kom van ry saam met ander mense, nie dat ek gedice het met my bakkie nie. Maar ja ons het baie dinge saam ervaar en n paar noue ontkomings gehad ook. Ek sal maar soos ek tyd het dalk van die stories vertel.
Johan Marais
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 10 Jaar gelede

Post by Kaspaas »

JohanM wrote:Baie Dankie julle!!! Ja 10 jaar is n lang tydperk om een voertuig te ry.

Ek stem, maar ons sal dit moet "Members only" maak, ...... :blushing: bang my ouer broer sien hoe ek al droog gemaak het!! :twisted:
:twisted: :twisted:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 10 Jaar gelede

Post by jacques kotze »

Ek stem, maar ons sal dit moet "Members only" maak, ...... :blushing: bang my ouer broer sien hoe ek al droog gemaak het!! :twisted:
:twisted: :twisted:[/quote]
En as hy dalk besluit om n member te word net om jou sondes te kan sien :lol: :lol:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: 10 Jaar gelede

Post by Kaspaas »

:laugh2:

Jacques, Eks seker al oud genoeg om nie meer aan iemand te verduidelik nie!
Maar net die idee dat hy weet ek het dit wel gedoen!! :lol:

Soos die pink sinnetjie in my signature sê: " I make Mistakes..........
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
TheoF
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 372
Joined: Sun Mar 07, 2010 4:02 am
Town: Mosselbaai
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D SC 4x4
Real Name: Theo Fourie

Re: 10 Jaar gelede

Post by TheoF »

sal more so maak
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 10 Jaar gelede

Post by jacques kotze »

Kaspaas wrote::laugh2:

Jacques, Eks seker al oud genoeg om nie meer aan iemand te verduidelik nie!
Maar net die idee dat hy weet ek het dit wel gedoen!! :lol:

Soos die pink sinnetjie in my signature sê: " I make Mistakes..........
Onsis hier as jy bietjie ondersteuning nodig het :lol: :lol: :lol:
Post Reply

Return to “Open Discussion”