Kan n KZTE duine doen??

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Kan n KZTE duine doen??

Post by grobbepj »

Na ons onlangse trippie Mosambiek toe en baie lekker se speel in die sand het ek met groot entoesiasme die nuwe Wegry se artikel oor n mosambiek duine naweek gelees. En jinne maar dit klink na lekker naweek. In die artikel klink dit egter of n 3 liter diesel net nie die ding is vir duine nie. Is diesels net nie mooi geskik vir duine ry nie of is die 3 liter te klein?? Anyway moet ek eerder na ander speelplek as duine soek vir my kzte (gaan ek my frustreer in die duine??). Het nog nooit veel sand gery so sommer nuuskierig oor wat die beperkings is. Dan aan die ander kant van die muntstuk watter tipe voertuie is beste vir sand?? Groot petrol enjins?? Ek leer graag opinies om die vuur...
User avatar
louis fourie
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1767
Joined: Tue Dec 30, 2008 3:17 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2003 Hilux Raider Facelift D/C 3.0 KZTE
Real Name: Louis
Club VHF Licence: X101

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by louis fourie »

Ja, ja, ja. Vleesbaai, The Dunes, Atlantis. Petrol is beter, maar diesel werk ook.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by ThysdJ »

Ja hy kan.. enige diesel kan.. maar jy moet weet hoe om hom te ry in die sand. Petrol enjins is makliker om in die duine te ry want jy kan vinniger momentum opbou.. met diesels vat dit bietjie langer en die aanloop moet ook bietjie langer wees... Oefen oefen oefen is al wat nodig is.. Hoppy hardloop kringe om ouens in groot petrolenjins in Luxter met 'n KZTE enjin.. want hy weet presies hoe en waar om die krag van die diesel enjin te gaan haal en hoe om dit te gebruik.. :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Renierwolf
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 136
Joined: Tue May 29, 2012 5:55 am
Town: Nelspruit
Vehicle: Prado VX 150
Real Name: Renier
Location: Nelspruit

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Renierwolf »

Ek het die moz duine begin sept saam Piet gery in my standaard 3.0d4d xracab. Hy het goed gedoen. Was baie tevrede en het dit vreeslik geniet. Sal enige tyd weer gaan. Daar was n 2.4diesel hilux en hy lekker saam gespeel. Gaan en geniet dit. Daar is n land rover roete om elke duin as jy dit nie maak nie. Haha.[img]http://img.tapatalk.com/d/13/10/07/ryjudaza.jpg[/img][img]http://img.tapatalk.com/d/13/10/07/azyjuqy8.jpg[/img]


:rofl:
Sent from my iPhone using Tapatalk
Renier Wolfaardt
User avatar
STAMPIE
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 335
Joined: Wed Sep 19, 2007 8:51 pm
Town: Durbanville
Vehicle: '05 4L V6 DC
Real Name: Danie

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by STAMPIE »

Ek het al 'n paar maal die Luderitz Walwis en ander Namib roetes gedoen. Elke keer was daar diesels by. Van KZ-Te's, 2.5 Fords tot standaard non turbo Cruiser bakkies. Almal het al die duine uitgekom. Dalk nie altyd die eerste keer nie.
User avatar
Gerrie
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 296
Joined: Thu Jul 08, 2010 8:35 am
Town: Cape Town
Vehicle: 1998 Land Rover Disco 1
Real Name: Gerrie
Location: Cape Town
Contact:

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Gerrie »

Moet myself ook darem hier verdedig... Meeste van die duine waaroor ek geskryf het is haalbaar vir 'n KZTE, maar, daar is lang duine wat Piet juis uitkies as 'n uitdaging waar die diesels maar gebrom het om op te kom. Piet, nes Hoppy, weet hoe om sy diesel te laat werk. Met ondervinding sal jy dit in 'n beach buggy ook regkry - daar was selfs 'n ou in 'n Landie wat dit reggekry het... :tongue:
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by grobbepj »

Dankie Almal. Dit klink dan of hierdie verseker in n binnekortse beplanning gaan inval. Die oefen deel is mos juis die lekker deel... Ek nog nooit te trots om iets oor te doen nie. Help seker dat ek met n onderwyseres getroud is; sy laat my als oordoen tot ek dit regkry :shh:

Ek wil darem net nie die arme bakkie helemal verniel met die gespelery nie en aangesien ek nog nuut in die game is weet ek nie mooi waar is die limits van "mooi speel" nie.
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by grobbepj »

Gerrie wrote:Moet myself ook darem hier verdedig... Meeste van die duine waaroor ek geskryf het is haalbaar vir 'n KZTE, maar, daar is lang duine wat Piet juis uitkies as 'n uitdaging waar die diesels maar gebrom het om op te kom. Piet, nes Hoppy, weet hoe om sy diesel te laat werk. Met ondervinding sal jy dit in 'n beach buggy ook regkry - daar was selfs 'n ou in 'n Landie wat dit reggekry het... :tongue:
Dankie Gerrie. Ekt nie bedoel om die artikel aan te val nie... het net regtig nie geweet nie. Die artikel laat dit klink soos great naweek waarop ek nie sou wou uitmis nie (en die gevare ook uitgewys met die Vigo wat so bietjie vinnig oor n duin is). Dis sulke artikels wat my garage kaart (en soms die vrou) laat sug... maar ry moet ons ry :celebrate:

Kyk ek sal maar eers met die kz gaan speel en oefen en nie nou al my beach buggy hak nie :lol:
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by george »

Het self nog nie my KZ in die duine gehad nie.Sal maar dat Hoppy my 'n paar tips gee.
As ek reg is le sy krag hier by 3000-3500 rpm so ek dink nie 'n ou moet hom hoer as dit vat nie dan verniel jy hom.
Hoppy sal ons moet raad gee hier
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Hoppy »

Diesels werk in die duine as jy hulle reg ry, ek het my KZTE vir 4 jaar duine toe gevat en groepe gelei, insluitend die "Hilux world rekord dag" toe hy nog 2wd was. Vergeet van Low range, trek rustig in 1H weg en sit so gou moontlik oor 2H toe, 2H is jou "magic" rat in die duine en hou jou revs laag, gebruik die wringkrag, so tussen 2000 en 3000, nie hoog nie. Band druk speel n groot rol, jy moet maar lekker pap gaan, 0.6 of laer, ek gaan sommer 0.4 agter, moet net nie skerp draai nie.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Agteros »

Ek wil nie "off topic" gaan nie maar sal 'n gewone 4Y die Luderitz na Walvisbaai maak? Wat se "ry tips" het julle vir die 4Y in die duine?
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by grobbepj »

Hoppy wrote:Diesels werk in die duine as jy hulle reg ry, ek het my KZTE vir 4 jaar duine toe gevat en groepe gelei, insluitend die "Hilux world rekord dag" toe hy nog 2wd was. Vergeet van Low range, trek rustig in 1H weg en sit so gou moontlik oor 2H toe, 2H is jou "magic" rat in die duine en hou jou revs laag, gebruik die wringkrag, so tussen 2000 en 3000, nie hoog nie. Band druk speel n groot rol, jy moet maar lekker pap gaan, 0.6 of laer, ek gaan sommer 0.4 agter, moet net nie skerp draai nie.
Dankie Hoppy; jis nou begin dai jeuk alweer vinnig erger raak.. kan nie wag omdit te probeer nie. Ek sou nooit aan 2H gedink het nie so dankie vir die raad... en ook nooit gedink aan laer as 1bar gaan nie, so ek sou maar in elk geval lekker gesukkel het. Ek sal dalk die verder en langer trip moet aanpak na jou valley se duine dat jy my kan touwys maak...
User avatar
STAMPIE
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 335
Joined: Wed Sep 19, 2007 8:51 pm
Town: Durbanville
Vehicle: '05 4L V6 DC
Real Name: Danie

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by STAMPIE »

Hugo, ek het 'n video waar ouens in 1988 daai roete met 2.2 Dubble Cabs gedoen het. Soos Allen sê, bandddruk speel die grootste rol. As die duine regtig te hoog is, is daar altyd 'n makliker pad.
Laasjaar was die sand klam en kon ek die grootste deel in 2WD ry.
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Agteros »

STAMPIE wrote:Hugo, ek het 'n video waar ouens in 1988 daai roete met 2.2 Dubble Cabs gedoen het. Soos Allen sê, bandddruk speel die grootste rol. As die duine regtig te hoog is, is daar altyd 'n makliker pad.
Laasjaar was die sand klam en kon ek die grootste deel in 2WD ry.
Blikskottel Danie dis amper ongelooflik - miskien moet ek my V8 planne op hou sit. LOL. :lol:
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
User avatar
STAMPIE
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 335
Joined: Wed Sep 19, 2007 8:51 pm
Town: Durbanville
Vehicle: '05 4L V6 DC
Real Name: Danie

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by STAMPIE »

Stuur jou adres, dan stuur ek die DVD.
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Re: Kan n KZTE duine doen??

Post by Agteros »

STAMPIE wrote:Stuur jou adres, dan stuur ek die DVD.
Heng Danie dis nou absoluut baie gaaf van jou.

Ek neem aan jy wil my posadres he?

Posbus 1490
Faerie Glen
PRETORIA
0043.

Baie dankie nogmaals!
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
Post Reply

Return to “Open Discussion”