Page 2 of 2

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 10:46 am
by Stef
Werk al 5 jaar aan (eerder in :mocking: ) my grot...meer 'n opgaar plek as enigites anders...sal biki fotos plak maar als is 'n gemors...besig om reg te pak

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 11:05 am
by pietpetoors
+1 - woon al 7 jaar in die huis en begin nou uiteindelik tyd kry om my garage in te rig soos ek hom graag wil hê.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 3:50 pm
by Oupa Stig
Ceiling in. Vandag gou die badkamer vloer geplak - maar om water van die hout af te hou. Badkamer muur moet ingesit word, stort aanmekaar gesit word (self-contained unit), toilet op sy plek vasgemaak word, wasbak moet plinth kry en ingesit word, mure word dan gedek in Everite Easy Plank in stede van teëls. Dan is badkamer finito.
Dan die res....kombuisie moet kaste kry, nog ander kaste moet ingesit word, trap reëling, balustrade.
Waneer dit klaar is kom die finishes - cornicing, skirtings, verf, vloer verf en seël.... 1001 goettertjies. Wil hom klaar hê voor einde Feb. :shock2: :shock2: :shock2:

En dit kos 'n plaas se prys. Met dié dat die maatskappy waarvoor ek vir 13 jaar gewerk het skielik in Sept besluit het hulle maak toe sodat eienaars kan aftree (het my 3 weke kennis gegee) sit ek nou darem met ander werk, maar verdien peanuts. So ons het bietjie met ons financial advisor gesels en die man reken toe ons het beleggings wat nie baie vinnig groei nie en nie groot returns gaan gee nie. Sal beter wees om van daardie geld te belê in die huis en my grot te verander in iets wat ons kan uithuur. Nouja. So nou werk ek my alie af dat 'n ander ou lekker in my grot kan kom bly :laugh2: .

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 4:09 pm
by WayneSchalk
Oupa Stig wrote:Ceiling in. Vandag gou die badkamer vloer geplak - maar om water van die hout af te hou. Badkamer muur moet ingesit word, stort aanmekaar gesit word (self-contained unit), toilet op sy plek vasgemaak word, wasbak moet plinth kry en ingesit word, mure word dan gedek in Everite Easy Plank in stede van teëls. Dan is badkamer finito.
Dan die res....kombuisie moet kaste kry, nog ander kaste moet ingesit word, trap reëling, balustrade.
Waneer dit klaar is kom die finishes - cornicing, skirtings, verf, vloer verf en seël.... 1001 goettertjies. Wil hom klaar hê voor einde Feb. :shock2: :shock2: :shock2:

En dit kos 'n plaas se prys. Met dié dat die maatskappy waarvoor ek vir 13 jaar gewerk het skielik in Sept besluit het hulle maak toe sodat eienaars kan aftree (het my 3 weke kennis gegee) sit ek nou darem met ander werk, maar verdien peanuts. So ons het bietjie met ons financial advisor gesels en die man reken toe ons het beleggings wat nie baie vinnig groei nie en nie groot returns gaan gee nie. Sal beter wees om van daardie geld te belê in die huis en my grot te verander in iets wat ons kan uithuur. Nouja. So nou werk ek my alie af dat 'n ander ou lekker in my grot kan kom bly :laugh2: .
Ek het nie te lank terug my kombuis oor gedoen so ek weet die dinge is baie duur. Maar dit lyk na 'n leker spasie, als die moeite werd as dit klaar is. :thumbup:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 6:02 pm
by pietpetoors
Dit lyk baie goed, jy doen 'n goeie werk.

Daardie was goeie finansiële advies. Onthou net eending, jou keuring van jou huurder is die belangrikste ding wat jy doen. As jy hom reg kies, mag jou probleme dalk min wees. Dink so daaraan; Indien iemand by jou huur vir R5k per maand is dit so goed soos hy koop 'n R200k se voertuig. Die bank gaan nie vir hom 'n R200k lening gee net gebasseer op 'n salarisstrokie nie. Jou vereistes moet wees salarrisstrokie, ses maande se bankstate, verwysings, ens. Jy moet kan sien die huurder kan bekostig om die huur te betaal. En doen die moeite om die vorige landlord te bel. Enkel ma's met kinjers is ongelukkig gereeld 'n risiko (nie almal, maar is wel iets om aan te dink), sodra dit swaar trek gebruik hulle die kinjers om op jou gewete te speel.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:38 pm
by Oupa Stig
Ja, dankie Pieter, die huurder keuring brug sal ons versigtig benader. Die plek is ideaal vir 'n student, met UJ redelik naby, maar nouja, ons almal ken studente.... :shock2: Ek dink in terme van 'n single dame, verkieslik jonk. My vrou skop om een of ander rede vas teen daardie idee... :D:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 9:40 pm
by pietpetoors
Ek dink in terme van 'n single dame, verkieslik jonk. My vrou skop om een of ander rede vas teen daardie idee..
Ja, een wat skoonheidstegnologie of modelwerk swot.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 11:36 pm
by Mud Dog
pietpetoors wrote:Dit lyk baie goed, jy doen 'n goeie werk.

Daardie was goeie finansiële advies. Onthou net eending, jou keuring van jou huurder is die belangrikste ding wat jy doen. As jy hom reg kies, mag jou probleme dalk min wees. Dink so daaraan; Indien iemand by jou huur vir R5k per maand is dit so goed soos hy koop 'n R200k se voertuig. Die bank gaan nie vir hom 'n R200k lening gee net gebasseer op 'n salarisstrokie nie. Jou vereistes moet wees salarrisstrokie, ses maande se bankstate, verwysings, ens. Jy moet kan sien die huurder kan bekostig om die huur te betaal. En doen die moeite om die vorige landlord te bel. Enkel ma's met kinjers is ongelukkig gereeld 'n risiko (nie almal, maar is wel iets om aan te dink), sodra dit swaar trek gebruik hulle die kinjers om op jou gewete te speel.
+1 Maak ook seker jy kry ook 'n 100% deposito van vooraf - niks verskonings nie. As hulle nie deposito kan betaal nie kan hulle die woning nie bekostig nie - klaar 'n probleem van die uitset.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Jan 11, 2016 11:48 pm
by Mud Dog
Oh - and draw up a lease agreement for the tenant to sign. Doing it yourself, it may perhaps not conform to legal standards but it does prove intent to abide by your conditions. Also keep photographs of all aspects of the dwelling before occupation so that you have a reference of it's condition.

I currently have 28 tenants in my properties and it can become a headache as well as a possible income loss if your ducks aren't kept in a neat row. I have an estate agent handling the bulk of them but even they make the occasional slip up.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Tue Jan 12, 2016 6:26 am
by DeonV
Ek het die eiendom so sestien jaar terug gekoop en so drie jaar terug besef dat ek 'n wegbreek plek nodig het anders gaan daar probleme met die huwelik wees. As ek nog een keer moet vra of ek asseblief kan rugby kyk en nie hoe 'n kaalkop snaaks sprekende tv persoonlikheid vertel hoe hy kos maak en tafels dek nie raak ek van my kop af. Hier is nou 'n paar fotos van my "MAN CAVE". Hier is waar ek en my twee seuns, Dewald (27) en Rynhardt (18) ons dinge doen en beplan. Al wat hier na gekyk word op die telly is sport en al wat oor gesels word is die volgende 4x4 toer, volgende airsoft game of wat daar te drink is en watse drinkgoed "out of stock" is en dan natuurlik wat gebraai gaan word.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Fri Jan 15, 2016 3:55 pm
by Stef
Soos belowe hier is my grot (letterlik) wat heelwat aandag nodig het, so Eric jy hoef glad nie skaam te voel nie LOL

Basies 2 karre wyd en 3 karre diep
20160112_214001.jpg
20160112_214034.jpg
20160112_214203.jpg
Gelukkig het ons 2 TV's met extraview so almal is geholpe; die braai / kuier plek is aan die ander kant vd huis en soos in pics gesien kan word het ek nog werk wat daar ook wag... :mrgreen:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Fri Jan 15, 2016 6:25 pm
by pietpetoors
Basies 2 karre wyd en 3 karre diep
:shock2: Baie jaloers

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Fri Jan 15, 2016 9:42 pm
by Family_Dog
Basies dieselfde grootte as myne - 16 x 8m. Gelukkig nie grooter nie, want dan is daar net meer werk om te doen!

Myne is a 'jack of all trades' - elektroniese werkswinkel garage, stoor, kantoor. Maar ek geniet die grot.


-F_D

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Sat Jan 16, 2016 3:31 pm
by Stef
pietpetoors wrote:
Basies 2 karre wyd en 3 karre diep
:shock2: Baie jaloers
Is lekker ja, kan darem al2 trailers, canopy ens daaronder bêre, maar jy sal verbaas wees hoeveel gemors mens kan opgaar in daai spasie... :crazy:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Sat Jan 16, 2016 8:15 pm
by Oupa Stig
Stefan, hoe meer spasie mens het, hoe meer gaar jy op. Hehehe.
Ons huis reël: as jy dit vir 'n jaar lank nie gebruik het nie gaan dit liefdadigheid of ashoop toe. Natuurlik tel dit nie vir die goed in my garage nie.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Sun Jan 17, 2016 3:34 pm
by Stef
...en dan nes jy 'n ding weg gegooi het het jy dit nodig :mrgreen:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Mon Oct 08, 2018 9:23 pm
by pietpetoors
My garage's floor never was very strong, it degenerated over time and lately the steel wheels of the trolley jack pushed holes in the floor. So we removed the old skreed and replaced with a new, stronger skreed.
I decided to epoxy coat it this time.

The whole garage got a bit of a revamped and clean out. Replaced all the tool boards with new ones and re painted the old steel cabinets. Luckily I could use the neighbour's garage during construction. Took me a whole Saturday to move everything to his garage and it took me 3 days to move it back and re-arrange everything.
Pieter Garage
Pieter Garage
Pieter Garage
Pieter Garage
Pieter Garage
Pieter Garage

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Tue Oct 09, 2018 4:49 am
by Mud Dog
Looks great Pieter!! :thumbup:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Tue Oct 09, 2018 7:21 am
by Family_Dog
Pieter, it looks cleaner than the food shops at my local shopping centre. Well done!


-F_D

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Tue Oct 09, 2018 10:10 am
by JohanM
Very neat Pieter. Is that a special epoxy floor that you had it covered with?

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:15 pm
by pietpetoors
Yes, is epoxy, the one you mix with a hardener, they use it for commercial floors.

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Wed Oct 10, 2018 7:38 am
by Bos Toe
Hijaked the garage

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Wed Oct 10, 2018 8:07 am
by Mud Dog
Nice, JP! Like the mounts as well! :thumbup:

Re: Show your "MAN CAVE"

Posted: Fri Nov 30, 2018 3:04 pm
by MR_T
These are great!