Page 1 of 1

Wat is die stand van sake rakende LED lightbars. Wettig on onwettig?

Posted: Wed May 09, 2018 9:55 am
by sakkie4x4
Weet enige iemand wat is nou die uitslag oor LED lightbars op voertuie. Ek hoor dat in Ermelo die verkeers owerheid oorlog verklaar het teen enige voertuig met n lightbar op. Al het hy 'n cover op of is hy nie gekoppel nie. Af moet hy af, of hulle lê beslag op jou lisensie skyfie en verklaar jou voertuig onpadwaardig.

Re: Wat is die stand van sake rakende LED lightbars. Wettig on onwettig?

Posted: Wed May 09, 2018 10:43 am
by ThysdJ
Dis hoe dit is Sakkie. Hulle pas nou die wet toe. Dit gaan grotendeels oor hoe/waar die LED bars gemonteer is.

1) Dit sny die middellyn van die voertuig, en dit mag nie
2) Die ouens bou die goed op die dak/dakrak in. En dit mag nie bokant die hoogste vlak van die hoofligte wees nie.

Die spietkops raak erg omgekrap nou daaroor, en sal voertuie op die plek onpadwaardig verklaar en die lisensieskyfies konfiskeer. Wat hulle die volste reg het om te doen.

Daar is ander redes ook, soos die "E" merk op die ligte wat beteken die ligte voldoen aan Europese Standaarde wat kan ontbreek op die LED bars. So ook die SABS merke ens ens. Soos ek verstaan bestaan daar geen LED bars wat daardie merke dra nie, maar van die ronde LED spts wel. Ek praat egter onder korreksie.

En dan is daar ook die moontlikheid dat die betrokke spietkop nie die LED lig/bar as 'n saamgestelde ligbron sien nie, maar wel elke LED lampie as 'n aparte ligbron tel. Jy mag 6 ligte he wat vorentoe wys. Tel nou hoeveel LED's is daar in 'n LED bar/spot en sien wat ek bedoel.

iemand moet net die inisiatief neem om die wetgewende gesag sover te kry om eens en vir altyd die wet te herskryf om LED ligte ook in aanmerking te neem.

Re: Wat is die stand van sake rakende LED lightbars. Wettig on onwettig?

Posted: Wed May 09, 2018 10:53 am
by Rebel 4x4
Een woord, 'onwettig'

Paar punte is bo uitgelig, maar geen addisionele ligte mag hoër as 1.4m van grond wees nie.

Re: Wat is die stand van sake rakende LED lightbars. Wettig on onwettig?

Posted: Wed May 09, 2018 3:40 pm
by Pietman
Hierdie nou die dag in ons plaaslike koerant gelees...

Re: Wat is die stand van sake rakende LED lightbars. Wettig on onwettig?

Posted: Thu May 10, 2018 9:30 am
by Rebel 4x4
Pietman wrote: Wed May 09, 2018 3:40 pm Hierdie nou die dag in ons plaaslike koerant gelees...
Dis 100% korrek.