Page 1 of 1

D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 6:57 am
by Foksie
Hallo daar, weet iemand van iemand wat al so ombouing gedoen het. Ek stel belang om my landcruiser bakkie n D4D enjin in te sit. Is dit doenbaar? Hoe sal die performance wees?

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 8:51 am
by BosveldBul
Dit sal interresant wees om te hoor.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 10:41 am
by TOYOTA 4YEFI
Ek Stel self belang. sal graag wil weet wat weeg n d4d fortuner?

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 11:11 am
by Foksie
2500kg

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 1:32 pm
by Thabogrobler
Ek het al gehoor van 'n VW 1.9 tdi in 'n Cruiser, so ek glo 'n D4D sal 'n waardige opsie wees!

Ek weet net nie wat jy mat al die plak in die enjin kompartement gaan maak nie?

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 1:41 pm
by Hoppy
Thabogrobler wrote:Ek het al gehoor van 'n VW 1.9 tdi in 'n Cruiser
:shock: Eina, kan nie sien hoe Hitler Japanees kan praat nie???

Die D4D sal goed werk, hulle sit hulle al van 2002 af in die Landcruiser Colorado oorsee in.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 8:59 pm
by Thabogrobler
Hoppy wrote:
Thabogrobler wrote:Ek het al gehoor van 'n VW 1.9 tdi in 'n Cruiser
:shock: Eina, kan nie sien hoe Hitler Japanees kan praat nie???

Die D4D sal goed werk, hulle sit hulle al van 2002 af in die Landcruiser Colorado oorsee in.
Blykbaar iemand in die Noord Kaap, as ek reg onthou - sal bietjie op die ander forum(s) krap en meer inligting pos as ek my hande daarop kan le!

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Mar 08, 2013 9:54 pm
by Kaaskrul
Byt vas, April 2013 kom die Cruiser uit hier in SA met die V8 D4D van die 200 Series Cruiser :celebrate: :celebrate:

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Mon Mar 11, 2013 7:00 am
by Foksie
Thanks Thabo,sal dit waardeer.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Tue Mar 12, 2013 6:56 am
by Foksie
Het met n ou gepraat in Potties wat ombouings doen ,hy se hy het na die ratios gekyk en gese dat dit n baie goeie ombouing is om te doen. Hy se ook hy weet nie hoekom die ouens al lankal na die opsie gekyk het nie, miskien omdat dit ook seker duur is om te doen hy reken dit sal so R65000 kos met sy arbeid ingegesluit. Sal julle op hoogte hou met die ombouing.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Tue Mar 12, 2013 3:54 pm
by gompie
ek laaik

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Wed Oct 30, 2013 9:37 pm
by Genissie
Thabogrobler wrote:Ek het al gehoor van 'n VW 1.9 tdi in 'n Cruiser, so ek glo 'n D4D sal 'n waardige opsie wees!

Ek weet net nie wat jy mat al die plak in die enjin kompartement gaan maak nie?
dalk nog n D4D insit....
sjo, ek is net te haastig en lief vir krag om met n D4D in n cruiser reg te kom

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Thu Oct 31, 2013 6:15 am
by wim
Ek en my neef het onlangs klaar gemaak met n d4d in sy ou SFA trokkie in. Die trokkie loop baie mooi en brandstof verbruik baie goed.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Thu Oct 31, 2013 6:27 pm
by STAMPIE
Wimpie, kan jy dalk fotos en meer inligting "post"?

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Nov 01, 2013 5:53 am
by wim
STAMPIE wrote:Wimpie, kan jy dalk fotos en meer inligting "post"?
Ek gaan so maak.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Nov 01, 2013 6:22 am
by ChrisF
Die V8 Cruiser stasiewa is nou hier ..... as jy so EEN MILJOEN het wat rondlê ....

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Nov 01, 2013 7:33 am
by george
ChrisF wrote:Die V8 Cruiser stasiewa is nou hier ..... as jy so EEN MILJOEN het wat rondlê ....
Die 76 V8 is darm onder die 600k.Goedkoper as 'n VW bussie :lol:

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Thu Oct 13, 2016 11:15 am
by Rolmoer
TOYOTA 4YEFI wrote:Ek Stel self belang. sal graag wil weet wat weeg n d4d fortuner?
Hi Juan. Het nou net D4D in my auto Cruiser gesit, het net een probleem. die ding wil net nie oprev in park of nutral nie. diagnostics se dit hardloop al op 70% engin power. Het jy al een in joune ingebou, laatweet asb. Ek soek nog fout.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Oct 06, 2017 8:39 am
by Jacques T
Ek is nie 'n groot fan van hulle nie maar ek sien N1 4x4 doen dit nou.
http://www.n14x4.co.za/projects/

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Oct 06, 2017 12:33 pm
by Thabogrobler
Met tyd kom meer planne!

Die groot kopseer is altyd die elektronika maar ek dink daai boksie kan nou af getick word as uitgesorteer.

Hoe moelik kan dit nou wees? Nuwe bellhousing, enjin mounts en verkoeling. Prop ecu in en laat waai!

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Fri Oct 06, 2017 12:36 pm
by Thabogrobler
Jacques T wrote: Fri Oct 06, 2017 8:39 am Ek is nie 'n groot fan van hulle nie maar ek sien N1 4x4 doen dit nou.
http://www.n14x4.co.za/projects/
cough steaks! R150k voor VAT? Kry jy afslag as jy jou eie Vaseline saambring?

Erens maak iemand baie geld, baie vinnig!

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Mon Oct 09, 2017 11:02 am
by coetzer94
in Montana (Tokia LDV) loop daar so n 70 series cruiser bakkie met n 3.0 D4D engine rond. Dit klink vir my ook na n ideale ombouing vir n ou cruiser bakkie. meer spoed en beter brandstof verbruik as die 4.2 diesel. Soos ek verstaan le die issue by die ECU verskillende drywers. As als nie van dieselfde bakkie af kom nie sukkel hulle om met mekaar te praat.

Re: D4D in Landcruiser

Posted: Mon Oct 09, 2017 3:37 pm
by Thabogrobler
coetzer94 wrote: Mon Oct 09, 2017 11:02 am in Montana (Tokia LDV) loop daar so n 70 series cruiser bakkie met n 3.0 D4D engine rond. Dit klink vir my ook na n ideale ombouing vir n ou cruiser bakkie. meer spoed en beter brandstof verbruik as die 4.2 diesel. Soos ek verstaan le die issue by die ECU verskillende drywers. As als nie van dieselfde bakkie af kom nie sukkel hulle om met mekaar te praat.
Nee wat, die ECU bruggie is oorkom!

Dwayne Voogt is ons eie slim man wat die elektronika uitgefigure het.