Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by Kagiso »

ek hettie gekyk'ie - maar di ekurante sê:
BEELD - 21/02/008
WP se messe uit vir Willie Roos
Feb 20 2008 08:32:09:643PM - (SA)

Willie Roos se vertoning in Saterdag se Super14-wedstryd op Nuweland word  steeds deur die WP bevraagteken.
deur: Stephen Nell


Kaapstad. – Die Westelike Provinsie se messe is uit vir Willie Roos ná dié skeidsregter se brouwerk in Saterdag se Super14-wedstryd teen die Bulls op Nuweland.

Rob Wagner, besturende direkteur van WP Rugby (Edms.) Bpk., het ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se skeidsregterbaas, André Watson, gestuur waarin hy dit duidelik stel dat die wedstrydbeamptes nie na wens vertoon het nie.

Die Stormers het Saterdag se wedstryd oorheers, maar met 9-16 verloor. ’n Omstrede drie deur die Springbok-vleuel Bryan Habana vir die Bulls kort voor rustyd is vroeër vandeesweek deur Watson as wettig verklaar.

Dié uitspraak is gister deur Wagner verwerp, wat aangedui het hy het ’n brief aan Watson gerig.

“Die vraag is of Willie Roos die regte man vir dié wedstryd was,” sê Wagner.

“Ons het ’n soortgelyke ervaring met hom in verlede jaar se Curriebeker-reeks gehad toe die Westelike Provinsie teen die Blou Bulle gespeel het.”

Volgens Wagner was Saterdag se wedstryd tussen die Stormers en Bulls, wat deur 48 000 toeskouers bygewoon is, die grootste een van die naweek.

“Die opbou in die media, al die kaartjies wat verkoop is, fanatiese ondersteuners en die atmos­feer in die kampe van albei spanne was vir jou ’n aanduiding van hoe groot dit was,” sê Wagner.

In sy brief lig Wagner verskeie voorbeelde uit van voorvalle waarin die Stormers aan die korste ent getrek het. Wagner verwerp ook Watson se uitlating dat die Bulls die bal wettiglik gewen het voor Habana se drie. Die Bulls was met 0-9 agter en danksy dié drie was die rustydtelling 7-9.

“Danie Rossouw lê op die grond en skop die bal met sy regtervoet uit Ricky Januarie se hande. Die beeldmateriaal is baie duidelik,” het Wagner gesê.

Daar is ook ’n verwysing na die Bulls-flank Wikus van Heerden wat op die bal toegesak het toe die Stormers gedreig het om ’n oorstootdrie van ’n skrum af te druk.

Watson het vandeesweek erken dié oortreding kon met ’n strafdrie en geel kaart gestraf gewees het.

“Dit was Noord teen Suid voor ’n groot skare. Saru moet sy top-skeidsregter vir só ’n wedstryd aanwys,” het Wagner gesê.

Wagner stel dit duidelik dat dié wedstryd uitgesonder is vir sy gebrek aan vloeiende spel, ondanks die proefreëls wat vinniger spel bevorder.

“Dit was nie die geval op Nuweland nie,” het hy gesê.

Wagner soek nou antwoorde by Watson.

en ek vra net ... waar is Piet Van Zyl? gaan duik daai rev vannie veld af wat 'n great sport so benadeel ... skande. klaargepraat
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
henniedebeer
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Tue Dec 04, 2007 7:56 pm
Town: Strand
Vehicle: '99 Raider 2.7
Real Name: Hennie
Location: Strand
Contact:

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by henniedebeer »

Goed gestel :!: :!: :evil: :evil:
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by BenHur »

Lekker suur druiwe as jy my vra.

Vat jou pak soos 'n man.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by ThysdJ »

BenHurBul wrote:Vat jou pak soos 'n man.
Daar stem ek saam. WP Rugby moet die saak los en aanvaar ons het verloor en vorentoe kyk. Dis verby, oor en uit. :!:

Hulle moet volgende keer so speel dat hulle kan wen al kroek die ref :twisted: :shock: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
DOELLOOS

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by DOELLOOS »

Ons kort meer sulke refs in die BlouBul span....

:twisted:
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by BenHur »

Ewald jy sien ons plan het gewerk. Nou moet ons net vir die ander refs ook 'n paar spin in die supralux belowe saam met 'n nice braai en dan ;n kilo of twee biltong elk en Bob's your uncle :twisted: :twisted: :twisted:

Die Super 14 Cup bly net waar hy hoort.

En as hulle regtig taai is kan ons hulle altyd gratis subskripsies belowe. :wink: :wink:
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by CasKru »

Ewald jy sien ons plan het gewerk. Nou moet ons net vir die ander refs ook 'n paar spin in die supralux belowe saam met 'n nice braai en dan ;n kilo of twee biltong elk en Bob's your uncle

Die Super 14 Cup bly net waar hy hoort.

En as hulle regtig taai is kan ons hulle altyd gratis subskripsies belowe.
Verseker sal julle al die goed moet doen want daar is geen ander manier wat julle weer daai koppie gaan lig nie!!! Maar ek dink nie daai taktiek gaan twee jaar in 'n ry werk nie :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :lol: :lol: :lol:
To God be the glory
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by BenHur »

Hoekom nie :?:
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by CasKru »

Ek dink die refs vra nou meer en ek weet nie of die Bulls se sakke so diep is nie
To God be the glory
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Laat die waarheid seëvier / th truth will out

Post by Niel »

:lol: :lol: :lol: cassie cassie :lol: :lol: :lol:
Post Reply

Return to “Humor”