The Cortina.

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

The Cortina.

Post by jacques kotze »

Ek moes seker al onraad vermoed het toe die jongeling die dag met ‘n Ford Cortina by die huis langs ons gestop het. Dit is een van daai karre wat jy tien straatblokke ver al hoor aankom en ek praat nie van die enjin nie, dié hoor mens eers van so agt blokke ver. Die eerste gewaarwording van die snawel se naderkoms is gewoonlik so ‘n liggiese doef-doef op mens se sensitiewe dele, ek vermoed dis nou as hy min of meer die dorp binne ry. Dan word die doef-doef al hoe erger tot dit voel later soos ‘n hasie met ‘n hamer wat met Duracells gelaai is. Dan stop die lekkerte en die doef-doef skuif op tot by mens se borskas. As die klein stront met sy Cortina om die draai kom, sit die doef-doef in mens se keel en onderste harsings vas en dit voel of mens in die binnekant van ‘n lugdrukboor vasgekeer is. Daar was hoeka mos die ou grappie oor die chemiese formule van bollie: XR6.

Dat die jongeling Oom Klasie van Vuuren se huis reg langs ons sou koop, sou ek nooit kon raai nie. Nou die ergste lawaai wat Oom Klasie ooit in sy lewe gemaak het, was miskien om ‘n ligte buikwindjie in die privaatheid van sy eie tuin te los. Maar ‘n mens waardeer mos eers rustige bure die dag as hulle weg is. Die nuwe knaap se eerste daknatmaak, die eerste Vrydag na sy intrek, was die ergste. Die man demonstreer die feit behoorlik dat sy musiekapparaat nie beperk is tot die Cortina nie.

“Los die kind man,” sê Mamma toe ek die haelgeweer uit die kluis haal. “Jy was ook mos eenmaal jonk.”

“Ja, en wie gaan miskien vir die ceiling betaal?” skree-vra ek omgekrap bokant die lawaai uit.

“Los man! Die ceiling was al lankal los. Ons skud net die deken af, dan’s al’s weer reg,” keer Mamma terwyl sy die geweer by my vat en weer toesluit. Die sleutels hou sy by haar.

So verdra ons toe maar die lawaai, maar ‘n huisdaknatmaak kan ook net so lank duur en ook nie langer nie. Die volgende Donderdagaand, stop Mamma self die haelgeweer in my hande en sê ek moet nou plan maak.

Sekere dele van die Bybel val maar nou net eenvoudig makliker op die oor én gemoed as ander. Soos die stukkie wat praat van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Baie lekkerder as die “draai-die-ander-wang-stukkie”. Maar daardie aand beleef ons dorpie ‘n klankaanslag wat géén stukkie in die Bybel sou kon stil preek nie. Ek het mos self in my lewe musiek gemaak. Gróót musiek, onder andere by die Vrystaat Stadion. Die musiekstelletjie wat ek gebruik het, was darem self nie vir sissies nie. Ek sê vir Mamma sy moet solank ‘n paar lekker CD’s en dergelik bymekaar maak. Ek gaan my ou klanktoerusting by die kêffie se skuur optel. Vanaand wys ek die nuwe boorling wat ís musiek.

Op pad kêffie toe, tel ek eers vyf handlangers langs die pad op. Daar is baie speakers en hulle is groot en swaar. Na die eerste drie speakers gelaai is moet ek vyf vars handlangers soek om met die ander nege te help.

So slaan ek toe die hoëtroustelletjie op. Sommer daar in my agterplaas, met die speakers wat wys in buurman se rigting. Op buurman se klanksisteem blêr iemand van ‘n transvestiet wat se pantie te styf teen sy/haar bobeen druk. Ek haal Oom Boetie Kallis se Platboompolka uit en ek spéél. Ek speel daardie transvestiet heel uit sy onderklere uit en Brakanjan neem die loop soos ‘n vlakhaas wat slang gesien het. Mamma beduie en haar mond gaan oop en toe, maar niemand kan iets hoor nie.

Hardegat bliksem gee toe nie op nie. Ek vermoed hy het gedurende Oom Boetie se polka, sy Cortina se luidsprekers ook aan sy huisstelletjie gekoppel, want Lady Gaga sing soos ‘n swanger speenvark wat in ‘n pendoring getrap het.

Ek sê vir Mamma sy moet vir Oom Mynie Reyes se Wikkelvioolvastrap aangee. Hierdie slag koppel ek nog ‘n speaker, sodat daar twee is wat werk. Toe Lady Gaga haar laaste asem wegblaas, trek Oom Mynie los met sy viool en almal moet vastrap om staande te bly.

Maar sal die klein bliksem werklik dink hy kan my troef! Toe Oom Mynie daai laaste noot op sy viool trek, val die mannetjie wragtig weg met ‘n nommertjie van Ramstein. Op my beurt troef ek hom weer met ‘n wals van die Baardskeerdersbosorkes. Hierdie slag met drie speakers. Lékker man! So tussen die musiekbaklei gryp ek vir Mamma en ons doen ‘n rondte tussen die tuinstoele.

So gaan dit die hele aand aan. Hy speel ietsie van Black Eyed Peas en ek ietsie van David Kramer. Rihanna afgewissel met Carika Keuzenkamp. Britney Spears en oorle Sias Reyneke op ‘n stadium in duet. Snoop Dog sing op Kruitjie-roer-my-nie se wysie. Al harder en harder. Net sodra die mannetjie dink hy het my in ‘n hoek, sit ek nog ‘n speaker by. Op agt speakers tuimel sy DSTV skottel van sy stellasie af en my geyser bars. Op tien speakers moet ek en Mamma op die oorblywende twee tuinstoele sit, sodat hulle nie ook weghop nie.

Op elf speakers troef ek die klein rampokker heeltemal uit sy sokkies uit met ‘n duet van Jurie Els en Patricia Lewis. Dit laat sy Fokkofpolisiekar finaal fokkof en daar is ‘n doodse stilte toe Jurie klaar dankie gesê het. Dominee staan nader en sê ‘n dankgebed en die polisie klim weer in hulle voertuie. Een van ons ander buurmanne kom met Brakanjan en een van ons tuinstoele aangestap. Mamma en Klein Twak sukkel van die dak af. Daar is weer vrede en stilte in die buurt.

Die volgende oggend is die jongeling in die kêffie om ‘n koeldrank vir sy pad te koop. Hy het my seker nie as sy buurman herken nie, want hy merk droog op dat hy nie langer in hierdie dorp gaan bly nie. Sy bure is heeltemal te raserig.
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Re: The Cortina.

Post by KOBUSL »

Tata Cortina ( met erkenning aan alle Land Rovers )

Die storie, ek laaik.
Word te vinnig oud en te stadig wys.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: The Cortina.

Post by ChrisF »

Herinner my aan die dag toe ons ingetrek het by ons nuwe huis.

bokse staan die wereld vol. bed is nog deurmekaar. maar daai sluk van verligting dat die ander huis leeg is daal op ons neer ....

en net daar besluit ek VANAAND braai ons twee.

toe daai stukkie Blits die hout laat vlam vat sit die buurman sy musiek aan ....

nou nie onaardig nie en ook nie eens hard nie, maar ons is moeg ....

met die tweede track is dit meer rock en bietjie harder ..... ek en vrou lief loer so na die muur en kyk toe, maar die vuurtjie brand nou lekker en ons wil braai .....


en toe daai derde track op kom is dit sommer HARD, en onaardige musiek. Nou kan ons nie eens meer lekker gesels nie, maar ons is in elke geval te moeg vir veel gesels .... en so staar ons na die vlamme ....

EN TOE kom daai vierde track. MENS MAAR DIT IS NOU EERS HARD !! Geen manier wat ons nou kan gesels nie, selfs al het ons die energie gehad daarvoor. en soos ek in die vuur in kyk begin ek wonder of die trek n goeie idee was .....


AF ...... DOOD STIL .......

ons is skoon verbaas, maar geniet die stilte.


oor die volgende maande sou ons leer dat die buurman so een keer per week "ietsie rook" en dan sy musiek so bietjie bietjie harder sit. Wanneer hy klaar gerook is word die musiek AF gesit.
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Cortina.

Post by GI Jane »

Sal moet sorg dat daai cortina nie langs my intrek... maar ek het ook sulke groot speakers.. :laugh2: :laugh2: :laugh2:
Image
User avatar
TheoF
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 372
Joined: Sun Mar 07, 2010 4:02 am
Town: Mosselbaai
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D SC 4x4
Real Name: Theo Fourie

Re: The Cortina.

Post by TheoF »

lekke storie thx man
Post Reply

Return to “Humor”