· Ek dink my bure is vrek arm. Jul moes sien hoe gaan die vrou tekere toe hul baba 'n 5c munt insluk!
· Vrou: 'Wil jy nie mar ophou suip nie?'
Kallie: 'OK, as jy ophou make-up gebruik.'
Vrou: 'Maar ek gebruik dit sodat ek kan mooi lyk vir jou.'
Kallie: 'Nou! Ek suip ook sodat jy kan mooi lyk vir my!'
· My ma en pa is weg met vakansie toe vra hulle ek moet agter die huis kyk. En wragtag toe breek hulle voor in!
· Sipho kom laat by die werk... Baas vra: "Hoekom is jy laat?" "Nee meneer 'n aunty het 'n R100 verloor by die taxirank!" Baas: "Ooh.. en jy het haar help soek?" "Nee mnr... ek het op daai R100 gestaan tot sy loop!"
· Die blondine gaan koöperasie toe om raad te vra oor 'n molplaag in haar tuin. Die verkoopsman gee haar gif en sê: "Druk dit in die mol se gat en jou probleme sal opgelos wees." Die blondine dink so 'n rukkie na en vra toe: "Dink jy die mol sal stil sit?"
· Dominee: 'Hoekom so hartseer broer?' Man: 'My hond is dood. Sal Dominee hom begrawe asseblief?' Dominee: 'Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat.' Man: 'Goed, dink dominee hulle sal 'n donasie van R50 000 aanvaar? Dominee: 'My magtig broer, kom sit, pleks jy sê dis 'n NG hondjie!'
· As loop/fietsry goed was vir 'n mens, sou die posman onsterflik gewees het.
'n Walvis swem die hele dag lank, vreet slegs vis, drink net water en is VET.
'n Haas spring en hardloop en leef slegs 15 jaar.
'n Skilpad hardloop nooit en doen niks haastig nie... en tog leef hy 150 jaar!
Hoe kan jy nog vir my vertel ek moet oefening kry?!!!
· As dit waar is dat meisies met mans trou wat soos hulle pa is, dan verstaan ek hoekom so baie mammas huil op hul dogter se troue!
Sent from my GT-P5200 using Tapatalk
Nog grappies
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
- 4x4BEES
- Monster Truck
- Posts: 3447
- Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
- Town: Brackenfell
- Vehicle: Hilux 4.0V6
- Real Name: Kevin
Re: Nog grappies
Die blondine gaan koöperasie toe om raad te vra oor 'n molplaag in haar tuin. Die verkoopsman gee haar gif en sê: "Druk dit in die mol se gat en jou probleme sal opgelos wees." Die blondine dink so 'n rukkie na en vra toe: "Dink jy die mol sal stil sit?"