Nossob na Kaa met 'n RAV?

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
Dwaal
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 29
Joined: Thu May 07, 2009 12:46 am
Town: Bellville
Vehicle: '94 Hilux D/C 2.7i
Real Name: Willem

Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by Dwaal »

Goeie dag almal

Het asb hulp nodig om op 'n roete te besluit, enige advies sal gaaf wees.
Ons gaan in November bietjie Namibie toe. Ek het besluit om die RAV te vat aangesien dit net twee mense sal wees en die Hilux hou te veel van petrol (en die aircon werk nie).
Die voorlopig plan is om van CT af kalahari toe te gaan en dan caprivi deur te ry sodat ek weer stop-stop kan terugry kaap toe deur namibie. Ek het gelees mens kan van Nossob af na Kaa toe ry en het gedink dit sal 'n lekker manier wees om dan aan di Bots kant van di caprivi in te kom. Gaan ons daai pad kan doen met die karretjie? O ja, ons ry alleen...dus wil ek nie graag gaan staan en vasval daar nie.

As hierdie roete die moeite werd is itv besienwaardighede en die natuur sal ek die RAV idee laat staan en die 'lux afstof vir die langpad. Of moet ek maar eerder deur namibie ry caprivi toe?

Jammer oor al die vrae, maar dit sal my eerste keer deur bots wees en eks bietjie dom wat dit aanbetref.

Dankie!!!!
Last edited by Mud Dog on Wed Jul 27, 2011 1:06 pm, edited 1 time in total.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by OOOOMS »

Hi Willem, waar is Kaa?
Nossob af na Kaa
Dwaal
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 29
Joined: Thu May 07, 2009 12:46 am
Town: Bellville
Vehicle: '94 Hilux D/C 2.7i
Real Name: Willem

Re: Nossob na Kaap met 'n RAV?

Post by Dwaal »

Hello OOOMS

Ek gebruik nou my selfoon om te reply so kan ongelukkig nie die kaart van die KTFP wat ek na gekyk het aanheg nie. Dit lyk asof Kaa eintlik verwys na die Kaa hek van die park aan die Botswana kant. Nie seker of dit enigsins verwant is met die 'Kaa concession' waarvan ek al gelees het nie.
Die afdraai van die pad lyk asof dit so paar kilos noord van Nossob is, dan loop hy so noord-oos...

Soos ek se, eks maar lekker dom wat daai wereld aanbetref.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Nossob na Kaap met 'n RAV?

Post by OOOOMS »

Oh ek verstaan, sal bietjie later vanaand oppi kaart gaan kyk :thumbup:
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by ThysdJ »

Willem, die enigste ding waaraan ek kan dink wat dalk 'n probleem kan wees is grondvryhoogte. Die RAV loop baie lekker in die sand, en behoort nie probleme te ondervind nie. Die middelmannetjies op daai paadjies is plek-plek redelik hoog, of eerder die spore is diep uitgetrap. :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Nossob na Kaap met 'n RAV?

Post by OOOOMS »

Dwaal wrote:Hello OOOMS

Ek gebruik nou my selfoon om te reply so kan ongelukkig nie die kaart van die KTFP wat ek na gekyk het aanheg nie. Dit lyk asof Kaa eintlik verwys na die Kaa hek van die park aan die Botswana kant. Nie seker of dit enigsins verwant is met die 'Kaa concession' waarvan ek al gelees het nie.
Die afdraai van die pad lyk asof dit so paar kilos noord van Nossob is, dan loop hy so noord-oos...

Soos ek se, eks maar lekker dom wat daai wereld aanbetref.
Dalk het ek die verkeerde plek maar volgens MapSource sit Kaa Gate hier: Kaa Gate-Bots hier
S24.35847 E20.62552 en dit is Suid Oos van Nossob?

Maar anyway....ja was so 4 jaar terug in daai area gewees, lekker dik sand op plekke en paaie feitlik non existent. (nie in die park in nie) maar daar is nie veel Noord van Kaa nie. As jy daar alleen gaan staan, mag dit dalk vir 'n ruk wees....maar soos genoem dit was 4 jaar terug en hulle was besig om plek, plek die pad te bewerk, Noord naby Kule :?:
Dwaal
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 29
Joined: Thu May 07, 2009 12:46 am
Town: Bellville
Vehicle: '94 Hilux D/C 2.7i
Real Name: Willem

Re: Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by Dwaal »

Baie dankie vir die terugvoer!

Het nou plan gemaak om op 'n vriend se plaas te gaan kuier naby Windhoek, so sal maar deur die Mata Mata hek Namibie ingaan.

Die Bots kant van die kalahari sal moet wag totdat ek saam met iemand anders kan toer....want as ek daar gaan vassit in die somer, alleen, sal ek vir jare in die dogbox wees met my ander helfde! En glo my...dis nie dit werd nie... :mrgreen:

Weereens dankie vir die hulp!!
User avatar
Maniac
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Tue Dec 18, 2007 5:24 pm
Town: Durbanville
Vehicle: 1993 Hilux SFADC
Real Name: Manie
Club VHF Licence: X25
Location: Durbanville

Re: Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by Maniac »

Locktite maar solank alles wat op jou kar is. Daardie paadjie van Twee Rivieren Nossob / Mata-Mata toe skud alles los.

Jy sal dit maak tot Kaa, is Maart daardeur. Kaa is noordelikste hek van Transfrontier Park , vir die wat wou weet, en so 4 ure vanaf Nossob sonder stop.
93 D/C Hilux Not 4Y, 33" Bighorns, 29 MHz, OME 3" Lift
No Ditch Too Deep, No Hill Too High!!!
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Nossob na Kaa met 'n RAV?

Post by African Child »

Geen probleem met die RAV haal maar net jou valstande uit :thumbup:
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”