Noord Kaap Moertoetoer

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Dag se almal.

Soos almal kan onthou, het Cobus(kaspaas) die jaar een van die lekkerste weg naweek gereel na Road to Hel. Wel ek en hy het gister aan om die vuur gesit en gese dat ons dit n jaarlikse instelling te maak. Ek het dit nou op my geneem op so iets te reel.

Ons beplan dit om dit in die Noord Kaap te hou. Die voledige Roete beplanning sal later sal volg. Ons dink dit om meer vir die hele gesin te hou, so met ander woorde gaan nie die keer so exstreem wees nie. Maar gaan 'n lekker tydjie wees. Wil graag almal saam vat maar sal net 10bakkies kan vat.

Ons gaan hom noem Noord Kaap Mor-to-tor.

:beg: Okay wies in.

1) Kalahari Seun
2) Kaspaas
Image
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Legolas »

Yes Lehan,

Ek is in en sal julle def join. Jy moet net gaan kyk op die Wegry se forum is Johannes en Mark ook besig met iets soort gelyks. Ek weet nie of jy dalk met hom wil kontak maak nie. (Net n idee)

Kom ons doen die hele namakwa 4x4 roete tot by die see??? :yahoo:
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Dit is een van my opsies om die namakwa, maar dink meer om Kalahari se kant toe te gaan. Daar is soveel intresante plekke daar maar van so min mense weet. Ek was nog self nie baie in die Kalahari nie,maar my ouers gaan gereeld soontoe en die fotos wat hulle vir my wys is asemrowend mooi. :thumbup:
Image
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Kaspaas »

:clap:

Eks sien eks klaar in :thumbup:

Lehan, ons sal moet spesifiseer rondom die tyd van die jaar, om dit vir ons mede Hilux'ers makliker te maak om dit te oorweeg.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by GI Jane »

Lehan, min of meer watter datums, en vir hoe lank?
Image
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Legolas »

Nee ek verstaan Lehan. As ek myself nie verbeel nie was daar in die November uitgawe van Wegry n hele artikel oor die Kaglagadi en n trip wat mense gedoen... Use it dont use it.

As dit Junie/Julie gebeur sal ek def daar kan wees!!!
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Legolas »

http://www.wegry.co.za/4x4/roetes/kalah ... -4x4-roete" onclick="window.open(this.href);return false;

Iets wat ek raak gegoogle het.
User avatar
louis fourie
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1767
Joined: Tue Dec 30, 2008 3:17 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2003 Hilux Raider Facelift D/C 3.0 KZTE
Real Name: Louis
Club VHF Licence: X101

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by louis fourie »

Sal ook nogals belangstel. Ek het wel die datums en 'n ± koste nodig. Dit sal natuurlik 'n bietjie langer as 'n naweek moet wees :razz:
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Ek dink om dit weer die selfde tyd as die jaar se Road to Hell. Die temperatuur in nie so erg daai tyd van die jaar nie. Warm deur die dag en koel snags. Ek is besig om al die plekke en kostes bymekaar te sit om 'n volledige roete beplanning deur te gee. Wil ook net noem dat sleepwaens welkom is, gaan groot gedeelte grond pad wees tot waar ons slaap en daar van af ry ons 'n roete en kom terug.
Image
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Dankie Clinton, daai is o.a een van die plekke wat ek in gedagte het. Daars ook 'n plek met die naam van Lock Maree en Lock Broom. Wil ook nie te ver ry nie. Om dit lekker te maak sal ek se ons moet dit so oor 5dae doen. Sal probeer om dit so in te werk dat dit naby n langnaweek val.
Image
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Jaans »

Ek stel verseker belang dit hang net af van tyd en waarheen. Ek sal dop hou. Ek is nou nog spyt ek het Road to Hell gemis so wil nie weer n lekker trip mis nie.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
warthog
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 846
Joined: Fri Aug 14, 2009 8:42 am
Town: Barberton
Vehicle: Fortuner 4.0 V6 Auto, LRFT, Dual Batt, OME's, BFG AT's, ARM comp, 800w inv, Roofrack
Real Name: Hennie
Location: Barberton, Mpumalanga

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by warthog »

Lehan, ek sal ook beslis wil saamgaan as die datums ens pas, asb.

(Net die naam- MurTuTur... man, dit klink lekker!!!)
Hennie
ImageImage

Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly. Leave the rest to God.
Jos 24:15: "As for me and my house, we will serve the Lord"
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Hallo almal.

Ek het so bietjie vir datums gaan kyk en die 9 Augustus 2013 is n vakansie dag en ook 'n Vrydag :yahoo: . Ek gaan dan nou voorlopig die datum op sit vir Noordkaap MurTuTur 5-10/11 Augustus.

Die mense war van die Weskaap af kom, kan almal die 4 Augustus by
Oranje Rus bymekaar kom, vir die van meer na Gauteng se kant toe, ek sal vir julle die GPS punt gee dan kan ons julle sommer die Maandag daar kry. Ons eerste aand gaan op julle pad na Upington wees.

My groot doel op hier die trippie gaan wees om die Noordkaap se langste duin te gaan ry. :celebrate: RTH was net klip, maar nous dit slag tyd vir sand!!

Ek hoop die datums sal julle pas.

Groete
Kalahari Seun :thumbup:
Image
User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2099
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Crooza VX 80 EFI
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by zepplin »

Ek is in, maar sal net op die 6de kaan aanmeld!
Crooza VX 80 efi - fully locked.
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by GI Jane »

Gaan die thread dophou, wil graag saamry hierdie jaar... ken nie daai deel van die Kaap so goed nie...
Image
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Jaans »

Dit klink goed sal net gaan hoor by die werk dan sal ek bevestig.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Jaans »

Wil net seker maak maak die trip klaar op die 10-11 of gaan ons terug by dit huis wees die 10 of 11de? Wil net my verlof reg reel.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Dag se Almal

Ek het nou lank gekyk vir lekker roetes en uit eindelik op 'n roete besluit.

Sondag 4 Augustus.

Ons almal kom bymekaar by Oranje Rus op Kanon Eiland by mekaar en slaap die aand daar.

Maandag 5 Augustus

Ry van Oranje Rus na Lock Maree. Dis so 310km van Kanoneiland,groot gedeelte teerpad. Daar slaap ons die aand.

Dinsdag 6 Augustus

Staan lekker rustig op en vat hulle 4x4 roete aan. Dit is net Rooi Duine waar jy kyk. Die roete gaan ons +- 5ure neem. Na die roete is dit terug kamp toe en net ontspan. Slaap nog n aand daar.

Woensdag 7 Augustus

Staan lekker rustig op, maak ontbyt en vertrek na Leeupan. Dit is maar 240km maar dit gaan stadig gaan. Daar is 'n paar uitdagings opad na Leeupan. By Leeupan gaan ons net die een aand slaap. Daar is 'n 4x4 roete wat ons kan ry. Daar sal ek ook aanraai om weer vol te maak met brandstof.

Donderdag 8 Augustus.

Staan weer rustig op. Maak ontbyt en vertrek na ons laaste stop Transboegoeberg. Dit is 'n lang afstand so 380km. Maar dit gaan die moete werd wees. Daar slaan ons kamp op teen die dam en kan leker ontspan.

Vrydag 9 Augustus.

Staan weer rustig op. Dan vat ons hulle 4x4 roete. Daar is 'n duin wat baie min bakkies kon uit kom. Die roete kan ons op ons tyd doen. Kan later besluit om n brunch op die roete te maak of maar klaar te ry en dan te eet. As onsklaar met die roete is,is dit weer terug kamp toe om te gaan ontspan. Die wat wil visvang kan so maak.

Saterdag 10 Augustus.

Daar is niks beplan vir die dag nie. Ekt gedink om vir julle die ou asbes myne te gaan wys wat so paar jaar trug op TV was. Maar die wat moet ver ry is welkom om al die oggend op te pak en terug te keer huis toe. Maar die van julle wat nie so haastig is nie, kan nog 'n aand oorslaap en die Sondag terug keer.

Ek sal later al die kampeer kostes op sit. Is nog besig om te onderhandel opdie pryse. Die algemene kostes vir kamp sal so R80 p.p.p.n wees.

Al die plekke wat ons gaan slaap kan julle op die internet gaan opsoek en sien hoe dit daar lyk.

:celebrate: :celebrate: :yahoo: :yahoo:
Image
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by GI Jane »

Dankie vir al jou moeite Lehan.. Gaan kyk na jou roete, en dan of ons nie n groepie van die weskaap kan kry wat wil saam ry...
Image
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Jaans »

Dit klink baie lekker. Sal later na die roetes gaan kyk. Dankie vir die al die beplanning en reelings.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Dagse almal.

Dit is met groot hard seer dat ek moet bekend maak dat ons die uitstappie moet uitstel. :beg: Weens finansiele uitdaging is dit nie vir my die keer moontlik om die lang uitstappie aan te druf nie. My vrou het haar werk verloor so tydjie terug en die gaan op die oomlik maar bietjie broekskeur die kant :alvarin: Die uitstappie is nie afgestel nie maar net uitstel tot later.

Maar ek en Kaspaas het saterdag saam gebraai en sal baie graag die jaar vir die Noord Kaap n GTG wil hou by Guru Pan 4x4 Naweek. Ons sal op 'n later staduim die datum op sit, en almal is welkom veral die Noordkaap manne.

As daar nog van julle is wat daar langs wil ry is julle welkom. Ek het al die inligting en sal graag dit met julle deel.

Ek vra weer eerns onverskoning. Ek het baie uit gesien daarna.

Groete
Kalahari Seun
Image
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Jaans »

Ek verstaan. Sterkte daar hoop dit gaan vinnig beter.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2099
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Crooza VX 80 EFI
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by zepplin »

EISH!!!!!!!!!!!!
Crooza VX 80 efi - fully locked.
User avatar
War-Medic
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 103
Joined: Thu Aug 30, 2012 12:43 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux 4.0l V6 D\C 4x4
Real Name: George
Club VHF Licence: X203

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by War-Medic »

Die Wegry manne het n groot Goera-pan naweek van die 26ste Julie. Dit lyk of dit groot pret gaan wees. Ek en die Swartkop is in vir daai een. Vra maar as daar enige iets is wat julle wil weet. Daar gaan ook n artikel in Wegry wees na afloop van die naweek.


Sent from my iPad using Tapatalk HD
The direct use of force is such a poor solution to any problem, it is generally employed only by small children and large nations.

Mods: EFS suspension - ARB front bumper replacement - Warn winch - Rear sparewheel carrier bumper - 160l long range fuel tank - Toatal unberbelly plate protection - Canvas seat coners - Alu steel Canopy - Snorkel - Kenwood TK VHF Radio - Ctek 250s Dual batery system with solar pannel
Image
Image
Dit is 'n TOYOTA ding, jy sal nie verstaan nie........
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by KALAHARI SEUN »

Ek dink dis daai naweek. Sal net gou hier by die organiseerders hoor.
Image
User avatar
War-Medic
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 103
Joined: Thu Aug 30, 2012 12:43 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux 4.0l V6 D\C 4x4
Real Name: George
Club VHF Licence: X203

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by War-Medic »

Sien jou daai naweek by Goerapan.
The direct use of force is such a poor solution to any problem, it is generally employed only by small children and large nations.

Mods: EFS suspension - ARB front bumper replacement - Warn winch - Rear sparewheel carrier bumper - 160l long range fuel tank - Toatal unberbelly plate protection - Canvas seat coners - Alu steel Canopy - Snorkel - Kenwood TK VHF Radio - Ctek 250s Dual batery system with solar pannel
Image
Image
Dit is 'n TOYOTA ding, jy sal nie verstaan nie........
Tkabies
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 31
Joined: Tue Apr 02, 2013 4:52 pm
Town: Keimoes
Vehicle: 3L Diesel Toyota Fortuner
Real Name: Koos

Re: Noord Kaap Moertoetoer

Post by Tkabies »

Ek gaan julle ok beslis join kan dit nie mis nie goera pan is baie lekker ek en Lehan het ok al gesels oor die naweek.
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”