2016 Botswana trip raad

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
Leeuplesier

2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Ons beplan n toer deur Botswana in Augustus 2016. Moet sê, tracks4africa help baie, sukkel net nog bietjie met Basemap maar is stadig aan besig om te wen. Ek is bly om te sien hoeveel van die veearspunte op tva aangedui word, dit help baie.
Ons beplanning is om deur Grobblersbrug grenspos oor te gaan.
Oornag is as volg.
1. Khama Rhino Sanctuary 2
2. Kubu eiland 1
3. Nxai pan suid kamp 1
4. Island Safari lodge (Maun) 2
5. 3de Brug camp 1
6. Xakanaxa kamp 1
7. Magotho camp 1
8. Savuti camp 2
9. Ihaha lodge camp 2
10. Chobe lodge camp 3
11. Vic falls (Dagtrippie)
12. Liya lodge camp(Hunters road) 1
13. Af met huntersroad to by Pandamantenga na Elephant Sands 1
14. Phokoje bush lodge 1
15. Pont drift grenspos
16. Ratho bush camp 2
Ons sal vir twee dae by Island safari lodge te wees om vanaf Maun oor die Delta te gaan vlieg. Vandaar sal ons dan die roete noord vat tot by Ihaha en Chobe. Wat my wel pla is dat ek nêrens vulstasies sien vanaf Maun tot by Chobe nie. Dit gee ons n totale distansie van 561Km met reistyd van 35Hrs. As dit kilo's was op hoofpaaie was dit nie n probleem nie maar die lang reistyd maak nou n verskil. Hoeveel brandstof sal julle voorstel moet n mens saamvat vanaf Maun om deur te kom tot in Chobe? Wat is julle gevoel van waar die beste plek is om Tiervis te hengel, Ihaha of Chobe? Ek weet die bootritte by Chobe is baie gewild maar is nie seker oor die tiervis hengel nie.
Wie van julle het al die Huntersroad gedurende die droe tyd gery, op t4a gee dit my die reistyd van 16ure aan. As dit nie moontlik is om dit in n korter tyd te doen nie dan kan ons dit eerder laat oorstaan tot n volgende keer.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by ChrisF »

Stephan dit is n LEKKER trip !!


Ons enigste teleurstelling op daai roete was Nxai pan - die duurste plek, en toe ons daar was het die olifante die water pype gebreek dus GEEN geriewe nie. Sederdien hoor mens dan is dit reg, dan is di stukkend, dan weer reg, dan weer stukkend .... Bietjie van n lotery of dit reg gaan wees wanneer julle daar aankom.

Dan kan mens liewer boek by Bains Boabab - ook in die Nxai pan.


By Kasane, oorweeg om Senyati op jou lys te sit. Daai olifante is iets om te beleef !!



Vir inligting op die Huntersroad - kontak WITKLIPBANK op die 4x4Community forum.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Haboob »

Stephan,
Stem saam met wat ChrisF se.
Brandstof gaan afhang op die paaie wat jul ry sowel as jul voertuie. Vir my is jou 95 Hilux of 'n 2.2 of 2.4 petrol. Ek het met 2.4P met 150L long range tanks maklik deurgekom. Op die teer paaie het ek gemiddild 7km/l gekry.
Sand Ridge Road gaan meer brandstof gebruik as gevolg van die sand paaie. Sit extra long range brandstof tenk aan om nie stressvrye vakansir te geniet.
The Marsh Road het meer harde swart grond paaie buite die reen seisoen met 'n diep rivier wat ons deurgegaan het (July/Augustus), maar 2L 4X4 en gemiddelde stadige spoed sal jul deurgesien (Indien jy nie skrik en stop as die water bietjie diep word nie). Hou net bow wave voor die voertuig (Dis omtrent 25 - 30 meter breed en worg gewoonlik deur trokke gebruik). Die water het halfpad oor die windskerm gekom, maar 2 X Toyota's (2.4P & 2700i) en 2.5D Isuzu is daar deur. Die vorige dag het 'n nuwe Vigo daar verdrink, maar kon nie vasstel of dit die P of D was nie.
Linyati buite Kasane is ook baie mooi kamp met semi-privaat ablusies en mooi watergat vir deurreisende Olifante.
Ons het by Audi kamp in Maun gebly.
Het Hunters Road nog nie gery nie, maar die 16 uur reistyd kan 'n oornag stop insluit. Die is ook op my beplanning vir 2016, so laat weet van jul ondervindinge. Ek glo dat as jul vertrek van Senyati vroeg die oggend, behoort jul Elephant sands te haal. My beplanning is vir Simonstown.
Geniet jul advontuur.
Last edited by Haboob on Tue Oct 27, 2015 1:58 pm, edited 1 time in total.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by ChrisF »

aaaagggg nee man, nou sal ek vandag glad nie weer op my werk kan konsentreer nie .... :naah:

MOOI land daai !!

So paar fotos van Senyati -
Chobe-182.jpg
Dit is hoe dit lyk uit die "hide" - so 10m weg van waar hulle drink !

Kyk hoe speel die kleintjie -
Chobe-187.jpg
En as jy gelukkig is -
Chobe-411.jpg
Daai aand seker so 200 honderd olifante wat daar deurbeweeg het !! :yahoo: WAT N BELEWENIS !!


Bains Boabab by Nxai panne. Die bush-camp is so paar honder meter verder
Chobe-420.jpg

GENIET die trip !!!!!!
User avatar
mcw
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 805
Joined: Sat May 18, 2013 12:20 am
Town: krugersdorp
Vehicle: Prado 90 V6 3.4 Auto
Real Name: Martin
Club VHF Licence: X100

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by mcw »

some fotos to make the wait longer :lmao:
Attachments
IMG_2951.JPG
IMG_2667.JPG
IMG_2663.JPG
IMG_0310.JPG
User avatar
Thunder02
Moderator
Moderator
Posts: 8033
Joined: Fri Nov 26, 2010 7:53 pm
Town: East Rand
Vehicle: IFS Hilux
Real Name: Neil
Club VHF Licence: HC105
Location: 4x4 Direct Boksburg
Contact:

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Thunder02 »

No man Martin, now you got me also wanting to pack and leave now.
Not all those who wander are lost!

Scout motto:be prepared....
www.4x4direct.co.za
Email: boksburg@4x4direct.co.za
IFS is like a swambo, soft, sexy and expensive!
Leeuplesier

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Baie dankie julle. As die water so diep is dink julle ons sal snorkels moet opsit? Ons sal 3 Toyota's wees en n BT50. My SFA is petrol en 2x D4D's.
Martin, jy maak mos nou niemooi nie...hel Aug lê nog baie vêr. Moet sê, jou fodies lyk goed, kan nie meer wag nie.
Leeuplesier

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Waar sal julle sê is die beste plek vir Tiervis hengel naby Chobe.
Ek verstaan ook dat dit heelwat goedkoper en veiliger is om van Chobe se safari te gebruik dat hulle jou duervat na Vic falls toe. Koste gewys vir vier voertuie is dit ook die moeite werd. Wat is julle gevoel.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by ChrisF »

Klop aan by Waterlilly lodge in Kasane. Vra of jy kan aansluit by hul Vic-daytrip.

Jy kry die grens forms om in te vul sommer voor jy vertrek. Ons drywer het ons papier VINNIG deurgestap by die grensposte .... ons het nog buite in die lyn gestaan, dan kom hy uit en wys ons moet inklim. :)


By die valle het hy ons n klompie goeie raad gegee:
- jy MOET n reen jas hê !! Jy kan dit huur, maar wees versigtig, as jy dit terug gee word jy sommer gevra vir nog geld .... Koop van daai poncho's by n 4x4/kamp winkel, dis goedkoper as die huur.
- waar jy die Vic kaartjies koop by die ingang - PRAAT, maak seker hulle weet jy is n SADC burger en geregtig op die SADC prys .... anders betaal jy die internasionale prys .....
User avatar
mcw
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 805
Joined: Sat May 18, 2013 12:20 am
Town: krugersdorp
Vehicle: Prado 90 V6 3.4 Auto
Real Name: Martin
Club VHF Licence: X100

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by mcw »

More Stephan

ons het nie gaan visvang in Chobe nie maar ek dink bêste plek om daar te kamp is die Chobe lodge
ons het twee bakkies die dag besoek na Vic Falls to gedoen ,dit was nogal n duur storie
ingang to Zim was R520.00 per voertuig vir Road tax
ingang to Falls was R200.00 per person
Bo op dit was daar n polisie pad bokkade oppad terug Bots toe en ek moes 200 pula beatal omdat my bakkie se nommer plaat lig geblaas het
So as julle daar is vind uit wat hulle vra om julle vir die dag soontoe te vat
Attachments
IMG_2815.JPG
IMG_2779.JPG
IMG_2743.JPG
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by ChrisF »

Martin ons het laas daai som gedoen, en dit is n paar sent goedkoper om self te ry ....

Maar dit is net soveel makliker met n goeie gids :)
User avatar
mcw
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 805
Joined: Sat May 18, 2013 12:20 am
Town: krugersdorp
Vehicle: Prado 90 V6 3.4 Auto
Real Name: Martin
Club VHF Licence: X100

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by mcw »

Stem saam Chris
met al die geryery wat ons gedoen het sou n gids wat bestuur lekker gewees het

Martin
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Haboob »

Stephan,
Dis duur om by Zim integaan vir een dag.
Toer lieweste Bots en doen Zim volgende jaar vir 2 - 3 weke, dan kan jy baie meer daar sien vir die duur van jou besoek. Vic Falls en Hwanke is iets om te sien saam met die ander goed. Kamp in Kariba langs die dam, dan wei die seekoeie om jou in die aand en Die wild loop in die dorp se strate rond en dan ry jul op na Mana Pools en Chitaki Springs waar jy tussen die diere kamp langs baie water en die leeu's, Olifante en ou Daggaboys. In Chitaki Springs moet jy bietjie meer versigtig wees want jy is proei vir daai leeus ('n voedsel bron) en die plaaslike bevolking sal jou teen hul waarsku as hul weet jy gaan soontoe, maar dis 'n belewenus wat jy nie gou sal vergeet nie. Moennie oorhastig in en uit woerts nie. Dit kos jou meer geld as wat dit werd is, maar indien jy 'n volle toer doen, dan raak dit meer moeite werd.
Geluk met jou beslussing...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Leeuplesier

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Nou ja, meeste van die reelings gedoen. Baie dankie vir julle goeie raad. Ons moes n paar veranderinge maak as gevolg van plekke wat vol geboek is. Kan nie glo dat Augustu 2016 reeds so vol is nie. Ons het van Botswana Footprints gebruik gemaak om die bookings te doen. Hulle behartig ook park kostes. Ons is op die einde vier voeruie wat die trippe gaan doen.

12-13 Khama Rhino Sanctuary
14 Kubu Island
15 Nxai pan
16-17 Island safari lodge, Gaan die Delta vlug doen.
18 South gate camp. Wou graan 3rd bridge gekamp het maar is nie beskikbaar nie.
19 Xakanaxa camp
20 Khwai-Magotho campsite
21-22 Linyati - Kan nie wag om die Ellies van naby te sien nie.
23-24 Ihaha camp
25-27 Chobe Safari lodge. Tiervis, fotografiese bootrit en sommer n boosecruise ook. Het beplan on Vic falls toe te gaan maar sal die besluit neem as ons daar is.
28 Liya lodge camp
29 Elephant sands lodge camp
30 Phokoje bush camp
31 Rhato bush camp in SA.

Nou is dit net die gewag dat die tyd moet aanbreek.Hopelik kan ons ook n paar mooi fodies met julle deel as ons terug is. Dankie Martin en Chris dêm mooi fodies.
User avatar
mushroom
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 408
Joined: Sat Oct 10, 2009 12:31 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: '16 Legend 45 DC 4x4M
Real Name: James

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by mushroom »

Hi Stephan,

You talk about Linyati and the close ellies...do mean Linyanti (DWNP) between Savuti and Ihaha, or Senyati just outside Kasane, with the underground hide?
Even thought the ellies are constantly buggering up the water at Nxai, it was for me one of the most awesome places. The ring road around the pan was spectacular, and better than Baines Baobabs (you can visit these as they are on the way to the pan itself).
When driving from Kubhu island, take a left at the vet fence, and continue with this track to Gweta, it takes you across Ntwetwe pan, and is an awesome track. Well worth considering
Q20 if its stuck, duct tape if it moves :shock2: :shock2: :shock2:
User avatar
Dzombo4
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 63
Joined: Wed Oct 17, 2007 10:41 am
Town: Centurion
Vehicle: Legend 35 KZTE
Real Name: Dennis
Location: Centurion

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Dzombo4 »

mushroom wrote:Hi Stephan,

You talk about Linyati and the close ellies...do mean Linyanti (DWNP) between Savuti and Ihaha, or Senyati just outside Kasane, with the underground hide?
Even thought the ellies are constantly buggering up the water at Nxai, it was for me one of the most awesome places. The ring road around the pan was spectacular, and better than Baines Baobabs (you can visit these as they are on the way to the pan itself).
When driving from Kubhu island, take a left at the vet fence, and continue with this track to Gweta, it takes you across Ntwetwe pan, and is an awesome track. Well worth considering
South Camp at Nxai is much better, with water, hot showers in a modern ablution setup, awasome wildlife. At Baines you have longdrops, no water and only the trees to see.
The word Dzombo is derived from the Tsonga word Dzombolo meaning ‘to wait for something that is slow in coming.
Named after one of the Magnificent Seven, sadly killed by a Poacher Oct 1995 @ 50 years old.
Dzombo1 Ex Army Hard Top TD upgraded to 200 Tdi. Dzombo2 1997 Discovery 300 Tdi.
Dzombo3 2000 Jeep GC Laredo 3.0l Diesel. Dzombo4 2005 Hilux KZTE Legend 35.
ImageImageImageImageImage
Leeuplesier

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Yes James, as mens sulke krom duk vingers het gebeur die tipe van dinge, maar jy's reg dit is Linyanti. Ek het n paar reviews van Ihaha kamp gelees en die manne is in Augustus erg besteel daar. Hoop hulle sort dit uit voordat ons daar aankom.
User avatar
mushroom
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 408
Joined: Sat Oct 10, 2009 12:31 pm
Town: krugersdorp
Vehicle: '16 Legend 45 DC 4x4M
Real Name: James

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by mushroom »

We have stayed at Ihaha a number of times...its sad that there was an incident there last year, its a great campsite, and you get way better game drive "privileges" in the park on the river front road when you stay there (day tripping in from Kasane is limited and one directional...and too complicated and erratically policed for my liking). As Dzombo said, South Camp at Nxai is great - when they have water...check out my trip report here viewtopic.php?f=4&t=27646&p=326915#p326915" onclick="window.open(this.href);return false;
Bloody ellies ripped up all the water supplies
Q20 if its stuck, duct tape if it moves :shock2: :shock2: :shock2:
Leeuplesier

Re: 2016 Botswana trip raad

Post by Leeuplesier »

Hi James, excellent trip report. I've read quite a number of trip reports over the last two or three months and so many of these contradicts each other on so many campsites. Whatever is in excellent condition today may change overnight what you have experienced first hand. The best is to be prepared for any situation and go enjoy nature.
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”