Page 1 of 1

Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Thu Jun 29, 2017 6:01 pm
by Dowe Koos
Dagsê almal.
Was bietjie lanklaas hier op die forum.
Omdat daar niemand is wat saam met my wil gaan op die Malawi/ Zambië trip a.g.v. van verskeie omstandighede, het ek dit oorgeslaan na volgende jaar toe.
Ek ry nou Sondag af Weskus toe vir twee weke. Gaan oor Kimberley toe na Groblershoop, Brandvlei, Hondeklipbaai en dan af na Clanwilliam toe.
Enige voorstelle van die manne in die Kaap wat daardie deel van die wêreld al platgery het. Mooi plekke en intersante plekke.
Is daar enige moontlikheid dat ons op die 8ste Julie die Atlantis duine kan ry. Het al so baie daarvan gelees op die forum . Dit nog nooit gery nie.
Hoor van julle

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Thu Jun 29, 2017 9:15 pm
by Dowe Koos
Of die 9de Julie vir Atlantis.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Fri Jun 30, 2017 8:55 am
by Hilux 1
Sou lekekr gewees het om te ontmoet. onglukkig is volgende naweek uit vir my. weet Huismoeles ook nie hier nie(en hy hou van Atlantis duine)

oom moet probeer op die Facebook blad van Thys, meer aksie daar. die res van die Kapenaars is redelik missing in action :cry: :cry: :surrender: :surrender:

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Fri Jun 30, 2017 9:12 am
by Dowe Koos
Dankie Tertius, sal daar opkyk.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Sat Jul 01, 2017 6:23 pm
by FIRSTGEER
Howzit Hennie.Pity I wont meet you during your Westcast trip.I am planning to leave home on Friday 14 July for a trip to Cape Town.Will link up with a mate from Gordons Bay and plan to go up the West coast together. If everythings goes according to plan,we want to spend about 5 days travelling up the coast.
My return route will be via Springbok,Upington and through the Karoo via Middelburg and then back home on Sunday 23 July.
I am like a little child waiting all excited.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Sun Jul 02, 2017 2:59 pm
by Dowe Koos
:beg: Come on, on 13 an 14 I will be at Vanderkloof dam. Next time we must make plan Tony.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Mon Jul 03, 2017 2:37 pm
by FIRSTGEER
Great,maybe next time.Enjoy your trip anyway.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Thu Jul 06, 2017 8:58 pm
by Dowe Koos
Naand se mense.
Ons is nou op Clanwilliam. Het interessante trippie sover gehad die laaste vier dae. Sal aan die einde van my vakansie julle meer vertel. Dit is die 16 de Julie. My broer het vir ons nou Sondag by Atlantis duine n permit gereël. Sal maar sien wie loop ek daar raak. Groete tot dan.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Fri Jul 07, 2017 9:25 am
by Hilux 1
dalk kan ek plan maak. sal maar sien hoe pan my naweek uit.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Fri Jul 07, 2017 5:29 pm
by Dowe Koos
Sal lekker wees om van julle ouens te ontmoet. Sal so 10 uur daar wees. Gaan 8 uur Sondagoggend van Clanwilliam ry.

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Wed Jul 12, 2017 1:18 pm
by Huismoeles
Waar die fotos???

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Wed Jul 12, 2017 6:40 pm
by Dowe Koos
Sal Saterdag wanneer ek by die huis kom deur die fotos gaan en dit dan opsit. Ek het toe die duine gedoen. Een van my beste 4x4 dag trippie. Het baie pret gehad. Sal meer detials gee wanneer ek by die huis is. Groete tot dan

Re: Weskus trippie - Atlantis duine???

Posted: Wed Jul 12, 2017 8:11 pm
by Huismoeles
:thumbup: