
My navorsing wys dat verblyf erg duur is. Hier rondom R2500 per nag vir my, mevrou en junior is bietjie styf vir my. Enige raad en verwysings is welkom.
Ons is ongelukkig nie goed toegerus vir kamp nie.
Ek beplan om die volgende plekke aan te doen: Jan Kempdorp, Mariental, Sossusvlei, dalk Kolmanskop, Windhoek, Walvis, Henties, Gobabis en dan terug deur Botswana.
Vertel asb. van jou gunsteling bekostigbare plekke?