Page 1 of 1

Namibia toe!!!

Posted: Thu Jan 04, 2018 11:40 am
by gompie
Hi manne en dames.
Ek beplan om Maart Henties baai toe te ry deur Botswana vanaf Louis Trichardt maar ek het raad nodig.
Kort opsomming, my vrou, skoonma en my 2 seuns gaan saam, een is drie jaar oud en die ander een sal dan 3maande oud wees.
Nou het ek raad nodig met die volgende, in ag geneem dat ek nie van plan is om die trip in n een dag effek te probeer doen nie.

1.Watter grenspos is die beste om in te gaan by Botswana en watter paaie waarnatoe?
2.Lekker(en veilige) oornag plekke wat nie die bank gaan skud nie.(in Botswana, ek glo ek behoort namib vroeg in te gaan en dan n aand by familie in Windhoek oor te slaap)
3.Besienswaardighede langs die pad.( gaan moet baie stop anyway)
4.Nodige papierwerk en enige stickers wat dalk op die Fortuner :surrender: of trailer moet kom.....

Enige advies sal wardeer word asb, ek is seker hier is n paar mense wat meer weet as ek :thumbup:

Dankie byvoorbaat

Re: Namibia toe!!!

Posted: Thu Jan 04, 2018 12:22 pm
by ThysdJ
Dirk

Ek weet nie waar jy BW gaan binnegaan van jou kant af nie, maar 'n baie lekker plek om oor te slaap in BW is in Kalahari Rest net buite Kang op die Trans-Kalahari highway. Van daar is dit so ongeveer 700km tot in Windhoek deur die Buitepos grenspos naby Gobabis. Kalahari Rest is 'n mooi skoon kampplek, met goeie geriewe en nie te duur nie. Ons het so paar jaar gelede daar oorgebly. As jy na Buitepos grenspos weer wil oorslaap, kan jy Zelda's probeer. Ook 'n baie lekker plek om te oornag.

Behalwe vir die ZA stickers het jy niks ander stickers nodig nie. Registrasiepapiere van beide voertuie, en 'n brief van die bank (as die voertuig nog op huurkoop is) wat jou toestemming gee om die voertuig land-uit te vat. Maak gewaarmerkte afskrifte van daardie docs, en gee dit vir die grensbeamptes, nie die originals nie. Ons is nog nooit daarvoor gevra nie, maar dit is 'n vereiste, en kan jou 'n lang trippie huis toe kos as jy dit nie het nie.