Page 1 of 1

Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 8:33 am
by Frederick
Ek wil nou nie iemand omkrap of so nie, ek wil maar net weet wie gaan dalk al ook die naweek jag.... :roll: :roll: :roll: :thumbup:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 8:38 am
by Johannes van die See
Frederick wrote:Ek wil nou nie iemand omkrap of so nie, ek wil maar net weet wie gaan dalk al ook die naweek jag.... :roll: :roll: :roll: :thumbup:
Wens ek kon, en nee jy sal niemand omkrap nie, die mense wat nie van jag hou nie moet dood eenvoudig net nie inloer op jag onderwerpe nie dis al.....

Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 9:26 am
by 4x4Maniac
Jip, ek is een van daai gelukkiges! Gaan Thaba toe en ry al vanmiddag. Sien nogal uit. Waarnatoe gaan jy?

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 9:34 am
by Rieks
Ek gaan volgende naweek.

kan nie meer wag nie.... wens sommer dit was al die naweek.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 9:43 am
by Frederick
Ek gaan moreoggend na vergadering ry. Jagplaas is tussen Bronkies en Groblersdal. Dit is nou nie die bargain van die eeu nie maar dit is lekker naby en gerieflik.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 3:42 pm
by GI Jane
Johannes van die See wrote:
Frederick wrote:Ek wil nou nie iemand omkrap of so nie, ek wil maar net weet wie gaan dalk al ook die naweek jag.... :roll: :roll: :roll: :thumbup:
Wens ek kon, en nee jy sal niemand omkrap nie, die mense wat nie van jag hou nie moet dood eenvoudig net nie inloer op jag onderwerpe nie dis al.....
Dan help dit meer as die post liewers onder hobbies, jag bly, in plaas van 'out in nature' wat n ander indruk skep... :thumbup: :thumbup:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 4:58 pm
by Thabogrobler
Frederick wrote:Ek gaan moreoggend na vergadering ry. Jagplaas is tussen Bronkies en Groblersdal. Dit is nou nie die bargain van die eeu nie maar dit is lekker naby en gerieflik.
Nee wat, ek sal maar op site rondhang en seker maak almal doen hul werk...

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 5:50 pm
by OOOOMS
GI Jane wrote:
Johannes van die See wrote:
Frederick wrote:Ek wil nou nie iemand omkrap of so nie, ek wil maar net weet wie gaan dalk al ook die naweek jag.... :roll: :roll: :roll: :thumbup:
Wens ek kon, en nee jy sal niemand omkrap nie, die mense wat nie van jag hou nie moet dood eenvoudig net nie inloer op jag onderwerpe nie dis al.....
Dan help dit meer as die post liewers onder hobbies, jag bly, in plaas van 'out in nature' wat n ander indruk skep... :thumbup: :thumbup:
Topic moved :thumbup:

Ons gaan veld toe.....maar nie om te jag nie.... :shh:

Kan ek maar die topic terug skuif?

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 6:07 pm
by legend35
Ek gaan einde Junie jag in Nelspruit.Kan nie meer wag nie :thumbup:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 6:09 pm
by Borntofish
Ek gaan eers die 21 ste Junie, so dit sal julle ouens wat vroeer gaan genoeg tyd gee om vir my biltong te pos! :mrgreen: :mrgreen:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 6:12 pm
by legend35
Borntofish wrote:Ek gaan eers die 21 ste Junie, so dit sal julle ouens wat vroeer gaan genoeg tyd gee om vir my biltong te pos! :mrgreen: :mrgreen:
En jy kan vir my pos.Ek gaan na jou :lol: :lol:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:07 pm
by Frederick
Gewere :thumbup:
Patrone :thumbup:
Skietstok :thumbup:
Rangefindre :thumbup:
Jagmes :thumbup:
Klere :thumbup:
Skoene :thumbup:
Kos :thumbup:
Apperatief :thumbup: :thumbup:
Trailer :thumbup:
Diesel :thumbup:
HILUX :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Bob's your uncle :boss:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:12 pm
by FIRSTGEER
Frederick jy het die Klipies en coke vergeet

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:14 pm
by OOOOMS
.....Apperatief :thumbup: :thumbup:

Ek neem aan dit is 'n vloeistof..... :lol: :lol:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:17 pm
by Frederick
Het nog iemand hierdie gekry? Ek het die program ook gekyk....

PERSVERKLARING DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
DATUM: 17 MEI 2012
EMBARGO: Geen
Jagtersvereniging maak beswaar teen afgryslike en onwettige jagaktiwiteite in Kalahari
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) maak ten sterkste beswaar teen ‘n uitsending van ‘n KykNET-program, Verre Roetes, op Woensdagaand 16 Mei, wat verskeie onwettige en onverantwoordelike jagaktiwiteite in die Kalahari uitgebeeld het.
Dr Herman Els, bestuurder van Jag en Bewaring by SAJWV, sê hulle beskou die betrokke insetsel in die program as onverantwoordelik en ‘n sensasionele uitbeelding wat die jag en wildbedryf in Suid-Afrika groot skade kan berokken. Die program wys jagaktiwiteite in die Kalahari wat onwettig is en indruis teen die etiese beginsels van jag, naamlik:
• Dit is teen die wet om alkohol te gebruik wanneer ‘n mens gaan jag.
• Dit is ‘n blatante veronagsaming van die gedragskode en etiese reëls vir jag wat alle verantwoordelike jagorganisasies ter wêreld bevorder
• Dit is onaanvaarbaar en verkeerd om jongmense wat ooglopend swak skuts is en wat nie die nodige vaardighede het om ‘n vuurwapen verantwoordelik te hanteer nie, saam te neem op ‘n jag. Dit druis in teen alle veiligheids- en wetlike vereistes van die vuurwapenwet en die nasionale en internasionale gedragskode vir jagters.
Dr Els sê die aktiwiteite wat in die program gewys word, kan baie maklik deur oningeligte kykers as die norm in jagterskringe beskou word. `Hierdie boodskap benadeel jagoperateurs en wildplaaseienaars in die Kalahari wat wettig en eties optree. Ons was veral teleurgesteld om te hoor dat Noord-Kaap Toerisme betrokke was by die produksie van hierdie program en toegelaat het dat hierdie afstootlike en gruwelike jagtonele as die norm in die Kalahari uitgebeeld word. Dit is baie jammer dat die vervaardigers van die program nie in enige stadium van die produksie by een van die jagverenigings vir raad aangeklop het nie. ‘
Els sê verder dat SAJWV en ander jagverenigings in Suid-Afrika selfregulering van die jagbedryf pro-aktief beoefen en bevorder, en dat hulle alles in hulle vermoë sal doen om onetiese en onverantwoordelike jagaktiwiteite uit te roei.
Die program sou Donderdagmiddag op KykNET herhaal word, maar na SAJWV beswaar gemaak het, het KykNET ingestem om dit van die programskedule te verwyder. `Ons het groot waardering vir die sensitiewe en verantwoordelike besluit van KykNET in hierdie saak,’ het Els gesê.

Uitgereik deur die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging.


Dus hou ek by : Apperatief..

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:19 pm
by Frederick
GI Jane wrote:
Johannes van die See wrote:
Frederick wrote:Ek wil nou nie iemand omkrap of so nie, ek wil maar net weet wie gaan dalk al ook die naweek jag.... :roll: :roll: :roll: :thumbup:
Wens ek kon, en nee jy sal niemand omkrap nie, die mense wat nie van jag hou nie moet dood eenvoudig net nie inloer op jag onderwerpe nie dis al.....
Dan help dit meer as die post liewers onder hobbies, jag bly, in plaas van 'out in nature' wat n ander indruk skep... :thumbup: :thumbup:

Ag sooorry hoor. Nie so bedoel nie. Dankie vir die skuif van die thread. nie mooi gekyk vir die jag gedeelte nie.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:22 pm
by OOOOMS
Ja het die program gesien :thumbup:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu May 17, 2012 7:47 pm
by ChrisF
sal nou nie self daai sneller trek nie ... maar hou darem net te veel van biltong om my nou heilig te kom hou hier .....

wens jou n lekker naweek toe ! :)

Re: Dog ek se maar net

Posted: Fri May 18, 2012 10:11 pm
by Gideonvanzyl
ek gaan volgende naweek Veldrif se kant toe en kyk of ek so 'n paar duikers kan plattrek. 'n pel van my boer daar.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Sat May 19, 2012 9:09 am
by jacques kotze
My Swaer bestuur n wildsplaas op Hectorspruit, tussen Komatipoort en Malelane. As ek wil veld toe gaan kuier ek. As ek n paar rand los het dan skiet ek ook maar n ietsie. Maar dit word op die regte manier gedoen, op voet, geen drank ten tye en maak seker van jou skoot!

Re: Dog ek se maar net

Posted: Mon May 21, 2012 12:23 am
by Frederick
Ag maar dit was 'n lekker naweek. My vrou het haar eerste bok geskiet. Pragtige skoot. En sy is nou ook net so gek oor jag soos ek. Ek het 'n darem 'n blouwildebees geskiet so ek is dubbel so gelukkig.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Mon May 21, 2012 3:02 pm
by Traveler
Well done Frederick. Sounds like you had a great time.

Re: Dog ek se maar net

Posted: Wed Jun 06, 2012 2:29 pm
by Rieks
Was baie lekker

Hier is my Rooibok...
IMG_0607_1.jpg
En my Koedoe
IMG-20120602-00198_1.jpg

Re: Dog ek se maar net

Posted: Wed Jun 06, 2012 2:43 pm
by jacques kotze
Dis n mooi Koedoe bul daai. Die plaas langs my swaer hulle het n Koedoe bul wat se horings 61" is, die eienaar het nou die dag n aanbod van $10 000 gekry om hom te skiet toe wou hy nie, 3 maande later toe het die Koedoe gevrek van ouderdom. Dis toe hulle hom gemeet het en sien hy is 61"

Re: Dog ek se maar net

Posted: Wed Jun 06, 2012 3:06 pm
by Rieks
jacques kotze wrote:Dis n mooi Koedoe bul daai. Die plaas langs my swaer hulle het n Koedoe bul wat se horings 61" is, die eienaar het nou die dag n aanbod van $10 000 gekry om hom te skiet toe wou hy nie, 3 maande later toe het die Koedoe gevrek van ouderdom. Dis toe hulle hom gemeet het en sien hy is 61"
Wow - 61' is Roland Award. Dit moes seker mooi gewees het. Die rekord is 82' unofficial en die official Roland Award rekord is 74'

Myne is nie naby nie - maar het darem 126kg uit geslag. Baie biltong

Re: Dog ek se maar net

Posted: Wed Jun 06, 2012 5:29 pm
by Doom
Rieks wrote:
jacques kotze wrote:Dis n mooi Koedoe bul daai. Die plaas langs my swaer hulle het n Koedoe bul wat se horings 61" is, die eienaar het nou die dag n aanbod van $10 000 gekry om hom te skiet toe wou hy nie, 3 maande later toe het die Koedoe gevrek van ouderdom. Dis toe hulle hom gemeet het en sien hy is 61"
Wow - 61' is Roland Award. Dit moes seker mooi gewees het. Die rekord is 82' unofficial en die official Roland Award rekord is 74'

Myne is nie naby nie - maar het darem 126kg uit geslag. Baie biltong
126 Kg van sagte vleis, want daai was nog jong bulletjie :thumbup:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Wed Jun 06, 2012 5:59 pm
by legend35
Daai is mooi fodies :thumbup: My tyd raak nou min.Kan nie meer wag nie :yahoo:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu Jun 07, 2012 7:45 am
by SideKick
Manne, eendag as ek groot is!!! (Wat hoopelik volgende jaar is :twisted: )

MAAR . . . Ek wil met n pyl en boog jag, nie met n geweer nie . . . :cooldude:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu Jun 07, 2012 11:24 am
by Tjokkie
Oh my jealous heart.....

Eerste [jaarliks en blykbaar verligtend] trippie met die 2 oupas en my seun (enigste kleinseun aan albei kante van die familie) reeds agter die rug in Mei maand.

Ry more oggend (7 Jun) Swartruggens toe...net 'n vinnige breather om die roes iut die loop te hou!!

16 Junie blesbokke uitdun net buite Leandra....enigiemand wat in biltong belangstel (R800 per blesbok)

Dan 5-8 Julie pa-en-seun trippie met seun-se-pelle-en-hulle-pa's by Koedoeskop

Die jaarlikse 'Tupper' party (2-5Augustus op Rooibokkraal)...want party ouens raak mos f%^upper as ander.....selfde groep vir die 7e jaar; se niks vereder nie!!!

En dan seker die laaste afsluiting.....8-12 Aug....moet die 13e seker die skeibrief gaan teken????



D

Re: Dog ek se maar net

Posted: Thu Jun 07, 2012 8:45 pm
by SUKIBOS
Koedoebul mates vir Rowland Ward is 73 7/8 duim. Dis nommer 1. Die horings is opgetel in Mosambiek in 1963. Nommer 2 is 69 duim ook opgetel. Nommer 3 is 'n paar jaar terug geskiet 68 duim. Hy hang by Combretum Safaris, Thabazimbi. (Die ou het gaan biltong jag in Marble Hall). Ek beskuit myself as daar 'n 82 duim koedoe is.
Kwalifiserende mates vir Rowland Ward is 53 7/8 duim.
Dog ek sê maar net, dis my beroep. Ek leef, eet & slaap jag!
R800 vir 'n blesbok is 'n bargain, geniet dit!!

Re: Dog ek se maar net

Posted: Fri Jun 08, 2012 6:52 am
by Foksie
Ek skiet nie self nie maar my oudste doen,dit was darem lekker man. Oor so 2 naweke gaan ons weer maar die keer vir n eland

Re: Dog ek se maar net

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:36 pm
by SUKIBOS
Baie geluk, albei baie mooi diere!!
Geniet jul jag!
:mexwave:

Re: Dog ek se maar net

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:10 am
by Mud Dog
Nice Wildebeest and a decent set of horns on the Impala! :thumbup:

Just a few constructive crits if I may, Frank ...... move the carcass away from blood for pics or cover the blood with soil .... position the carcass side on with entry wound to the camera (you tucked the legs in nicely). With larger game you can use your knee to support the head, but if both hands are required be sure that the rifle barrel is clear and not prodding you in the neck. ;-)