Page 1 of 1

Jag

Posted: Sat Jun 16, 2012 7:43 pm
by rood
Het einde April die blouwildebees geskiet, en vandag toe vang my oog die koedoe bul op die plaas...., hy was net op die verkeerde plek op die regte tyd

Re: Jag

Posted: Sat Jun 16, 2012 8:04 pm
by Mud Dog
Baie mooi Kudu! :thumbup: Is dit 'n ou .303 wat omgebou is?

Re: Jag

Posted: Sat Jun 16, 2012 8:19 pm
by jacques kotze
Dis n mooi bul daai, hoeveel het hy gemeet? Ek skat so 44-46", kan heel verkeerd wees, ek sukkel maar met die geskat oor die algemeen.

Re: Jag

Posted: Sat Jun 16, 2012 8:30 pm
by OOOOMS
Groot Kudu daai :shock:

Re: Jag

Posted: Sun Jun 17, 2012 2:05 am
by Mud Dog
jacques kotze wrote:Dis n mooi bul daai, hoeveel het hy gemeet? Ek skat so 44-46", kan heel verkeerd wees, ek sukkel maar met die geskat oor die algemeen.
Ek dink dis baie naby ..... kan dalk nog bietjie meer wees. :think:

Re: Jag

Posted: Sun Jun 17, 2012 9:29 am
by legend35
Baie mooi bul daai.Ek dink die vrieskas is te klein vir daai een.Jy sal moet baie boltong maak :thumbup:

Re: Jag

Posted: Sun Jun 17, 2012 12:55 pm
by rood
Jip dis n ou 303 Lee Enfield wat omgebou is.

Linkerkanste horing meet 47.7" en regterkantste een 49.8" wydte is 40", karkas soos geweeg vanoggend by die slaghuis 181Kg.

EK gaan biltong en droewors maak ja en so n bietjie tafelwors.

Dankie

Re: Jag

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:33 pm
by SUKIBOS
Daar is 'n plek in Potch wat die 303's so ombou met 'n sintetiese kolf. Ek het myne so 3 jaar terug laat doen. Dit lyk baie netjies. Die plek se naam is Armtec Synthetic Stocks, hulle adverteer in die Wild & Jag & hulle het 'n website. Die beste is dit kos nie 'n arm & been nie.

Baie geluk met jou koedoebul, lekker stewige stuk vleis!! :goodjob:

Re: Jag

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:17 am
by Mud Dog
Soos ek nog altyd beweer, 'n .303 is wel bietjie stadig maar veroorsaak daarom minder vleis beskadiging .... bly nog 'n goeie jag geweer in my oë as jy hom leer ken. :thumbup:

Re: Jag

Posted: Wed Jun 20, 2012 2:35 pm
by Hangover
Hier is n mooi bul wat ek laas jaar afgestof het ek weet dis oud mar dit bly maar mooi
Dis dam nog n bok wat my naam ini Roland boek kon kry.

Re: Jag

Posted: Wed Jun 20, 2012 3:14 pm
by andrevt
wow wat n trophy

Re: Jag

Posted: Wed Jun 20, 2012 9:09 pm
by Mud Dog
Dis pragtige horings daai!! :thumbup: :thumbup:

Re: Jag

Posted: Thu Jun 21, 2012 7:02 am
by Traveler
Baie mooi kudu's. Baie geluk op altwee.

Andy, die .303 is 'n pragtige kaliber as jy die regte ammunisie gebruik.

Jy kon nog 2 jr gelede 'n omgeboude .303 koop met 'n Ramline sintetiese kolf, en die korrekte headspace vir R1850 by classic arms in Witbank.

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:11 am
by HeinrichPrinsloo
Het ook al darem my eerste lood gegooi vir die Jaar

Geskiet met my 30-30 Win, 150gr op 110m

Image

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:16 pm
by Hangover
Ek het ook n 30-30winchester! lekkerste geweer ooit! hys lig, kort loop, hak nie in die takke vas nie en hy kan enige ding plat trek. het jy vir joune n scope opgesit?

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:50 pm
by HeinrichPrinsloo
Hangover wrote:Ek het ook n 30-30winchester! lekkerste geweer ooit! hys lig, kort loop, hak nie in die takke vas nie en hy kan enige ding plat trek. het jy vir joune n scope opgesit?

Yes ek het n scope op

Image

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:56 pm
by Lappe
Julle manne het seker goeie koel geriewe om so vroeg in die jaar al die wild te piets.
Ek is lekker jaloers !!!

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 1:07 pm
by HeinrichPrinsloo
@ Lappe

Ek het die Zebra juis daar in die Rietvaly area geskiet :thumbup:

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 2:52 pm
by Lappe
By wie het jy gejag Heinrich, ek bly 2 km van rietvaly af en ken omtrent almal in die omgewing.

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 2:56 pm
by HeinrichPrinsloo
Lappe wrote:By wie het jy gejag Heinrich, ek bly 2 km van rietvaly af en ken omtrent almal in die omgewing.


EK het by my vriend Andries gaan kuier wat die Meule op Marico besit

Hy ken die einaar - Niel

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 2:58 pm
by Lappe
Ek ken vir Niel. As ek reg is het Andries nou eers onlang in die dorp aangekom.
In elk geval n mooi zebra wat jy daar het, baie geluk.

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 3:04 pm
by HeinrichPrinsloo
Lappe wrote:Ek ken vir Niel. As ek reg is het Andries nou eers onlang in die dorp aangekom.
In elk geval n mooi zebra wat jy daar het, baie geluk.
Yes Dries is n nuweling

Dankie :yahoo:

Jy nie jagplek daar nie Lappe >???

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 3:08 pm
by Lappe
My grond is aan die klein kant met trekwild so nou en dan. My buurman het 4000 hektaar. Plaas se naam is Talamanzi. Baie mooi daar maar hulle het meestal buitelandse jagters.Kan vir jou kontak besonderhede kry as jy belang stel.

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 3:19 pm
by HeinrichPrinsloo
Lappe wrote:My grond is aan die klein kant met trekwild so nou en dan. My buurman het 4000 hektaar. Plaas se naam is Talamanzi. Baie mooi daar maar hulle het meestal buitelandse jagters.Kan vir jou kontak besonderhede kry as jy belang stel.
Oh daar by Dirk ??

Is Jou plaas op die Grondpad ??

Re: Jag

Posted: Tue Jan 22, 2013 3:31 pm
by Lappe
Dis reg , eerste huis na die wildsplaas se hek.

Re: Jag

Posted: Sat Apr 27, 2013 7:56 pm
by rood
en toe is daar weer vandag n mooi jong koedoe bul voor die teleskoop

Re: Jag

Posted: Thu Jul 04, 2013 2:58 pm
by Hilux01
Ai mooi bly darem mooi

Re: Jag

Posted: Thu Jul 04, 2013 9:19 pm
by rood
Laas naweek se jag toggie

Re: Jag

Posted: Thu Jul 04, 2013 9:53 pm
by Tal
Ek was ook lus vir bietjie biltong en wors

Image

Voordeel van op die plaas wees

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 9:48 am
by Aquanaut
Blesbok, die beste vleis na Koedoe in my opinie, baaie lekeer.

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 10:02 am
by yotaman
Aquanaut wrote:Blesbok, die beste vleis na Koedoe in my opinie, baaie lekeer.
Stem saam / In fact, partykeer is my eie Blesbok biltong vir my lekerder as my Koedoe.
Mooi bul daai Rood - Watse geweer het jy daar?

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 10:09 am
by Taljaag
N Vriend van my vra waar kan hy nog jag vir redelike prys, enige kontak nommers sal waardeer word.

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 10:31 am
by yotaman
Daar is so baie plekke. Ek stel voor hy "google" so bietjie. Die plek wat ek beoog vir n tweede trippie die jaar is net buite die dorpie Vrede "Moreson ranch" pryse lyk goed en baie om te doen. daar is ook n lekker 4x4 roete en lekker kamp geriewe. Bookings tel no 058 9139901

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 10:37 am
by Taljaag
Dankie Shane.Sal hom se

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 4:38 pm
by JEEPIE
Tal wrote:Ek was ook lus vir bietjie biltong en wors

Image

Voordeel van op die plaas wees
Dankie vir die uitnodiging tal !

Re: Jag

Posted: Sat Jul 06, 2013 4:42 pm
by JEEPIE
Rood , baie mooi kudu's daai
Sien jys in polokwane
Voor julle hulle iets anders daar , of het daai groot horings altyd jou naam op?

Ons het die naweek van 21-23 junie gaan jag
Darem 2 rooibokkies en n blou wildebees plat getrek

Re: Jag

Posted: Mon Jul 08, 2013 7:01 am
by wim
Dis wat ons nou gekry het ,ook met 303 geweere.

Re: Jag

Posted: Mon Jul 08, 2013 7:37 am
by JEEPIE
wimpie daai lyk mos nou baie mooi
op wie se plaas was dit ?

Re: Jag

Posted: Mon Jul 08, 2013 2:27 pm
by rood
yotaman dit is n 303 lee enfield

Nee ons voer hulle niks besonders nie, hulle is maar net so groot hier op ons plaas.

Re: Jag

Posted: Mon Jul 08, 2013 2:43 pm
by JEEPIE
rood wrote:yotaman dit is n 303 lee enfield

Nee ons voer hulle niks besonders nie, hulle is maar net so groot hier op ons plaas.
nou stuur ons n prylysie daar , toe.

Re: Jag

Posted: Mon Jul 08, 2013 7:45 pm
by wim
JEEPIE wrote:wimpie daai lyk mos nou baie mooi
op wie se plaas was dit ?
Shaun jy sal my nie glo nie maar ek bly in die dorp en daai varke is op n voerplek geskiet drie kilometer van my huis af. Die plaas behoort aan een van die lokale boere hier op Vryheid.

Re: Jag

Posted: Tue Jul 09, 2013 10:23 am
by JEEPIE
wim wrote:
JEEPIE wrote:wimpie daai lyk mos nou baie mooi
op wie se plaas was dit ?
Shaun jy sal my nie glo nie maar ek bly in die dorp en daai varke is op n voerplek geskiet drie kilometer van my huis af. Die plaas behoort aan een van die lokale boere hier op Vryheid.
dis nou mooi varkies daai
sal die boer laat ons skiet daar ?

Re: Jag

Posted: Tue Jul 09, 2013 6:17 pm
by wim
JEEPIE wrote:
wim wrote:
JEEPIE wrote:wimpie daai lyk mos nou baie mooi
op wie se plaas was dit ?
Shaun jy sal my nie glo nie maar ek bly in die dorp en daai varke is op n voerplek geskiet drie kilometer van my huis af. Die plaas behoort aan een van die lokale boere hier op Vryheid.
dis nou mooi varkies daai
sal die boer laat ons skiet daar ?
Ongelukkig is dit nie net vir skiet nie, ons het voerplek gemaak en n skuiling opgesit en dan het ons die varke eers gekry op die vierde keer wat ons in die skuiling was. Ons praat van n hele maand se voorbereiding om die varke te kry om elke aand op die voerplek te kom eet, en as hulle inkom en net iets pla hulle dans hulle weer weg. Dis baie werk en mens moet elke aand voer uitvat. maar ons skiet elke naweek in die mielies saam met opgeleide honde wat GPS halsbande dra en ons het reuse sukses. Staan huidiglik op oor die twee honderd varke vir die jaar. Die varke is vervuil hier by ons en die boere het groot skade aan mielies wat deur die varke geeet word, so hulle is maar te bly as ons by hulle kom jagmaak op die varke.

Re: Jag

Posted: Tue Jul 09, 2013 6:30 pm
by stumps
Pel van my het die outjie geskiet in ZIM paar weke terug. Ek is oppad om dieselfde te skiet oor die volgende paar weke. Jagraam gekry en alles. Biedjie gaan scout laas week saam 'n goeie pel in Zim en my :yahoo: Lux kicked ASS.

Hoop julle geniet die Pic so baie soos ek. JAG is darm baie lekker.

Re: Jag

Posted: Tue Jul 09, 2013 7:54 pm
by stumps
nog jag die jaar

Re: Jag

Posted: Wed Jul 10, 2013 6:42 pm
by Aquanaut
I want to see how you loaded that elephant onto your hilux, please send photo! :D:

Re: Jag

Posted: Wed Jul 10, 2013 7:27 pm
by wim
Aquanaut wrote:I want to see how you loaded that elephant onto your hilux, please send photo! :D:
Mens doen dit op dieselfde manier as wat jy een sou opeet................stukkie vir stukkie.

Re: Jag

Posted: Wed Jul 10, 2013 7:45 pm
by stumps
Will be no problem. 7 tons :wink2: that's 4 trips with my V6 :lmao: if I remain conservative.

Re: Jag

Posted: Wed Jul 10, 2013 7:46 pm
by stumps
:angel: meat goes to Zim folk. They really need it. Truth.....