Raad nodig vir Peugeot 107
Posted: Sat Oct 01, 2016 3:23 pm
Dagsê almal. Ek weet dit is 'n Peugeot maar ten minste het dit 'n Toyota enjin in. My vrou het die kar nuut gekoop en van die begin het ek vir haar daar is iets fout iewers agter met die kar as mens wegtrek of oor n hobbel gaan. Met haar 20000 km diens gee Peugeot haar n kwotasie om die skokbrekers te vervang vir R7000-00. Ek het toe vir tweede mening gegaan na Supa-quick en Hi-Q. Daar vind ons toe uit dat dit defektief was van die begin en gelukkig vir ons het Peugeot dit vervang op hulle koste. Wat my die bliksem in gemaak het, is dat hulle eers ons wou laat betaal het terwyl hulle moes geweet het die kar is nog onder waarborg. Maar dit is nie die probleem nie. Op 5000 km sien ek dat voorste briekskywe begin uit "wear" en sê toe vir my vroutjie dat sy die kar moet invat en dit gaan uitsorteer met hulle wat sy nie gedoen het nie. Op 20000 kilos is die remskywe al omternt uitge"wear" met tenminste met 4 mm aan beide kant. Nou sê Peugeot dat die "wear en tear" van die remskywe is nie onder waarborg nie.
My vraag is nou, hoe lank is jou remskywe veronderstel om te hou. Wat is die gemiddelde leeftyd van 'n remskyf. Soos ek gesê het, dit het al begin op 5000 kilos wat vir my nie normaal is nie, ek sou sê so tussen 30k en 50k moet die eerste teken van wear begin wys en nie op 5000. Is daar iets wat mens kan doen dat Peugeot hierdie remskywe moet vervang op hulle koste. Help asb. Baie dankie.