Page 1 of 1

Yaris, verloor krag

Posted: Tue Jan 31, 2017 8:24 am
by Borntofish
Ek het n Yaris, en so elke nou en dan dan verloor hy krag nadat ek vir langer as n uur gery het. Dit voel soos n ou carb met n flatspot. Die probleem is dat die probleem net so elke nou en dan opduik. Ek het hom nou al twee keer by Toyota gehad en hulle se daar is niks fout met die kar nie.

Het enige iemand dalk 'n idee?

Re: Yaris, verloor krag

Posted: Tue Jan 31, 2017 9:45 am
by pietpetoors
Moet seker los konneksie wees. My suster se Run-X doen dieselle al vir drie jaar en was seker al 4 keer by Toyota en daar is ook niks fout met hom. Wat met die Run-X help is wanneer hy dit doen, skakel hom heel af en start hom weer dan is hy weer reg. Probeer dit volgende keer met die Yaris.
Sulke foute wat nie altyd daar is, is vrek moeilik om op te spoor. EK het die Run-X self ook al self gestrip en elke liewe plug wat ek kon kry, uitgeplug, gekyk dat kontakpunte mooi is, spookpis gespuit en terug geplug, maar probleem is steeds daar.

Re: Yaris, verloor krag

Posted: Tue Jan 31, 2017 10:41 am
by Mud Dog
Ek is miskien heeltemal van die pad af. maar as dit nie êrens 'n foutiewe konneksie is nie (die feit dat dit net gebeur na 'n reëlmatige ruk se ry dui bietjie daarteen), dan lê dit dalk met die "mapping". As die fout weg gaan nadat jy heeltemal afgeskakel het soos Pieter beskryf, dan is dit amper seker die mapping of 'n foutiewe sensor.

Wat jy kan probeer is om die battery oornag af te haal sodat die ECU herstel na die 'base map' ... (die Toyota ECU's 'leer' nuwe 'settings' vanaf jou ry gewoontes). Dalk help dit.

Re: Yaris, verloor krag

Posted: Tue Jan 31, 2017 11:43 pm
by MCHILUX
Kyk maar na die oxygen sensors. As hulle foutiewe lesings gee dan hardloop die engine te lean en voel dooierig. Wanneer laas is die petrol filter geruil.

Re: Yaris, verloor krag

Posted: Wed Feb 01, 2017 6:08 am
by Streetracer
Kyk na air flow sensor, lambda sensors en water temp sensors.

My M3 het dit gedoen toe is daar vout met my water temp sensor. Die sensor gee meer fuel as die kar koud is ek lean hom uit soos die ebgine warm word. Half om engine te beskerm as j hom hard ry as hy koud is. As daai sensor rond neuk overfuel hy net wanneer hy wil.

Air flow sensor kan j skoon maak met carb cleaner of electro cleaner. Net nie enige olie basis spray nie.

Kyk ook of head reg getorque is. Hy kan dalk skeef trek soos die engine warm word en dan verloor jy kompressie.

Iemand kan vir j n kompressie toets doen koud en weer as hy begin krag verloor.

Re: Yaris, verloor krag

Posted: Sat Feb 04, 2017 5:35 pm
by ChrisF
Met die Hilux moes ek twee keer die cruise control uitplug. Om die blok ry. Plug die cruise control terug en dan is hy weer reg vir n paar jaar .....

Electronics is n pyn ....