Navara v8

Discuss any other type vehicles here.
Post Reply
Remus
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun May 14, 2017 1:37 am
Town: Groblersdal
Vehicle: Lumina
Real Name: Jan-Hendrik

Navara v8

Post by Remus »

More julle.

So gistraand is ek op die internet besig om na n 4x4 met n lexus engine te kyk, ek kom toe op n paar mooi sfa's af, 1 isuzu wat erg swak gedoen is en toe n navara, dis die d40 shape, double cab met n lexus v8 en n 5 spoed boks. In hy word verkoop deur n stealership. So ek het n paar vrae oor die navara. Kyk ek gaan nie verskriklik 4x4 tot die wiele af val nie, maar ek is op die plaas en ry so nou en dan n berg pas of moet mielie diewe deur n geploegde land jaag.

Is dit n goeie bakkie meganies gewys?
Is hulle parte volop beskikbaar en teen watse pryse?
Sal ek suspension upgrades kan doen sonder om betroubaarheid op te offer?

Ek gaan nog 2 ander threads begin so asb as hulle kan help sal ek dit waardeur.
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Navara v8

Post by Kagiso »

Remus .. Die egte waarheid is dat alle bakkies maar baie dieselfde is met klein klemverskille wat hulle vir elkeen van ons meer of minder aanvaarbaar maak.
Die NAVARA is bekend vir sy taai heid veral die onderstel en standaard suspensie [sy "breakover hoek is minder voordelig want hy is langer as die ander Japnees bakkies] Dit gee hom n geriefliker [LEKKERDER] rit en meer laai vrag en beter padhou vermoë, veral op hoër spoed.
Robert Hale by DUNE OFFROAD [Google hulle webblad] het al verstommende dinge gedoen met n Pathfinder en Navara, CAMIL maak suspensie vir hulle, OME en IRON MAN en EFS maak ook vir die Navara so JA, jy kan daai suspensie opdollie wat ookal jou beursie bepaal
Hier in Benoni loop een met n LEXUS enjin en hy loooooppp !!!
As die ombouing ordentlik gedoen is en die prys is reg .. vat hom

Het jy geweet die Amarok is ook baseer die Navara onderstel? [so ook die nuwe Mercedes bakkie wat oppad is]
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
EchoMan
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Tue Feb 15, 2011 8:03 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Johan
Club VHF Licence: L4
Location: Roodepoort

Re: Navara v8

Post by EchoMan »

Het jy enige ander vraag oor 'n Hilux Remus? :-))

En wees maar versigtig hoe en wie jy deur mielielande jaag! Ek sien deesdae eindig dit in die howe met lelike nagevolge vir die boere...
Grondpad Alliepad!!!
Remus
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun May 14, 2017 1:37 am
Town: Groblersdal
Vehicle: Lumina
Real Name: Jan-Hendrik

Re: Navara v8

Post by Remus »

Hahaha, as jy weet wat n hammermeul is sal jy verstaan. Nee ek grap net.
Hkm ek bang is vir die hilux is bloot net diefstal. Hulle het op die plaas 3 keer gekom vir my pa se isuzu kb 280, derde keer het hulle reg gekom en weg gekom.

Maar daar is net iets aan die sfa se look wat my aandag trek. En toe sien ek die navara en dink dis iets warmee ek sal kan reg kom, maar soos altyd doen ek eers my huiswerk mooi. Dink my grootste probleem is om te besluit wat n goeie all rounder is.
Wat ek weet wat ek soek is.

Iets met krag as ek wil overtake - ek haat diesel net oor dit.
Moet 130 gemaklik doen met goeie konsumpsie wat so 8 km/l is vir daai spoed.
Moet goeie padhou vermoe he op teer en grond.
Moet verkieslik 4x4 he net omdat n nice to have is as jy dalk n mosambiek of lesotho wil gaan doen.
Betroubaar.
En moet darm so bietjie windgat lyk.
User avatar
dantjie
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 144
Joined: Sat Aug 20, 2011 6:40 pm
Town: kuilrivier
Vehicle: HILUX SFA LTD 2.4 EFI
Real Name: Danie

Re: Navara v8

Post by dantjie »

Ek weet nie wat is jou budget nie maar hier is wat ek dink n baie goeie koop is as jy belang stel en hy is ook op die forum.Image Link Broken hier is nog een.
Attachments
hilux 4x4 lexus 1.PNG
hilux 4x4 lexus.PNG
Post Reply

Return to “Any Other Vehicle”