Rooftop tent navrae

Your view on different camping gear, off-road trailers and nice non-electronic gadgets
Post Reply
RooiLux
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 855
Joined: Mon Aug 16, 2010 11:32 am
Town: Pretoria-Mayville
Vehicle: 1992 2.2-EFI Hilux 4x4 with Maus conversion,freeflow,Rear Electric Locker'2005 BMW 320i, 2015 Hilux 3d4d dc 4x4
Real Name: Marius
Location: Pretoria

Rooftop tent navrae

Post by RooiLux »

Ek is in die proses om vir my bakkie (1992 dc sfa hilux) 'n daktent aan te skaf.

Maar voor ek besluit op een wil ek by julle hoor wat stel julle voor is 'n goeie kwaliteit tent met mates vir die dubbelcab, asook ondevinding met die tente voor en nadele of enige probleme wat julle ervaar daarmee?

Ek het nog nie vas besluit op 2de handses of nuwes nie,maar ooreew om nuut te gaan as daar nie aansienlike prys verskille is nie.

Watter tente stel julle voor my budget is so +-R6000 is dit realisties,OOOOMS het my reeds na iemand verwys vir om en by die prys waarna ek kyk.

Weet julle van goedkoper plekke wat dit verkoop? Verkieslik pretoria omgewing.

Dankie
Image
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Rooftop tent navrae

Post by Fred79 »

Hi Marius

Ek het laas naweek die voorreg gehad om 'n paar veskillende daktente te sien, 3 van hulle word in SA vervaardig en van die ander kom mos van Thailand af want die labour is mos cheap.

Ek kan jou nou nie raadgee met die groote van die tent nie maar ek hou baie van die howling moon tent en ek dink dis die een wat ek gaan koop. Hier by ons kan jy nou ook die Ironman danktent kry met die aangehegde kamer vir net onder 'n £1000 wat ek dink is 'n goeie prys. Ek het nou nie die geleentheid gehad om die Ironman tent te sien nie, maar ek dink hy kom ook seker nou van Thailand af. :?:
User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2051
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Re: Rooftop tent navrae

Post by swartvark »

Ek en vroulief was een naweek Gamkaskloof toe met 'n daktent op die Forester.
Ons was alby spyt dat ons nie die gewone tent geneem het nie. Die goed is nie so gerieflik en gemaklik soos wat dit lyk nie.
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: Rooftop tent navrae

Post by Toerboer »

Hi Marius,

Ek het seker meer as 6 mnde gekyk na dak tente,Howling Moon,Eezi Awn, is van die twee bestes en grootste verskaffers.Ek was baie seker en oortuig om n Eezi awn te koop en toe het my pel Vellies op die forum vir hom n HM gekoop en nadat ek dit baie mooi deur gegaan het het ek ook toe een laas week gekoop.Hier is die paar punte waarna ek gekyk het en wat my be-indrud het.

1.Ons het die 1.4 Stargazer gekoop.
Baie ventilasie in die somer.,kan sterre kyk of ooe lig slaap.
2.Die extention wat onder aan zip is 2.4 x 2.2 (+-) groot met n grondseil wat ook kan afzip,met deure en vensters aan al 4 kante.
Vrou en kinders kan in die tent aantrek ens sonder om uit te gaan.
Genoeg plek onder om die kinders te laat slaap ens.
3.Die afwerking is baie goed en dit is ook asof hulle na al die detail gekyk het met alles.

Eezi-awn,Tentco en Ironman het nie die grondseil in nie,Eezi-awn kan dit in sit vir R400 ekstra,maar kan nie af zip nie.

As ek jou ook kan aanraai om minstens n 1.4 te koop,klink baie min tussen 1.2 en 1.4 maar dit maak n aansienlike verskil.

4.Die Cover wat bo oor getrek word zip ook reg rond om wat wind en water baie beter uit hou,maak n n bubbel as jy ry nie.

Al ding met enige tent is dat die matrasse baie hard is,daar is geen ander manier as om dit te vervang met n beter een wat jy laat op maak nie.Ek kan jou ook daar me help.

5.Die bord van die tent is nie hout soos meeste ander nie,HM gebruik n tiepe cromo dek met isolasie tussen in.

Ek is baie tevrede met my finale besluit en is bly ek het bietjie meet betaal,maar weet dit was die moeite werd.

Die Kamp goed is flippen duur en die verskil tussen goed en die beste is baie min,so jy kan net sowel die bietjie meer in betaal en weet jy het reg gekoop.

Meeste van die huur 4x4 bakkir hrt HM op hulle voertuie en daardie voertuie en toerusting werk hard en vat baie houe van die mense.Dit moet ook seke vir iets tel.

Ek siek glad nie enige ander tent af nie,maar die een het net vir my meer sin gemaak.

Sterkte met jou besluit.
Post Reply

Return to “Camping gear, Trailers and Other Non-electronic Gadgets”