Howling Moon Rooftop tent

Your view on different camping gear, off-road trailers and nice non-electronic gadgets
Post Reply
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Ek is besig om vir my 'n Howling Moon roof top tent koop. Ek was laas Saterdag op 'n Land Rover skou gewees waar hulle die tente uit gestal het.
Ek het 'n vraag vir all die manne wat nou alreeds die tente op hulle hilux het.

1. Watter groote? (1.4 touring is £1400 kamer in gelsuit, 1.6 touring is £1600 kamer in gesluit)

2. Waar mount ek hom. Op die kappie of die bakkie se dak? (kappie is van staal)

3. As ek hom mount op die kappie, moet hy na agter oopmaak of na die sykant van die voertuig oopmaak? (al die Land Rover manne se tente maak na agter oop)

Ek het n foto hier onder van 'n ARB tent en dis hoe ek gedink het ek will my tent laat mount. Daar is net een probleem en dit is dat die kamer wat jy by die Howling moon tent kry se deur sit nie aan die kant nie maar reg waar die leer van die tent staan (hou nie daarvan om om die leer te loop die heeltyd nie)

Laat my 'n biejtie hoor hoe dit vir julle werk?

Groete hier uit die UK
Attachments
Voorbeeld van ARB tent op Hilux
Voorbeeld van ARB tent op Hilux
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by African Child »

Ek het op die oomblik n 1.2m Howling Moon ( ek en die Blond like lepel le ) , maar het eers n 1.6m gehad wat ek ook op n sleepwa gebruik het. Die spasie van die 1.6m was fantasties............ :blushing:.... waar was ek nou??? O, ja! Die enigste probleem wat ek gehad het was dat omdat ek my tent op die canopy vassit, hy sover oor die cab gehang het dat die roofrack op die bakkie en die onderste twee aluminium strips van die tent aan mekaar geraak het met die beweging tussen die cab en die bak. Ek kon seker die tent nog gelig het maar dit sou vir my snaaks gelyk het aangesien die Howling Moon klaar n hoe tent is...ekstra windweerstand ens...

Soos ek onthou ( sonder die kamer onder ) was die 1.6m, 65kg en die 1.2m 45kg. Dis net ons twee so ek het verander na die 1.2m en die 1.6m saam met die sleepwa verkoop.

Ek hou van my tent moet kant toe wys en my ingang na die canopy oop. Dis maar n persoonlike smaak en in n mate word dit bepaal deur hoe die canopy se deur oopmaak. Party mense hou van as die tent oor die agterkant van hulle bakkie oopmaak want as die weer sleg is dan bied dit n bietjie beskutting teen die reen. Dit werk gewoonlik goed met n stasiewa soos n Pajero wat se agterdeur kant toe oopmaak.

Ek weet hoekom daai ekstra kamer so nuttig kan wees veral daar by julle met meer reenweer en dalk vir die kinders ens, maar hier verkies die tent sonder die kamer. Dit neem net nog ekstra moeite en tyd om op te slaan. Weereens hoe ek daaroor voel en wat vir my werk.

Die enigste ding wat pla is daai ligte seil oor die tent ( flysheat of so iets ) wat met dou en kondensasie help.... daai ding kan n helse geraas maak as die wind in die nag opkom! Ek haal hom gewoonlik af as ons in sterk wind kamp ( soos op die foto )
Attachments
DWARSBERG NAWEEK 19 JUNIE 2010 008 (Medium).jpg
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

Frikkie, ons het 'n 1.2 en 'n 1.4 en verkies by verre die 1.4, seker omdat ons al 'n paar jaar getroud is! (...oh gaats :o: , nou's ek innie moeilikheid.... :lol: :lol: :lol: )

Alls grappies op 'n stokkie, die beste is dat hy kant toe oopmaak. Jy moet net besluit watter een indien jy ook 'n awning wil opsit.

Nog 'n fout wat die RRT vervaardigers maak is die mattas, Se sommer vir hulle om 'n high density foam matras is te sit(van die begin af), en vir jou 'n krediet te gee vir die een wat saam met die tent kom! Die wat saam met die tent kom is sommer net 'n stuk spons en slaap nie lekker nie!

Sterkte met jou 'uitkit' van jou voertuig :thumbup:
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Dankie julle! Dit is altyd goed om ander se opinies te hoor en wat vir hulle werk.
Ek gaan vir die 1.4 en ek sal met hulle gesels oor daai mattras.

Soos julle mos weet hier by ons reen dit mos altyd en daai ekstra kamer is 'n goeie belegging. Die plan was om 'n foxwing awning op te sit want dan gee hy darem vir jou 'n afdak aan die agterkant van die bakkie ook. Maar daai pryse moet eers afkom dis 'n plaas se geld vir daai foxwing. (£600)

Oja ek het vir my 'n National Luna 50lt Weekender gekoop, op wat se tempratuur hardloop julle die yskaste (om die bier lekker koud the hou)
:lol:
Groete
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

Foxwing awning is baie nice, maar dit is wat ons hier ook betaal.... :problem:

So -1 tot -2 werk vir my biertjies :thumbup:
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Toerboer »

Hi Frikkie,

Die Howling Moon se ekstra tent onder wat ek 2 weke terug gekoop het het deure reg rondom.Die deur wat regoor die leer is het ook n lang seil wat met paaltjies kom wat as n afdakkie kan dien.

Wat ek ook gehoor het was dat as die RTT soos aan die kant oopmaak soos die foto van Leon,beweer hulle dat die tent meer stabiel is in die wind ,omdat die voertuig nie saam die tent kan wieg in die wind nie.Ek het nog nie so erg wind ge-ervaar om daarop kommentaar te lwer nie.

Lekker kamp.

Marius
User avatar
tersmit
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 564
Joined: Mon Aug 30, 2010 8:51 pm
Town: Durbanville Cape Town
Vehicle: '06 Hilux 4x4 4.0 Auto D/C, 185a/h Dual Battery Sistem, 1500w inverter
Real Name: Tertius

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by tersmit »

More Julle
Ek het 'n "ouer" Howling Moon RTT. My pa-hulle het die ding in 2000 gekoop en ek dink 2 keer gebruik. Nou het ek dit vir myself toe ge-eien, om op my nuwe Hilux te sit.
Ek het nou 'n vragie oor die tent.
Kan ek vir hom 'n extra kamer bytsit, aan die onderkant ?, ek kan nie nou onthou wat jy dit noem nie.
Hy het nie met die extra kamer gekom nie.

Groete
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Toerboer »

Tersmit,

Ek het die touret Stargazer,hy kom met die "extention ".Slegs die tourer en touter Stargazer kom met die ekstra kamer,waarvoor jy ook ekstra moet betaal.Die twee tente maak voorsiening vir die extention deurdat die tent verleng is en dit maak die extention mooi groot onder aan.

As jy die gewone tipe tent het,kan jy n extention onder aan sit,dit beteken net dat jy eers uit jou tent klim en dan kan jy in jou extention in gaan,waar met die tourer klim jy direk in die extention in.

Kyk op http://www.howlingmoon.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;.

Camp World bemark HM en jy moet maar deur hulle werk,ek het met HM kontak gemaak en hulle verwys my terug na Camp World toe.

As jy nie regkom nie,pm my ek weet van n paar mpy wat tente maak en kan dalk net die extention laat maak.

Sterkte met die projek.
User avatar
tersmit
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 564
Joined: Mon Aug 30, 2010 8:51 pm
Town: Durbanville Cape Town
Vehicle: '06 Hilux 4x4 4.0 Auto D/C, 185a/h Dual Battery Sistem, 1500w inverter
Real Name: Tertius

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by tersmit »

Baie Dankie Marius
Ja, ek het die Deluxe tent,
Ek gaan die week bietjie uitvind wat kos dit en hoe sit ek dit aan die tent vas.

Groete
Tertius
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Ek kan nou 'n 1.4 Tentco of 'n 1.4 Hannibal tent koop by 'n vriend vir die helfde van die prys van 'n nuwe Howling Moon. Ek hou van die HW maar hy is darem nou net te duur hier in die UK.

Wat dink julle, ek ken nie regtig een van die twee tente nie :?: :?: :?: Altwee kom met 'n aantrek kamer.

Besluite :!:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

Frikkie, dis goeie nuus :thumbup: Alby is goeie tente, ek sou seker vir die Tentco gaan.
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Nuwe Howling Moon Tourer met Annex £1900 :dash:

Daar is nou 3 opsies
1. Hannibal delux met aantrek kamer £850 (nie baie gebruik)
2. Tenco met aantrek kamer £850 (taamlik gebruik, goeie toestand)
3. Hawling Moon Tourer met annex £1400 (net vir shows gebruik)

Het dep neergesit vir die Howling Moon, maar sal moet finaal besluit die naweek :problem: :problem:
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by george »

Hannibal delux met aantrek kamer £850 (nie baie gebruik)
Ek sal vir hom gaan as hy 1,2x1,4 is
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

george wrote:
Hannibal delux met aantrek kamer £850 (nie baie gebruik)
Ek sal vir hom gaan as hy 1,2x1,4 is
George, jy bedoel seker 1.4 x 2.4?
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by george »

OOOOMS wrote:
george wrote:
Hannibal delux met aantrek kamer £850 (nie baie gebruik)
Ek sal vir hom gaan as hy 1,2x1,4 is
George, jy bedoel seker 1.4 x 2.4?
:D: :D: Jy is reg Mark anders gaan 'n ou 'n stywe rug he
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

george wrote:
OOOOMS wrote:
george wrote:
Hannibal delux met aantrek kamer £850 (nie baie gebruik)
Ek sal vir hom gaan as hy 1,2x1,4 is
George, jy bedoel seker 1.4 x 2.4?
:D: :D: Jy is reg Mark anders gaan 'n ou 'n stywe rug he
Of 'n vou die volgende more met 'n stywe gesiggie :mocking:
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Ek kan dalk Saterdag my Howling Moon tent gaan haal :yahoo: :yahoo: :yahoo: Vroeg opstaan 5 ure se ry tot in die noorde. :thumbdown:

Hulle gaan hom so opsit dat hy na agter oopmaak so dat ons lekker onder dak kan kos maak as dit dalk begin reen. :)
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Toerboer »

Fred79 wrote:Ek kan dalk Saterdag my Howling Moon tent gaan haal :yahoo: :yahoo: :yahoo: Vroeg opstaan 5 ure se ry tot in die noorde. :thumbdown:

Hulle gaan hom so opsit dat hy na agter oopmaak so dat ons lekker onder dak kan kos maak as dit dalk begin reen. :)

Baie geluk fred,ek dink jy het die regte besluit geneem.n Mens raak elke keer opgewonde as jy iets nuuts op jou voertuig aanbring.Met die weer daar by julle sal dit nice werk as die tent agter oopmaak.Dit help ook as mamma in die tent wil aantrek ens.Ons het Desember deur Botswana,Zim en Namibia getoer en dit was net n plesier met ons HM tent.Geniet jou nuwe tent. :thumbup: :thumbup:
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by george »

Hi Fred.
Gaan hy nie baie uitsteek oor die sykante as jy hom agter toe laat oopmaak nie. :?:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Hi George

Ja nee dis waarvoor ek ook bang is, dit gaan baie snaaks lyk. Dit moet maar doen vir nou, dit reen te veel hier by ons en ek het die afdak nodig. Ek sal hom maar afhaal en stoor in die winter.

Daai Hilux gaan lyk soos daai space ship op Strar Trek :lol: :lol: Ek sal more more finaal besluit.
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Ek het my tent at last :yahoo: :yahoo:

Ek kon hom nie so mount dat hy na agter oop maak nie want dan wil die kapie se klap nie oop maak nie wat eers nie vir my 'n probleem was nie want as die bakkie se klap oop is kan jy nog steeds by die laaie kom om goed uit te haal. Het amper so bietjie vergeet van die yskas, ek sal nie yskas kan uit slide as die kappie se klap nie heel oop gaan nie. Dit so gewerk het as ek een van daai ARB kappies gehad het

Ek het toe maar besluit om die tent na die kant te laat oop maak (regterkant) maar nou sit ek met 'n probleem, die roof rails op die kappie is maar kort en omtrent die helfde van die tent word nie support nie. Dit is nou net mooi die helfde waar ek moet lê en slaap (100kg) Ek het hier onder op die foto dit aan gedui met 'n rooi lyn.

Sal die tent se platform sterk genoeg wees?
Attachments
DSC02653.JPG
DSC02652.JPG
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

Frikkie, ek dink die platform sal sterk genoeg wees, maar daar gaan beslis baie stress na die agter venster se kant wees.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by ThysdJ »

Frik ek stem saam met Mark, die tent is sterk genoeg maar jy moet seker maak die mountings agter op die canopy sal nie uitskeur nie. Hy gaan bietjie opwaartse stress daar ervaar. Andersins is hy dood dollies net soos hy daar is... :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by Fred79 »

Ek het gister so bietjie die tent oop gemaak en skoon gemaak en sommer die storie lekker uitgekyk. Will nou nie met die eerste kamp my dood sukkel met die tent nie. Ons het so lekker sonskyn dag hier in Londen gehad dat ek moes net toe 'n stukkie boerewors braai en kyk hoe die bulls op hulle tuisveld verloor teen die stomers :yahoo: :yahoo: Sorry julle :lol: :lol:
Attachments
DSC02656.JPG
DSC02655.JPG
DSC02654.JPG
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Howling Moon Rooftop tent

Post by OOOOMS »

Lyk goed Frikkie, maar sal beter lyk in die veld :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Post Reply

Return to “Camping gear, Trailers and Other Non-electronic Gadgets”