Centre Diff-Lock

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
User avatar
Sakkie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 34
Joined: Wed Nov 07, 2007 1:44 pm
Town: Bloemfontein
Vehicle: Hilux 2.7 DC 4x2
Real Name: Jacques Swanepoel

Centre Diff-Lock

Post by Sakkie »

Jammer om 'n stupid vraag te vra, glo nie dit is al iewers in die forum aangespreek nie. Die manne by een van ons 4x4 winkels noem dat hulle 'n centre diff-lock in my 4x2 hilux kan insit om te help met die 4x4 ding. Ek kan nie sien hoe nie, en kan nie dink dat dit goed kan wees nie, maar ek het nie die kennis om daai ouens aan te vat nie. Ek sal in elk geval dit nie sonder 'n fight oorweeg nie. Is die ouens besig om my vir 'n gek te hou. Help asb.

Dankie
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Centre Diff-Lock

Post by BenHur »

Daai ouens is besig om jou poep te voer :wink:

Nie permanente 4x4 soos die gemiddelde bakkie word in 2wd gebruik op teer so net die agterwiele word dan aangedryf. Wanneer jy af van solide/geseelde oppervlaktes soos teer afgaan en op grond ry waar die traksie slegter is skakel jy dan die voertuig oor na 4x4.

Hierdie tipe voertuie het nie 'n centre diff nie en die voor en agter as werk saam. Maar soos wat jy ry wen die transfercase op as gevolg van rotasie snelhede tussen die voor en agter wiele as jy nie reguit ry nie, maar omdat jy nie op teer ry nie is dit maklik vir een van die aste se wiele om te spin en so van die "wind up" ontslae te raak.

Voertuie wat in 4x4 op teer ook gebruik kan word soos baie SUVs (permanente 4x4s) het nou 'n centre diff in om te keer dat daar "wind up" voorkom as die wiele nie kan spin om van die "wind up" ontslae te raak nie. Dis die enigste tiepe konfigurasie voertuig waar jy wel 'n centre difflock kan kry om te gebruik as jy af van teer afgaan.

Hoop dit maak sin vir jou. In ander woorde net luukse permanente 4x4s het centre diffs en kan center difflocks gebruik. Nie-permanente 4x4s se voor en agter aste is reeds gelock as hulle 4wd selekteer :idea: :idea: :wink: :wink:
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Centre Diff-Lock

Post by pietpetoors »

'n Centre diff-lock op 'n 4x2 :lol:
Is eintlik erger as wat Bennie noem. Jou 4x2 bakkie het niks wat die voorwiele aandryf nie. So daar is niks wat jy in die "centre" wil "lock" nie. Die ou het dalk bedoel hy wil vir jou 'n diif-lock op die agterste ewenaar insit, maar 'n centre diff-lock baie beslis nie. Die diff lock sal ook niks doen om 'n 4x2 te help met die 4x4 goed nie, hy sal maar net maak dat jou agterwiele nie so maklik spin as hulle in die lig is of in sand of los kilp is.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Sakkie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 34
Joined: Wed Nov 07, 2007 1:44 pm
Town: Bloemfontein
Vehicle: Hilux 2.7 DC 4x2
Real Name: Jacques Swanepoel

Re: Centre Diff-Lock

Post by Sakkie »

Dankie Bennie en Piet, ek het 'n gevoel gehad die ou vat my vir 'n ride, maar my tegniese kennis is maar min.
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”