2.7i Hilux to 3.0 Diesel conversion

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
Hiluxing Everyday
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed Dec 01, 2010 7:14 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: (2001) 2.7i Hilux 2x4
Real Name: Piet

2.7i Hilux to 3.0 Diesel conversion

Post by Hiluxing Everyday »

Hi Eks nuut in die hele afdeling en het onlangs skade gekry met my bakkie se enjin. Ek besit n 2.7i S/C hilux(3RZ enjin). Een van die oplossings wat ek na kyk is om n 2de handse 1KD-FTV diesel enjin in my 2.7i in te bou. Of dalk die 1kz-te.
My vrae behels:
1) Is die enjin mountings dieselfde as die 2.7i se mountings of maklik 'gemod' word om te pas?
2) Indien dit wel met een van die twee diesel enjins dieselfde is, wat sal nog anders moet vervang word?
3) Is dit n goeie opsie om van die 2.7i petrol oor te skakel na diesel toe? En na water diesel enjin moet n mens na kyk?
Enige hulp sal uitstekend wees aangesien ek nie weet nie en maar die hulp hier kom vra! :oops:

Dankie en hoop om gou terugvoering te kry
Groete Piet
User avatar
3RZ
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 725
Joined: Mon Jan 14, 2008 12:37 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2004 Legend 35 Hilux 2.7 DC 4x4
Real Name: Willem Grimsell

Re: 2.7i Hilux to 3.0 Diesel conversion

Post by 3RZ »

Heel eerste - baie welkom hier !

My persoonlike opinie - Dis nie onmoontlik nie maar ek dink dit gaan jou baie duurder uitwerk om die diesel in te sit. Dit hang seker maar af van hoe groot is jou beursie en hoeveel geduld het jy.

KZTE engine ogeveer R11000
Ratkas Ongeveer R5000
Engine management system en bedrading ?
Hoedruk elektriese dieselpomp ?
Al die ander odds and ends ?

1KD-FTV gaan jou seker R40000 plus kos net vir die enjin en as jy baie gelukkig is het dit 'n ratkas by dan nog al die ander klein goed soos dieselpomp, management system ens soos bo.

2.7 3RZ-FE enjins kan jy kry van R8000 tot R16000 afhangend van waar jy koop. Maar als is nog steeds tweede hands.

Die ratverhoudings van die huidige ratkas is nie reg vir die diesel nie en die ratkas op die kz en 1K se bolt patterns verskil maw die huidige rakas sal nie pas op die diesel enjin nie. Jy sal nuwe ratkas moet insit en dalk die diff ratio ook moet aanpas. Die revcounter sal verander moet word, jy sal die hoe druk dieselpomp moet insit en die diesel engine managament system. Op die KZ kan jy 'n meganiese dieselpomp opsit en dan wegkom sonder die engine management system en hoe druk elektriese dieselpomp.

En na als gaan jy nie jou geld terug kry as jy die voertuig verkoop nie. Hoeveel kilos het die 2.7 op en wat is fout ? Dit sal dalk die goedkoopste wees om hom te laat regmaak.
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”