Page 1 of 1

Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 6:33 am
by SONICAEUGENE
More julle.

Ek het n 2012 Toyota Hilux 3.0 D4D wat Automaties is, kan enige iemand my se in waste rat sleep mens n karavaan. Ek sleep n 2006 Jurgens Penta.

Eugene
072 559 0104
zueble@vodamail.co.za

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 6:45 am
by CasKru
Man... daar glo ek jy wys die bakkie se neus in 'n rigting en trap net die versneller. Hy sal self soek vir die regte rat ens.

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 8:49 am
by SONICAEUGENE
HAHAHAHAHA.

Dis glad nie snaaks nie, party mense se jy moet in drive sleep en ander se mens moet in 3/2/L sleep. Ek wil weet in watter een om te sleep om nie die gearbox seer te maak nie.

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 10:12 am
by Knuppel
Ja, as dit maar so maklik was om te sleep.

Dit werk vir so n rukkie maar dan raak die ratkas beitjie moeg.
gelyk pad saam met die wind dan sleep jy in drive.
as jy begin bult klim dan gooi hom een terug. Ek weet nie wat jou rat vehoudings is nie maar as mens sleep dan bly jy weg van die overdrive ratte af! behalwe op die gelyk stukke
Ook as jy bult klim en die ratkas begin hunt tussen ratte dan sit hom een terug en hou hom daar dat hy nie self na die volgende rat kan oorskakel nie tot dat die terein dit weer toelaat.

Jou karavaan begin in die swaar klas val, luister vir die ouens wat gereeld sleep met n outomatiese ratkas!

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 10:42 am
by SONICAEUGENE
Baie dankie vir jou terug voering.

Nie seker wat jy bedoel as jy se as mens bult opklim gooi hom een terug nie.

die gearbox wat ek het, het die volgende
D
D-3
2
L

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 11:41 am
by JamesC
L vir sleep

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 3:21 pm
by Mylux
Hi Eugene,
I've been towing a Penta for the last four or so years with my 4.0L V6 with auto box and I have to agree with what Marius says. On a long open flat road keeping the box in drive is fine.
The only irritating thing I've experienced is that she tend to hunt between drive and third so there are times when I manually change down to prevent the hunting. This does have quiet a negative effect on the fuel consumption, being a V6. I've never had any overheating of the gearbox, even up long uphills like Van Reenens.

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 5:55 pm
by Knuppel
Eugene, het jy dalk n photo, ek het nog nie so n shift pattern gesien met 2 D's nie
Maar basies moet hy nie in D wees as jy bult op sleep of teen die wind in ry nie.

As jy fyn gevoelig is hoe die ratkas ratte ruil dan sal jy voel dat as hy in drive ( top gear) in gaan, dan na n rukkie dan val die revs nog so 200 tot 300 rpm. Dit is wanneer jy lock-up kry. Dan gly die torque converter nie meer nie. Nou wat gebeur as jy sleep dan gaan hy baie maklik uit lock-up uit en dan word jou ratkas warm. Hitte is n auto box se dood!

As die olie oorverhit dan veloor hy smeer krag en die ander byvoegsels in die olie raak oog weg ! Dis dan wanneer die ratkas die gees gee!

Die moelikheid gebeur nie dadelik nie, dit neem geruimetyd voor die simptome begin wys. Maar dan is dit lankal te laat.

As jy reg ry dan is dit nie maklik om hom warm te ry nie. As jy baie sleep en jy wil jou ratkas spaar dan is dit wys om n eksterne olie koeler op te sit. Maar die bespreking vir n ander dag as jy belang stel.

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 7:48 pm
by SONICAEUGENE
Hi knuppel

Jammer man die gearbox selection wys die volgende

D-3
2
L

So basies as ek op oop gelyke pad sleep kan ek in D sleep en as ek bult uit dan sit ek hom oor na 3 toe?

Waarvoor is die 2 en L ?

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 8:52 pm
by Knuppel
Om dit maklik te maak n vergelyking met n hand rat
L = 1ste rat
2 = 2de rat
3 = 3de rat
D = 4de rat

Auto box gebruik D vir drive want as jy D kies dan doen hy die res sommer self.

Re: Karavaan sleep

Posted: Tue Apr 12, 2016 9:30 pm
by Johan Kriel
Ek dink nie dit maak rerig saak nie, as hy swaar kry sal hy terug skop, as hy te veel heen en weer skop word die olie warm wat nie goed dis nie, dan lock hom in n laer rat, soos byv met n swaar vrag of baie bulte ens, en gaan so af tot hy nie meer heer en weer skakel nie, en as jy by 1 uitkom, dan weet jy dis naby aan staan. :D:

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 9:06 am
by Knuppel
Johan, dit maak wel regtig baie saak. Ek praat uit n ervarings oogpunt uit en my antwoorde is nie uit n boek uit nie.

Swaar laai is een ding, sleep is heel anders. Ek het my eie ratkas self opgefoeter as gevolg van onkunde. Ek het self al die ratkaste gesien en geruik wat deur ander mense opgevoeter is. Almal deur onkunde AGV sleep.

First you have to be young and stupid to become old and wise!

Ek sleep self n Exclusive karavaan. Ek sal nie meer met n toyota Auto Box n karavaan sleep nie. Dis my eie besluit as gevolg van my ondervindings. Maar as jy die auto box reg hanteer dan sal hy jou nie sommer in die steek laat nie!

Re: Karavaan sleep

Posted: Wed Apr 13, 2016 9:48 pm
by Johan Kriel
Jy's reg, met geweld kan n man jou vinger in jou hol ook afbreek. :D:

Wat ek probeer se is dat die auto box reageer as hy swaar kry, en jy kan maklik leer om te verhoed dat hy te swaar kry. Met n manual kom jy dit dalk nie so maklik agter nie, en daarom dan is dit altyd veilig om maar in die direkte rat te sleep.

Ek het nog nie baie met die FJ gesleep nie, maar met die speed control byv moet jy dit in 4e lock anders skakel hy gedurrig op en af. Dit kan uiteraard ook nie goed wees nie!. En die feit dat hy dit doen vertel dat die krag te groot raak vir die 5e.

As jy nie die speed control gebruik nie kan jy self tot n groot mate bepaal dat hy nie rond soek nie, en skakel byvoorbaat maar self terug voor hy dit sal doen, dan verhoed jy dat die ratkas swaar kry. Jy leer gou waar sal hy wil terug skakel, en doen dit vroegtydig, dis mos min moeite.

Die selfde praktyk kan jy met n manual ook doen, net deur onderandere byv om die throttle response te toets as jy in 5e is, en 4e toe sit voordat die torque te groot raak in 5e.

Re: Karavaan sleep

Posted: Thu Apr 14, 2016 4:51 pm
by Knuppel
Ek hoor jou nou Johan, stem 100% saam :thumbup: