Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

Ek moet amper bande op my Hilux vervang en het gewonder wat die hoogste bande is wat ek op kan sit.

Iemand het vir my gese 31x10.5x15 gaan skuur voor as ek skerp draai, anders moet ek eers die bakkie laat lig, of die torsion bar laat opdraai.
Ek sal definitief daarvan hou as die bakkie 'n bietjie hoer is, maar het nie regtig nou geld om sulke goed aan te pak nie.
Kry mens bande wat 31" hoog is maar miskien net 9.5" breed is? :?:
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Piesang »

Rudi het jy die selfde shape bakkie as ek, mynne is 'n 99, het nog altyd gedink 3000d het eers in 99 uitgekom.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

Pieter

Ja my bakkie lyk net soos joune, behalwe myne is natuurlik 2x4. Die registrasie pappiere se 10/98, ek dink hulle het aan die einde van 98 uitgekom.

Ek is nou net nie seker of daar 'n hoogte verskil is tussen die 4x4 en 2x4 nie. Ek sou graag 'n bietjie hoer bande wou opsit om hom so bietjie meer attitude te gee, ek weet dis nie 'n 4x4 nie, maar ek hou nogsteeds daarvan. Mense het al vir my gese 31x10.5x15's gaan voor skuur en dan moet ek die bakkie bietjie lig. Ek het die bakkie laas week gekoop en my sak is nou plat, so om die bakkie bietjie te lig is definitief nou buite my bereik. Blykbaar is die torsion bar opdraai ook 'n opsie, maar ek reken dit mag dalk nie so goeie idee wees nie.
2007 Nissan 1400 pickup

Ex - 1994 Suzuki Samurai
Ex - 1999 Prado VX 3.4 V6 AT
Ex - 1998 Hilux 3000D D/C 4x2 RB Raider
Looking for a 4x4 D/C IFS.
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Piesang »

Rudi ek dink dat die onderstelle, afgesien van 4 trek of nie, is die selfde is as dit kom by die tortions en arms.

Ek het my bakkie gekoop met 31" Coopers op en het toe die tortions laat stel en dit maak die bakkie harder op die pad.

Kyk gerus na die link viewtopic.php?f=7&t=4656 jy sal sien ek het so stel vir die balljoints gekoop en ingesit.

Baie beslis die moeite werd.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

Pieter is die foto van jou Hilux voor of na hy gelig is?

Ek moet se hy lyk mooi.
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Piesang »

Rudi die foto wat op my kenteken is is na ek hom gelig het. Met die toursions se opstel was hy net so hoog, maar het baie gestamp. Met die insit van die balljoint spacers het ek die hoogte behou en weer die sagte ry terug ge kry.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

Pieter jou Hilux se hoogte is omtrent wat ek in gedagte gehad het, dit lyk goed vir my.

Daar sal natuurlik so bietjie van 'n verskil wees met 30x9.5x15 bande op. Aan die ander kant weet ek ook nie so mooi nie, ek was so paar dae terug by Tiger Wheels en het na die verskil gaan kyk tussen 30x9.5 en 31x10.5 en die totale hoogte verskil is redelik min, as ek nou moet skat is dit seker so half duim.

Ek sal nou maar so bietjie gaan dink oor presies wat ek wil doen, en hoeveel ek graag sal wil spandeer. Die ding wat ek die hele tyd vir myself se is dat Rome nie in een dag gebou was nie, maar dit maak dit nie makliker nie.
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Piesang »

Die ding wat ek die hele tyd vir myself se is dat Rome nie in een dag gebou was nie,
Ja ek het my bakkie nou al 4 jaar en dit kom so met 'n tyd wat 'n ou die goed aan hulle doen.
Ek wil nou kyk en sy agter vere lig en as ek kyk hoe hul nou lyk sal ek hul met nuwes moet vervang.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

Pieter my lys van prioriteite het nou so bietjie verander, heel bo aan my lys is my crank pulley wat of reggemaak moet word, of ek moet nou maar 'n nuwe een koop.

Ek dink as ek nuwe bande koop vir die bakkie dan gaan ek maar die gewone 245x75x15 opsit. Iemand het my gister vertel van hoe die groot bande (31x10.5x15) 'n verskil aan sy spoed en ratverhoudings gemaak het, en hy ry 'n Pajero met Toyota 3000 Turbo motor. So ek is nie so seker hoe dit op my donkie gaan werk nie, miskien begin hy agteruit ry :lol: Miskien sal ek eendag iemand raakloop met dieselfde Hilux as ek met sulke groot bande op en maar by hulle uitvind hoe hulle dit vind. Intussen sal ek maar begin spaar vir een van daai kits wat jy ingesit het om hom te lig, dit behoort seker nie stupid te lyk met daai 245x75x15 nie.
2007 Nissan 1400 pickup

Ex - 1994 Suzuki Samurai
Ex - 1999 Prado VX 3.4 V6 AT
Ex - 1998 Hilux 3000D D/C 4x2 RB Raider
Looking for a 4x4 D/C IFS.
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5269
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Thabogrobler »

245 en 30' is vir alle praktiese doeleindes dieselfde grootte.

31' en 265 loop weer saam. En jy wil verseker NIE die grotes op jou trokkie he nie - daar is 'n hele klompie perde te min om sulke groot nommers te draai. Jy gaan baie spyt wees!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Niel »

Ek het 30" en 31" en met die 30' is die bakkie baie meer responsive en ligter op brandstof (1km/l)
Rudi_C
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 33
Joined: Sun Jun 21, 2009 10:56 am
Town: Pretoria
Vehicle: 99 Prado 3.4l V6 AT
Real Name: Rudi
Contact:

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Rudi_C »

My oorsproklike idee was om bietjie hoogte te kry met nuwe bande.

Die idee het nou finaal my kop verlaat. Dis nou bevestig dat ek nie hoer gaan gaan met bande nie, maar after all so klein lift kit sal moet insit om hom bietjie hoer te kry.

Dankie vir al die hulp en die goeie advies, ek is tog te dankbaar vir die forum en al die ervare mense wat hier uithang.
2007 Nissan 1400 pickup

Ex - 1994 Suzuki Samurai
Ex - 1999 Prado VX 3.4 V6 AT
Ex - 1998 Hilux 3000D D/C 4x2 RB Raider
Looking for a 4x4 D/C IFS.
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Bande vir 98 Hilux 3000D 2x4 D/C

Post by Piesang »

Jou bakkie lyk nog baie goed.

Ek het self verlede week nuwe bande opgesit. Ek het die bakkie gekoop met 31" bande, maar het by standaard 245's gebly (Firestone Destinations gekry teen R1150). My 2.7i het wel die krag vir die 31's, moes maar lig met die voet wees as ek weg trek anders grou hy op die teer. Ek het 'n stel ou 31's wat by die huis lê wat ek op my sleepwa se rims gaan sit en as ek dan wil berg toe gaan, gaan ek dit op die bakkie sit.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”