Page 1 of 1

Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansit

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:18 am
by Jaco Mulder
Môre manne,

Ek hoop julle kan my help. EK het ’n 2011 Toyota Hilux 3.0 d4d 4x4 gekoop so 3 weke terug met 58000km op.
Sy warranty verval die 20 Des 2013.
As ek die Ignition aansluit dan kry ek ’n geluid onder die bakkie, amper soos ’n pomp of iets wat nie lekker wil draai nie.
Het iemand al ooit so probleem teen gekom of maak alles hilux bakkies so of dink julle ek moet hom gaan inboek dat hulle kyk?

Groete
Jaco

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:28 am
by Hilux 1
terwyl sy onder warranty is laat hulle liewer krap

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:32 am
by Hoppy
Het jy nie dalk per ongeluk oor jou skoonma gery nie?

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:45 am
by CasKru
Weet nou nie heeltemal hoe werk die diesels nie maar met die petrol engines prime die petrol pomp as jy die ignition aan sit so dit kan dalk so wees met diesels ook. As dit die geval is kan dit wees dat die pomp oppad uit is

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 12:42 pm
by Mars67
Kry 'n blikkie doom en spuit hom goed daar onder waar jy die geluidjie hoor. Ek het op my 3.0 D4D maar dit het nie gehelp nie! :) Hulle maak almal so. Jy kan hom hoor as jy die bakkie aansluit (nie start nie). As jy hom afskakel dan hoor jy hom nog vir 'n rukkie loop en dan verander die klankie effens en dan sit hy af. Toe ek my bakkie nuut in ontvangs neem by die handelaar het ek hulle gevra of hy so moet maak. Hy moet.

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 1:45 pm
by Jaco Mulder
Dankie manne. Veilig wees oor die kerstyd en lekker rus vir die van julle wat weg gaan.

Re: Snaakse geluid onder die bakkie as ek die ignition aansi

Posted: Tue Dec 10, 2013 1:59 pm
by Hoppy
Dis die actuator op die turbo wat julle hoor, heeltemal normaal