SFA Ewenaar probleme

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Leeuplesier

SFA Ewenaar probleme

Post by Leeuplesier »

Ek is nou raadop en glo my dis ligtelik gestel. Vandat ek die OME suspensie ingesit het moet ek so om en by elke 3000km die universals op die propshaft vervang op aanbeveling van propshaft centre's. Die centre carrier bearing is ook intussen al twee keer vervang. Ek het wel agter gekom dat daar n speling op die diff was en is aanbeveel om die diff te laat oordoen en die crown wheel en pinion te vervang. Soos aanbeveel het ek dit laat doen. Met ons Botswana trip in Augustus het die diff begin te raas so 80km voor Ellisras. Vat die bekkie in na n prop en Dif centre toe net om weer te hoor dat die universals gaar is en vervang moes word. Ook is alles onder en agter die bakkie besmeer met olie soos wat die voorste seel op die pinion lek. Seel vervang en prop gedoen maar die geraas het net erger geword en moes ek in Maun by Toyota aanklop om te kyk wat fout is. Die bearings op die center portion was totaal beskadig en een van die bearings se outer casing was gebreek gewees. Die interne koperpyp van die difflock was ook nie reg ingesit nie en is heeltemal deurgeskuur. Ek kry toe n kompleet centre portion by so n klein winkeltjie maar die ratio is nie dieselfde nie. So 4x4 is uit aangesien ek die transfer case sal beskadig. Maar ek het nie veel van n keuse gehad nie. Nietemin, met n nuwe diff en 4x2 sal ek immers nie problem hê om verder te kon ry nie. Van Maun is ons noord en laaste stop was by Chobe voor ons weer suid gedraai het Elephant Sands toe. By Elephant Sands kom ek agter die nuwe dif lek weer erg op die voorste seel. Gelukkig was daar nog nie n geraas nie. Ek het maar n paar bottels olie gekoop en maar gereeld opgetop tot ons weer in Sasolburg aankom. Ek wil graag die issue heeltemal uitsorteer. Ek het my vertroue in die Suid Afrikaans werktuigkundiges heeltemal verloor en met die dat ek nie in SA is nie wil ek ook nie my hele verlof spandeer net om maintenance te doen nie. Dit kos my elke keer n klomp geld en dit vir niks. Dit lyk of her immers meer hands on kundiges op die forum is as die geld wolwe daar buite.

Die problem wat ek laas jaar gehad het wat my seker 50keer op die trip laat staan het, het ons per toeval die jaar gekry. Dit was toe die heeltyd n relay gewees wat krag na die petrolpomp moet verskaf wat n swak kontakpunt het... 5 petrolpompe verder op aanbeveeling van die geldwolwe....?
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: SFA Ewenaar probleme

Post by The Legend »

Stephan die feit dat jy al soveel kere universals vervang het se vir my iets is nie reg nie. Deur die universals elke keer te vervang los jy nie die probleem op nie. Die oorsaak hoekom die universals nie hou nie moet vas gestel word..

Hoekom het jy nou die probleem nadat jy die suspensie met OME vervang het? n Nuwe olieseel op n diff behoort ook nie so gou te gaan nie. Jy moet jou bakkie kry by iemand wat die SFA behoorlik ken. Louis van 4X4 Megaworld Menlyn is so n man. Hy is ook n lid van die klub en sal al jou probleme in n japtrap vir jou uitsortteer.Louis is n spesialis op OME suspensies.As jou OME suspensie nie reg is nie is Louis die man om jou te help.

Hy het al menige lede se SFA bakkie probleme vir hulle uitgesortteer. Glo my hy weet wat hy doen.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
LouisZ
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2175
Joined: Tue Feb 05, 2008 1:51 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux D/C 1996
Real Name: Louis
Location: Pretoria, Centurion

Re: SFA Ewenaar probleme

Post by LouisZ »

Suspensie sal nie soseer die enigste rede wees dat die universals en propshaft centre bearing gaan nie.

Ome laat net toe om binne spesifikasie die voertuig te lig met 50mm wat nie hoeke van die propshaft sal beinvloed nie. Net bietjie agtergrond.

Nou, is daar spacer blokke tussen die vere en as? Dit kan die spesifikasie uitgooi. Eers bepaal of die Hilux hoer is as gewoonlik. As daar is sal mens die centre bearing kan laer space om die hoek reg te kry, soseer kan mens wel n caster wedge ook gebruik op die agter as om die diff se voorpunt op te lig.

Dan glo ek dat universals so vinnig kan gaan nie behalwe as swak kwaliteit gebruik is of nie reg aanmekaar gesit is nie. Kry swaar diens universals, vra vir die regte grootte ook. Die pinion seel se klaar vir my dat die diff nie reg aanmekaar gesit is nie. Diff sal van voor af gebou moet word, dis net nogals baie geld om uit te gee vir 'n 2de keer.

Raad is maar om die Toyota se centre bearing te kry. Dan ook om die yoke op die propshafts ook weer reg te kry. Mens moet die prop balanseer en reg installeer op die voertuig.

Vra as daar vrae is.
Leeuplesier

Re: SFA Ewenaar probleme

Post by Leeuplesier »

Baie dankie Dawie en Louis. Ek vlieg weer Desember af SA toe en sal by Louis n draai maak. Dis nou of reg of weg.
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: SFA Ewenaar probleme

Post by Stef »

Self OME op en het nie sulke probleme nie...
Post Reply

Return to “The Workshop”