Page 1 of 1

Clips by dashboard

Posted: Thu May 24, 2018 5:19 am
by Dowe Koos
Dagsê mense.
Ek het daardie deel waar die asbakkie sit met die houer waar mens allerhande goed kan insit uitgehaal om die radio uit te haal, afgehaal. Dit het sulke geel clips in. Nou met die terugsit wil dit nie vasbly nie, wat doen 'n mens nou, doen ek dit verkeerd of is daar 'n spesifieke manier om dit te doen.
Groot dankie.

Re: Clips by dashboard

Posted: Thu May 24, 2018 8:08 am
by Rigger
Maak seker die geel clips sit lekker vas aan die gedeelte wat jy afgehaal het. Dan druk jy net dit in die gate in tot dit click. Moet nie die geel clips in hulle gate in die dashboard sit en dan die gedeelte wat jy afgehaal in in dit probeer druk nie. Jy sal die clips deur die gat druk en dan val hulle agter in die dash in.

Re: Clips by dashboard

Posted: Thu May 24, 2018 10:52 am
by Dowe Koos
Het dit so gedoen maar wil nie vassit nie.

Re: Clips by dashboard

Posted: Fri May 25, 2018 6:59 am
by Bliksempie
Hennie, as hulle stukkend is kan jy by Autozone Wonderboom (Daar by Meat World naby Makro) gaan kyk hulle het klomp snaakse clips en goed teen hulle een muur (As jy instap, Regs agter).

Re: Clips by dashboard

Posted: Fri May 25, 2018 12:30 pm
by Dowe Koos
Dankie Robbie, sal vanmiddag draai maak daar.