Page 1 of 1

2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Mon Dec 03, 2018 7:18 am
by sakkie4x4
Môre almal.
Miskien kan iemand my help. My diesel guage het my gister op die snelweg in die steek gelaat deur dat dit aandui dat ek nog n kwart tekn diesel het en die range is 107km. Maar nie te wel het ons gestrand gestaan langs die snelweg. Na kopkrap het ek agtergekom dat die diesel klaar geraak het :slap:
Kennisse van my sê dat ek die cluster sal moet vervang. Ek het die batterye los gemaak om sodoende die rekenaar te "reset" maar ek sien dat dit steeds dieslfde aandui. Enige raak of advies? En nee ek het nie dat die Amarok wat hulp aangebied het toegelaat dat hy my sleep nie. :laugh2:

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Mon Dec 03, 2018 1:28 pm
by ThysdJ
Hierdie probleem steek nou al hoe meer kop uit. Ek weet van heelwat (meer as 10) mense wat dit nou al oorgekom het.

Toyota reken jy moet die hele instrumente cluster vervang vir ongeveer R4500.. En dan n addisionele R2500 as jy die km lesing reg wil stel tot op jou bakkie se oorspronklike km's.

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Mon Dec 03, 2018 3:51 pm
by Mud Dog
Hau !! :blink:

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Tue Dec 04, 2018 6:17 am
by Mars
Soek bietjie rond. Daar was 'n ou wat geadverteer het dat hy die instrument paneel regmaak vir 'n fraksie van die koste. Was op een van die besprekings oor hierdie onderwerp.

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Tue Dec 04, 2018 9:09 am
by sakkie4x4
Ek het sopas met Gerrit van VR2 instruments(012 323 6586) gesels. Hulle kan die problem met die cluster oplos vanaf n skrale R 1725.00, indien dit net die algemene fout is. Drive in of koerier die cluster vir 'n volledige kwotasie.
Dit klink elk geval beter as die R 4000 plus wat Toyota vra net vir die cluster.
Hoop dit help

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Tue Dec 04, 2018 10:07 pm
by Mars
Ek hoop hulle sorteer jou mooi uit!

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction- uitgesorteer

Posted: Mon Feb 18, 2019 4:55 pm
by sakkie4x4
Manne probeer gerus VR2 instruments by 341 Behrens Straat Capital Park Pretoria. My cluster is uitgesorteer binne 25 minute van aankoms teen 'n fraksie van die prys van 'n nuwe een. Met my bestaande kilometre lesing op is my brandstof verbruik nou in die kol.

Baie dankie aan Gerrit se manne

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Tue Feb 19, 2019 3:45 am
by Mud Dog
:thumbup:

Re: 2011 3.0 D4D Diesel guage malfunction

Posted: Tue Feb 19, 2019 6:39 am
by Mars
Dankie vir die terugvoer. Goed om te weet.