Tire pressures

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
vastrap
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Wed Mar 18, 2009 1:42 pm
Town: Polokwane
Vehicle: 2002 Mitsubishi Colt V8
Real Name: Jan

Tire pressures

Post by vastrap »

Hallo almal

Ek moet 80km slegte grondpad ry voordat ek by die teerpad kom dus blaas ek die hilux se wiele af tot so 180 om te help vir die stamp en die sand kolle. Die spesifikasie is 210 as jy leeg ry en volgens die slim manne moet jy nie verder as 1km ry voordat jy die bande tot op die regte druk bring nie. Teen die tyd dat ek by die dorp kom is die banddruk 230. Moet ek nog pomp en indien wel hoe hard? Die selfde geld as ek terug keer; ek begin op 210 ry 400km teerpad en wil dan afblaas vir die grondpad maar die bande is nou warm en 240, tot waar blaas ek af?
Wat dink julle
legend35
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2075
Joined: Sat Jan 19, 2008 4:23 pm
Town: Springs
Vehicle: Hilux 2700i
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC262
Location: Selection Park

Re: Tire pressures

Post by legend35 »

Hallo Jan.AS ek jou reg verstaan.Ek sal weer die bande afblaas na 180kpa toe ,want dit behoord nie af te koel solank jy ry nie.As jy begin voeldat padhou vermoe verlore gaan dan moet jy dalk net aftrek en weer die bandruk nagaan.
2004 Hilux 2700i 4x4 Legend 35
ImageImageImageImage
Cowley branch and freeflow,long range tank,dual battery system,home made front and rear bumpers.
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Tire pressures

Post by CasKru »

So ver ek weet moet mens eintlik net jou bande se druk toets / verander terwyl die band warm is
To God be the glory
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Tire pressures

Post by pietpetoors »

Soos ek jou beskrywing verstaan, as jy dit op die plaas afblaas na 180 en dit is 210 as jy op die teerpad is los dit dan op 210.
As jy van die dorp kom en jy kom by die gronpad blaas dit af na 180 MAAR onthou more oggend as hy koud is gaan hy net 150 of 160 wees dan moet jy hom weer pomp.

Die druk wat jy meet is die druk van die lug binne-in die band by daardie temperatuur.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Johann Van Der Walt
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Tue Dec 08, 2009 4:35 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux KZ-TE 3.0l
Real Name: Johann

Re: Tire pressures

Post by Johann Van Der Walt »

Die basiese beginsel is dat jy jou bandruk moet meet en verstel na die aanbevole bandruk wanneer die bande koud is, maw. in die oggend voordat jy begin ry.
Wanneer jy jou bande afblaas vir die grondpad na 180 en begin teerpad ry klink dit vir my dat jou bandruk verhoog? Het jy nie baie slytasie op jou bande op die teerpad teen 180 kPa nie?
Om jou die moeite te spaar van afblaas en oppomp moet jy miskien 'n werkbare gemiddelde druk vasstel vir grond en teer en daarby hou! Kies ook volgens die afstand teer en afstand grond, pas aan tussen 210 en 180 nader aan die wat die groter afstand is.
Sterkte
vastrap
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Wed Mar 18, 2009 1:42 pm
Town: Polokwane
Vehicle: 2002 Mitsubishi Colt V8
Real Name: Jan

Re: Tire pressures

Post by vastrap »

Dankie vir die belangstelling tot so ver hier kom die tegniese deel.
Om op te som as ek die bande 180 pomp koud voor die grondpad is hulle 230 as ek by die teer kom en hulle is warm, pomp ek hulle 210 voor die grondpad is hulle ook 230 as ek by die teer kom, maw hulle is nie so warm soos wanneer ek by 180 begin nie maar my rit was baie stamperig en die bakkie hardloop die pad vol in die sandkolle en oor die middelmannetjies. As ek op 180 begin is die druk dus dieselfde teen die tyd dat ek op die teer kom maar daar is minder lug in die bande as wanneer ek by 210 begin.

Nou, ek begin by 180 en los die druk op 230 as ek by die teer kom. As die bande afkoel terwyl ek teerpad ry, (teer het minder wrywing as grondpad, kyk maar wat doen grondpad aan jou km wat jy kry op 'n band) wat gaan die druk wees as ek by my bestemming 400km later kom? Ek dink nie ek moet daarop staatmaak dat die band weer sal warmer word as hy te pap raak en sodoende die druk weer laat styg nie.
As ek egter by die teer die warm band se druk verhoog na 250 (180 plus 20 en ek laat 10 toe vir die feit dat ek koue lug inpomp) dan sal die druk more oggend as hulle afgekoel het teoreties 210 wees, maar ek moes 'n stuk op te harde bande ry.
Wat dink julle nou?
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Tire pressures

Post by ThysdJ »

Trein A verlaat Bloemfontein stasie om presies 10H00 en reis in 'n suidelike rigting teen 45km/h. Trein B verlaat De Aar stasie 10H15 en reis in 'n noordelike rigting teen 95km/h. Hoe styf moet trein A se bande gepomp wees om nie te stamperig te ry oor die level crossings nie?

My vraag is moeiliker as joune... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
vastrap
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Wed Mar 18, 2009 1:42 pm
Town: Polokwane
Vehicle: 2002 Mitsubishi Colt V8
Real Name: Jan

Re: Tire pressures

Post by vastrap »

Ja, ja

Ek het gewonder hoe lank dit sal vat voordat ek 'n intelegente antwoord by iemand kry, volpunte vir die Brackenvellers. Ek hoop die grys stoffies is nou los en opgewarm vir die kers geskenke stormloop.
Groetnis tot volgende jaar.
Post Reply

Return to “The Workshop”