Ek het onlangs so klein mishap gehad waarin my remlig-lens erg beskadig is en moed plan maak om te vervang.
Nader to die Stealers en hulle kwoteer vir die lens alleen R480 (ex VAT) en kompleet remlig R970 (ex VAT). Dis beitjie rof na my smaak aangesien net die lens, 'n eenvoudige stukkie plastiek, onmoontlik so duur kon wees.
Ek krap toe so bietjie rond en vind to One Tonner Bakkie Spares in Boksburg waar ek ALBEI (links en regs) KOMPLEET remlig eenhede vir R500 (CASH only) kry. Dis nou wel van die Sem Ting (Same Thing) fabriek in China, maar dit pas perfek.
Al wat oom Sem Ting nie reg gehad het nie, is die wiring en my ligte het bietjie snaaks gewerk. Oplossing was eenvoudig om die oorspronklike housing met die nuwe lense te fit en voila, daar werk dit perfek.
One Tonner Bakkie Spares het ook allerhande ander goodies van bakkies wat hulle strip, so die ouens wat tailgates, fender etc soek kan hulle gerus ook probeer.
Sem Ting Spares
- CasKru
- Moderator
- Posts: 23956
- Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
- Town: Benoni
- Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
- Real Name: Cassie
- Club VHF Licence: B15
- Location: Rynfield
Re: Sem Ting Spares
Ek sal sê daai is net 'n tydelike oplossing. Die Tjonkie produkte se lense verkleur in die sonlig. So na 'n jaar of wat raak daai lense al hoe witter en witter.
To God be the glory