Page 1 of 1

Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 5:57 am
by Team Meyer
Hi manne en mannine.
Klink my ek behoort my trok terug te kry einde januarie of vroeg in febuarie.
Hier is nou waar ek raad soek.Ek kan nie nou n duddle cab koop nie en het n bambimo wat haar opwagting junie julie gaan maak. Hoe gaan ek n baba stoeltjie mount in n Extra cab hilux??
Het in my vrou se neef se extra cab gesien die vorrige eienaar het sitplek gordels in gesit, maar hy weet ook nie waar die persoon dit laat doen het nie.
Hoor graag van julle.
Dankie

Sent from my SM-T211 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:27 am
by CasKru
Jy kan die kar stoeltjie vir eers oordentlik met tie down straps vas maak. Die stoeltjies kom mos met hulle eie sitplekgordels.

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 7:19 am
by Masekind
+1

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:49 am
by dantjie
Hallo Wilhelm baie geluk op die bambino :celebrate: ons het ook een. as jy nog nie n pram gekoop het nie sal ek jou groot aanbefeel om te kyk na die bebecomfort reeks baie veilig duitse maak en die kar stoeltjie kom met n base seksie soo jy kan hom monteer in die bakkie en die baba stoeltjie druk net in hom en clip weer uit. ons het die ELEA reeks gekoop baie nice pram en al die attachments. hier is n pic van wat ons het. Hoop jy kom reg. :dance1:

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 12:17 pm
by Team Meyer
Dankie Dantjie.
Wat het die hele storie jou gekos.Want ek het amper op my rug geval toe ek sien wat stootwaentjies kos.

Sent from my SM-T211 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 2:03 pm
by dantjie
dit was nie goedkoop nie die pryse het die begin van die jaar opgegaan op die produk hulle is bietjie duur maar baie veilig jy kan die goed als apart koop (stuk vir stuk) soos jy geld het maar als een keer kan jy reg maak vir R10 000 weet dit is baie maar jy kan kyk op gumtree vir een ook. as jy daai kant toe wil beweeg. Hoop jy kom reg.

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 4:35 pm
by Team Meyer
Eish.dankie

Sent from my SM-T211 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 4:51 pm
by Hangover
Dis nou goed ek lees die storie raak! Ons eerste een kom einde augustus en ekt ook die xtra cab probleempie...

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 4:55 pm
by dantjie
Nou weet ek dat n extra cab Twee agter kan inpas gemaklik. :lmao:

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:25 pm
by Team Meyer
Ek speel met die idee om die stoeltjie dwars op die agterste "bankie" agter die bestuurder se sitplek.so dat mamma n oogie kan gooi terwul ons ry

Sent from my SM-T211 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:37 pm
by Oupa Stig
Dink maar mooi oor die dwars storie, Wilhelm.
jy sit juis die kinners in stoeltjies om hul te beskerm. Dwars, geen nek beskerming nie.
Klein babas moet in elk geval agtertoe kyk, en daai omgedraaide stoeltjie vat baaaaaie plek. Jy gaan my nou nie glo nie, maar gaan kyk self: as ek Mia (7maande) se stoeltjie agterstevoor insit in die Tazz se agter sitplek moet die voorste sitplek amper tot heel voor geskuif word vir die dêm stoel om te pas. As hul ouer word en nekkies sterker word (nie seker van waneer hul sê dis veilig nie, dan kan die stoeltjie voorentoe kyk. So van ouderdom 2 af kan hul seker dwars sit... Maar dink maar mooi, anders kan jy maar net sowel dat vroulief vir kjenner om haar skoot vashou...
Jy sit mos jou nasaat in die stoel om hom of haar te beskerm, moet dit nie dan opvoeter deur die kind nie veilig te positioneer nie.

Re: Soek raad.

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:04 pm
by Thabogrobler
Soek vir Frederick hier op die Forum - hy het deur die hele dril gegaan met sy Extra cab, baba stoeltjies en bankies.

Hy is nou op vakansie maar PM hom. Ek dink hy het al die details hier geplaas.

Re: Soek raad.

Posted: Tue Jan 14, 2014 12:25 am
by Thabogrobler
Dis wat jy soek: viewtopic.php?f=94&t=27877&hilit=baba" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Soek raad.

Posted: Tue Jan 14, 2014 6:13 am
by CasKru
Oupa Stig wrote:Dink maar mooi oor die dwars storie, Wilhelm.
jy sit juis die kinners in stoeltjies om hul te beskerm. Dwars, geen nek beskerming nie.
Klein babas moet in elk geval agtertoe kyk, en daai omgedraaide stoeltjie vat baaaaaie plek. Jy gaan my nou nie glo nie, maar gaan kyk self: as ek Mia (7maande) se stoeltjie agterstevoor insit in die Tazz se agter sitplek moet die voorste sitplek amper tot heel voor geskuif word vir die dêm stoel om te pas. As hul ouer word en nekkies sterker word (nie seker van waneer hul sê dis veilig nie, dan kan die stoeltjie voorentoe kyk. So van ouderdom 2 af kan hul seker dwars sit... Maar dink maar mooi, anders kan jy maar net sowel dat vroulief vir kjenner om haar skoot vashou...
Jy sit mos jou nasaat in die stoel om hom of haar te beskerm, moet dit nie dan opvoeter deur die kind nie veilig te positioneer nie.
Verseker... eerste 6 maande at least moet daai stoeltjie agtertoe kyk. As die bakkie se airbags kan afsit kan jy mamma maak agter sit met baba stoeltjie op voor sitplek.

Re: Soek raad.

Posted: Tue Jan 14, 2014 6:29 am
by JamesC
welcome to the world of double cabs...as you get older you will realise why they are so popular...

Re: Soek raad.

Posted: Mon May 19, 2014 6:31 pm
by Team Meyer
[attachment=-1]uploadfromtaptalk1400517058234.jpg[/attachment][attachment=-1]uploadfromtaptalk1400517072951.jpg[/attachment][attachment=-1]uploadfromtaptalk1400517089755.jpg[/attachment]

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon May 19, 2014 6:32 pm
by Team Meyer
Nou kan meisiekind saam met pa in sy Hilux ry.

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: Soek raad.

Posted: Mon May 19, 2014 7:12 pm
by Riaan99
Myne is ook opad, nie gedink ek gaan iets van babas leer op hierdie forum nie :laugh2:

Re: Soek raad.

Posted: Mon May 19, 2014 7:46 pm
by Team Meyer
Jy sal verbaas wees.

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk