Page 1 of 1

Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 8:36 pm
by Traveler
My swaer het vir my 'n Warn (XD9000) wenas gegee vanmiddag.

Maar ek dink hy het 'n service nodig, want hy het oa. nie meer die remote kabel nie. Waar kan ek so kabel kry, en waar kan ek die winch laat diens??

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 8:43 pm
by OOOOMS
Vervang sommed daai staal kabel met die 'synthetic tipe' baie ligter en makliker om mee te werk. http://www.4x4wire.com/reviews/oro_xline02/" onclick="window.open(this.href);return false;

Die agente vir Warn is in City Deep Jhb, hulle het 'n special op dienste vir R500 tot die einde Mei!

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 8:54 pm
by Traveler
Thanks Mark.
Wat kos daardie sintetiese "kabel" mens? Ek het ook gedink ek moet daardie vervanging doen.

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 8:57 pm
by OOOOMS
Hier is die agente vir Warn: Cr Hauer Road en Merino Ave, City Deep
S26 13.755
E28 05.466 naby Karan Beef (pop in there at their butchery and get some rib-eye steak....yummy)

Ek dink daai toue kos so R900.00

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 9:03 pm
by Traveler
OOOOMS wrote:Hier is die agente vir Warn: Cr Hauer Road en Merino Ave, City Deep
S26 13.755
E28 05.466 naby Karan Beef (pop in there at their butchery and get some rib-eye steak....yummy)

Ek dink daai toue kos so R900.00
Dis gladnie so sleg nie. Sal ek dit daar by Warn se agente kan aanskaf?

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 9:07 pm
by OOOOMS
Ek's seker hulle sal dit vir jou sommer kan doen, en seker heelwat goedkoper. Ek moet juis al OOOODS se winch afhaal en ook invat vir 'n diens maar kry nie die lus om die bumper af te haal nie..... :roll: :roll: :roll:

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun May 30, 2010 9:13 pm
by Traveler
Ek dink in die geval sal ek die spesialiste die werk laat doen.

Re: Warn Winch diens

Posted: Mon May 31, 2010 11:32 am
by Traveler
Dankie Mark.
CI Auto is in 59 Merino, City Deep. Kontak persoon vir Warn services is Vincent.

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 8:29 pm
by OOOOMS
Heinrich, het verlede week by 4x4Mega gou gaan inloer....hulle het my toe 'n prys van R3500.00 gegee vir 'n sintetiese tou.... :o: :o: :o:

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 8:36 pm
by Traveler
Dit is nie krieket nie.
Kyk hierdie prys.

http://www.sa4x4store.co.za/index.php?o ... 1&Itemid=1" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 8:47 pm
by OOOOMS
Of tennis.... :lol: :lol: :lol: seker vir my 'n prys gegee op 'n 8mm tou... :wink:

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 9:08 pm
by chopper
Het 'n soortgelyke ondervinding gehad met die vervanging van 'n winch staalkabel voor-verlede jaar; Elephant Lifting se prys daarvoor was maar 'n fraksie van dit wat 1 van ons erkende en gewilde 4x4 plekke dit beskikbaar gehad het! :shock:

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 9:15 pm
by Traveler
Ek benodig 1 van hierdie. My winch sinne het voetjies gegroei en weggestap.

Image

Re: Warn Winch diens

Posted: Sun Jun 06, 2010 9:16 pm
by OOOOMS
Janee Tinus, soms wonder ek waar hulle hulle pryse vandaan uitsuig :evil: :evil:

Re: Warn Winch diens

Posted: Tue Jun 08, 2010 1:41 pm
by Traveler
Ek het iemand gekry wat vir my 'n solenoid box kan bou teen minder as 50% die prys van 'n Warn/Ox/Tabor/Come Up.

Re: Warn Winch diens

Posted: Sat Jun 12, 2010 6:39 am
by Traveler
Korreksie dit was M8000

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Jun 30, 2010 8:12 am
by Castos
Jis, die Warn het al gewerk in sy lewe!!!. Control Instruments is die invoerders vir Warn. Hulle sal jou kan help met alle parte

Re: Warn Winch diens

Posted: Mon Sep 06, 2010 2:04 pm
by Traveler
So die M8000 is vandag ingegee om gediens te word. Vincent was baie vriendelik en die hele proses het letterlik enkele minute geneem om af te handel. Hy reken hulle sien gereeld winches wat erger lyk.....

Sal nou sien hoe loop die volgende paar dae totdat die diens afgehandel is. Die twee drum holders wat afgebreek is kan vervang word aagesien dit 'n aparte part is.

Verlede week het Decleor 4x4 vir my 'n nuwe winchplaat laat maak, en dit is ingesit Vrydag. Nou moet die Warn net terugkom van sy diens af, dan kan hy in sy nuwe nessie stelling opneem.

Re: Warn Winch diens

Posted: Thu Sep 23, 2010 8:30 am
by Traveler
Uiteindelik gister het ek antwoord gekry van Control Instruments af.... Wat 'n stryd en frustrasie, die spul was mos ook op strike. :aggresive: :aggresive:

Anyhoo, die drum holders moet vervang word, 'n clutch moet vervang word, en dan is dit net die diens, totale skade.... R2,487.00 :shock2: en hy sal beskikbaar wees teen Dinsdag.

Ok, ek weet dit is minder as die prys van 'n nuwe Warn.

So my kost tot hier:
Winchplaat - R350-00 (new)
Solenoid pack - R1,250-00 (new - Duke)
Remote - R545-00 (new - Duke)
Warn service - R2,487-00 (all Warn parts)

:blink: :blink: still kind of a bargain compared to a new Warn winch.....

Re: Warn Winch diens

Posted: Thu Sep 23, 2010 10:27 am
by OOOOMS
Dan so goed soos nuut :thumbup:

Re: Warn Winch diens

Posted: Thu Oct 07, 2010 9:28 pm
by Traveler
Die M8000 is terug van CI Auto af. Die techie wat die werk gedoen het, het 'n baie goeie job gedoen. Die admin mense daar is USELESS, CLUELESS.

Die Warn lyk eksie perfeksie, tot mooi geverf.

Het die winchplaat uitgehaal, die winch vasgebout met sulke fensie swart 8.8 10mm boute.

Dit was 'n m@erse job gewees om daai plaat met die winch weer op te tel en terug te sit in die bumper. Dit was nie MAKLIK nie, ek is lekker sat toe als weer in was. Nogal swaar om daai winch en sy plaat vas te hou en die boute en moere vas te maak.

Ek het nie kans gesien vir die bedrading nie, sal dit later weer doen.

Re: Warn Winch diens

Posted: Thu Oct 07, 2010 9:46 pm
by JohanM
Traveler wrote:Dit was 'n hengse job gewees om daai plaat met die winch weer op te tel en terug te sit in die bumper. Dit was nie MAKLIK nie, ek is lekker sat toe als weer in was. Nogal swaar om daai winch en sy plaat vas te hou en die boute en moere vas te maak.

Ek het nie kans gesien vir die bedrading nie, sal dit later weer doen.
Nou waar is daai foto's???? :tease: :tease:

Re: Warn Winch diens

Posted: Fri Oct 08, 2010 7:20 am
by Traveler
Sorry, nog nie fotos nie..... :blushing:

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 10:35 am
by george
Jy sal vir my 'n paar fotos moet opsit.

Ek het gisteraand my m8000 gekry.Ek het verskriklik gesukkel om hom getoets te kry.Ek kon net die selenoids aan die gang kry nie.Ek het 'n hele klomp bedrading diagramme afgelaai en alles het ok gelyk.Ek het later aan gevrees die selonoids het gepop :(
gelukkig kom ek toe op 'n forum af waar die ou praat dat die "backing plate" ook geaard moet word.En voila alles werk toe. :yahoo: Dis net jammer hulle wys dit nie op enige diagram nie :aggresive: Maar nou ja iemand wat weet wat hulle doen sou dit seker dadelik op gelet het :oops:
Anyhows.Ek gaan die selonoid boksie herbedraad want hy lyk nie so goed nie.Weet iemand wat se relays word gebruik en waar 'n man dit kan kry.
Weet iemand waar in die Kaap ek hom gediens kan kry?
Dankie Heinrich die remote werk goed :yahoo:

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 10:45 am
by Traveler
Jy kan Cole Hersey Solenoids gebruik. Of jy kan maak soos ek gemaak het, koop nuwe boks by Acot500 vir so bietjie meer as R1,500-00 (VAT incl). http://www.acot500.com/pdf_contact.aspx" onclick="window.open(this.href);return false;

Al die komponente is beskikbaar insluitende die solenoids los.

Jy kan ook los solenoids aankoop by Cariboo Distributors. http://www.cariboodistributors.com/" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 10:59 am
by george
dankie Heinrich

Ek gaan eers maar self stoei.
Is hierdie die relay wat ek sal nodig het

CH-24401 12V 85A
Continuous Duty

Ek sukkel nog om iemand in die Kaap te kry wat hom kan diens.Meskien moet ek dit self aanpak.............

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 11:23 am
by Traveler
George, hy lyk reg.

Hierdie het my BAIE gehelp: http://www.wms1.com/wms1/InfoDrawings.html" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 11:37 am
by Turbo
George,

Praat met my :beg:

Ons doen die dienste :thumbup: :yahoo:

Re: Warn Winch diens

Posted: Wed Oct 13, 2010 1:39 pm
by george
Thanx jaco.
Het nou net met Ciske gepraat.gaan hom bring vir julle :thumbup: :thumbup: