Page 1 of 1

Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Wed Jul 15, 2015 7:36 pm
by eenvoet
Hi,
Wil graag uitvind of 'n 9500 la sport/tmax whinch groot genoeg gaan wees. Ek het 'n 2007 2.7 vvti enkel kajuit 4x4. Hoor graag van die manne wat die nodige kennis het.
Dankie

Re: Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Wed Jul 15, 2015 7:52 pm
by Johan Kriel
Goeie vraag, ek sou ja. hoekom? n Winch se rating is wanneer die kabel heel uit getrek is, maw dan is die winch op sy sterkste. Dan kan die een 9500lb trek, of 4300kg. Wat weeg n hilux?. As dit hilux nou regtig vassit, kry n snacth block, dan verdubbel jy daai 4300kg. maw jy kan eitlik n ligter winch opsit, as jy n snatcblok en ekstra kabel saamry omdat jy die kabel nou moet verdubbel. Die kabel moet deur die snatch blok gaan en weer terug aan jou voertuig hak. Dan trek hy die helfte stadiger, maar dubbeld sy sterkte.

Ek het n 9500 op my een cruiser, sover kon hy my nog elke keer red, gewoonlik moet hy net n meter op twee trek om jou uit te kry, tensy jy rerig roekeloos raak.

Re: Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Thu Jul 16, 2015 3:09 am
by eenvoet
Dankie, waardeer die inset.

Re: Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Thu Jul 16, 2015 6:35 am
by Hangover
Dit is nou n mooi lang verduideliking. Al wat jy in gedagte moet hou is om jou trokkie op sy pens deur die modder te sleep kan soms meer as die 4300kG nodig he en dus die snatch block... maar oor die algemeen sal dit nie eens naastenby nodig wees nie... Oja baie belangrik op so groot as moontelik kabels te gebruik sodat volt drops nie die motor beskadig nie...

Re: Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Thu Jul 16, 2015 7:15 am
by CasKru
En ek kan bylas dat jou enjin moet luier terwyl jy die oefening doen anders gaan jy jou battery leeg trek in 'n baie kort tydjie

Re: Is 'n 9500 la sport whinch groot genoeg

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:01 am
by Ebersohn
Goeiemore,
Ek het nou so Prowinch 9000 opgetel teen 'n goeie prys. Waar laat ek hom "check" vir sy water proofing en dies meer?