Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
Rudi J
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 15
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:52 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux
Real Name: Rudi

Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Rudi J »

Hi guys, when I planned my very first trip to Botswana in Dec 2011 this forum was extremely helpful - I thought I want to share my trip report with you.
It is in Afrikaans, note that I can also send you additional info on accommodation, roads etc.

BOTSWANA -> ZIM -> CAPRIVI 2011

Ons vertrek die oggend van 26 Desember 4h00 vanuit Pretoria op ons lank verwagte bosvakansie. Hiedie is ons 1ste 4x4 vakansie na Botswana en ons is almal kinderlik opgewonde!
Ons is ietwat bekommerd by die grens want ons het bietjie meer as die toegelate kwota drank ingepak, darem het ek dit goed weg gesteek. Ons is darem vining en sonder enige probleme deur die grenspos by Skilpadshek, nou le die lang Trans Kalahari Snelweg voor ons, die eindpunt vir die dag is Ghanzi.
Die geel blommetjies langs die pad is n ongelooflike mooi gesig, ek stop en pluk so paar om te gee vir my vrou. Dit wen my bietjie “brownie points” wat handig sal inkom later in die vakansie.
Geel blomme langs die Kalahari Snelweg
Geel blomme langs die Kalahari Snelweg
Ons arriveer die middag so teen 16h00 se kant in Ghanzi waar ons ons vriende ontmoet wat al reeds n paar dae lank kuier by familie wat bly in die Ghanzi distrik. Ons word verwelkom met n heerlike koue bier en baie gasvryheid, net wat mens nodig het na n lang warm dag in die Kalahari. Die aand braai ons n stukkie vleis en beplan ons doen en late vir die res van die tyd saam. Gelukkig het die vriende reeds vleis gekoop n paar dae terug en ingevries, dit help baie want jy mag mos nie vleis oor die grens bring nie. Ons kuier die aand asof ons mekaar n jare nie gesien het nie en kom glad te laat in die bed.
Ons vertrek vroeg die volgende oggend na Maun waar ons voorrade opvul voor ons die 4dae weg van beskawing aanpak. Ons vertrek uit Maun so teen 13h00 se kant, met reen wat ons jaag al die pad tot by Dizhana kamp. Dizhana is n nuwe kamp en is omtrent so 80km vanaf Maun noord/noord oos in die rigting van die Okavango Delta. Ons kry ongelooflik baie water en modder op die pad, maar ry sonder enige probleme tot by die kamp.
Pad na Dizhana
Pad na Dizhana
So teen 16h00 arriveer ons by Dizhana en word vriendelik gegroet deur die kamp bestuurder. Ons word sommer vining ingelig dat daar net die vorige oggend 9h00 n groot Leeu mannetjie in die kamp rondgeloop het, daar is geen heinings nie en ons moet baie versigtig wees. “Laat julle vure hoog brand in die aande terwyl julle nog wakker is” gee hy raad, dit is blykbaar die beste om die wilde diere weg te hou van jou kamp af. Reg deur die nag hoor ons Leeus brul wat klink asof hulle net om die draai is, dit is n ongelooflike ervaring!

Dizhana is n ongelooflike mooi kamp, wat net langs die Khwai rivier le, daar is n paar permanente tente / villas en dan ook 4 kamp areas wat elk so 4 tot 6 tente kan akkommodeer. Ons was gelukkig en was die enigste mense in die kamp, die stilte en die bos geluide het ons vermaak. Elke kamp area het n badkamer gebou (van riet) met 2 aparte storte, 2 spoel toilette en was bakke – die donkie hou die water warm. Jou stort het n ongelooflike mooi uitsig oor die bosveld. Jy kry selfs n opwas area met lopende water by jou kamp area, hier is n paar foto’s:

Kampeer area by Dizhana
Dizhana kamp
Dizhana kamp
Wat meer wil jy he…stort en wasbak
Stort
Stort
Uitsig van die stort af
Stort uitsig
Stort uitsig
Ongelooflike sonsondergang..
Dizhana sonsondergang
Dizhana sonsondergang
Dit het ongelooflik baie gereen…darem het Walter n gazebo saam gebring
Reen nat by Dizhana
Reen nat by Dizhana
Die 2de aand sit ons en drink n drankie voor ons uitgaan op n nag wildrit saam met die wilds bewaarder van Dizhana. Die hoof lodge area het geen krag nie, gas is aan die orde van die dag. Ons sien soveel diere op die rit, olifante, kameel perde, seekoeie, allerhande boksoorte, hyena’s maar ongelukkig nie die trop leeus nie. Ons word wakker die volgende oggend met soveel hyena spore rondom ons tente dat jy wonder hoe hierdie diere so sag kan wees in die nag – ons het niks gehoor nie.
Drinks voor die nagrit
Drinks voor die nagrit

Ons vertrek die oggend van die 29ste na Savuti, volgens National Geographic, is Savuti die beste area in die hele Chobe Nationale Park om roofdiere te sien. Die pad is lank en die bos is ongelooflik reig, so ons sien nie veel diere nie, net n kameelperd en n paar olifante. Daar was ongelooflik baie water op die pad, darem was die poele nie te diep nie en ons kon sonder enige problem deur ry.
Water poele met swart modder oppad na Savuti..kan erg vas sit met tye

Die Mababe Consession Checkpoint net voor die pad na Savuti vurk, ons het die “Sandridge” pad gevat, want die “Marsh” pad het baie modder en jy kan maklik vasval.

Blou wildebeeste met kalfies net voor Savuti

Mooi olifant bul naby Savuti

Trop Kameelperde ook naby Savuti

Die man het gesukkel met sy bol teen daardie styl bult op


Uiteindelik by Savuti

Ons kamp area by Savuti – CV7. Die bome het heelwat skaduwee gegee teen die erge Afrika son, maar ons het weereens erg nat gereen

Savuti is n ongelooflike mooi area, nie baie Mopani bos soos in die noorde van Chobe nie. Ons het ongelukkig geen leeus of hyena’s gesien in die 2 dae/1 nag wat ons daar was nie, sal volgende keer verseker meer aande hier oorslaap. Die kampeerders langs ons vertel my vrou hoe daar 2 luiperds in die kamp area was net n dag voor ons daar aangeland het. Die geriewe by Savuti is baie goed, veral die badkamers, maar al wat pla is die generator was raas reg deur die nag. Dit raas so dat jy amper geen nag geluide kan hoor nie, dit haal die bos gevoel heeltemal uit die ervaring uit. Ek het sommer besluit om dit so aan te teken in die gaste boek by die ontvangs. Behalwe vir die raserige generator het ons n baie aangename tydjie gehad in Savuti, en sal dit aanraai vir enige iemand.


Die bruggie oor die baie bekende “Savuti Channel” wat weer begin vloei het so paar jaar terug na hy droog was vir omtrent 25 jaar.
.

Op die oggend van die 30ste pak ons op met swear harte, ons is nou oppad na Kasane waar ons 3 aande sal deurbring. Net so 5km buite Savuti kry ons n trop olifante wat stadig oor die pad stap, daar is heelwat kleintjies by en ons hou ons afstand. Na die trop oor is ry ons katvoet verby, en voor ons onsself weer kon kry ry ons amper in n 2de trop olifante vas wat drink by n tydelike watergat net langs die pad rondom n skerp draai.
Walter wat voor ry se op die 2rigting radio dat die trop groot geskrik het en ons moet eers wag tot hulle klaar gedrink het. Hy ry versigtig verby die trop, eweskielik sien ek uit die hoek van my oog dat n groot olifant bul van die agterste trop op Walter hulle afstorm. Ek moet bieg, nog nooit het ek in my lewe n groot bul olifant so sien hardloop nie. Ek laat Walter dadelik weet wat aangaan en hy gee vet dat jy net water sien spat vir omtrent 600m. Die bul het regtig met mening gekom en hulle sou in die moeilikheid gewees het. Om ons senuwees nog verder klaar te maak stop die bul in die pad en draai om en fokus sy aandag op ons. Hy was seker moeg na die 400m sprint, maar hy stap met mening vol trompetter op ons af. Nou begin ek en my vrou skrik want die trop agter ons is weer in die pad – ons is vas gevang in die middel. Ek reverse relatief vinning, maar moet die trop agter ons ook in gedagte hou. Gelukkig verloor die bul belangstelling so 50m van ons bakkie af, maar dis steeds genoeg aksie dat ons harte in ons keel kom sit. Ek wonder hoekom die olifante in Savuti soveel meer agresief is as die troppe hoer op in Chobe.
Na al die opwinding ry ons versigtig voort en maak seker ons kyk BAIE MOOI vir elke trop olifante wat ons sien.

Hou piekniek in die middel van nerens, net jammer die gazebo is ver weg gepak. Dalk nie n slegte idee om in n “awning” te investeer nie.

Die pad net voor Kachikau

Ek het redelik baie opgelees voor hierdie bos vakansie, en die mense op die forums se jy moet 4x4 he om hierdie pad v Maun na Savuti na Kasane te kan ry. Ek kan met alle eerlikheid se dat nie Walter met sy Nissan 2.4 Hardbody of ek met my Hilux 3.0 eers eenkeer 4x4 moes gebruik het nie. Ons het dit sommer net gedoen om bietjie te speel en om teleurstelling te voorkom. Dalk was ons gelukkig met die sand wat gekompakteer was deur die reen, en die modder wat nie te erg was nie. Ek neem aan as jy na die Moremi wil gaan sal jy verseker 4x4 en dalk n snorkel moet he.
Net na “Ngoma Bridge” neem ons die A33 teer pad deur Chobe oppad na Kasane. Die plan is om te kampeer by die allerbekende Chobe Safari lodge, maar toe ons daar aanland was dit heeltemal vol.
In die proses begin dit reen en ons besluit sommer om glad nie te kamp nie, want wie wil tent opslaan as dit so erg reen. Ons gaan bly toe die aand in Marina Safari Lodge, ons het wonderlike diens gehad en die plek is werklik pragtig.
Ons het van daar af die volgende dag gaan tent opslaan by Kwalape waar ons die volgende 3 aande spandeer het. Kwalape is by verre die netjieste lodge (naas Chobe en Marina) veral vir kampering, hulle het n groot swembad met uitstekende kos en geriewe.
Gedurende hierdie tyd gaan ry ons op die Chobe rivier, dit is daadwerklik n moet vir enige natuur liefhebber…ons het n magdom diere gesien. Hier is n paar fotos:

2 visarende, sekerlik getroud want hulle is mos “monogamous”

.Die oggend van die 2de Januarie vertrek ons na Victoria Falls om die valle te gaan kyk by die “Mighty Zambezi”. Die grenspos is power, hulle kan gerus kers opsteek by Botswana. Ons oornag by Victoria Falls Restcam, die plek is baie mooi maar mens kan duidelik die gevolge sien wat die politieke toestand in die land veroorsaak. Die plek se badkamers was baie swak, ons wou amper nie eers stort nie en die toilette is haglik. Toe ons die skoonmaak dame sien met n stukkende besem, lap wat disintegreer en geen seep toe besef ons wat aangaan.
Die valle was asemrowend, ek voel dit kon een van die natuurlike wonders van die wereld gewees het.


Ons vertrek die volgende dag terug na Kasane, waar ons weer Walter se bakkie gaan haal by Kwalape. Die eienaar het ons gewaarsku oor hoe duur die grenspos is per voertuig en was gaaf genoeg dat ons 1 voertuig kon los by hulle. Ons het +- R450 betaal per voertuig wat vrek duur was.
Van daar ry ons deur die Chobe Nationale Park, al langs die Chobe rivier, verby Ihaha tot weer by Ngoma Bridge waar ons deurgaan na Namibie. Dit is n ongelooflike mooi deel van die park, veral so langs die rivier af – dit vat net lank want jy ry stadig. Hierdie is ook ons 1ste keer in die Caprivi, en ons borrel van opgewondenheid.

Op die brug oor die Chobe rivier, die res van die pad tot by Katima Mulilo is baie vervelig, daar is baie villages en diere op die pad.

Ons eindbestemming in die Caprivi is Island View Lodge. Hier het ons gekampeer op n sy tak van die Zambezi met n pragtige uitsig.

Ons besluit om ons groot droom van tiervisvang in die Zambezi te bewaarheid. Walter vang n baie mooi 3.4 kg tier, en ek n 1.9kg

Ons onvergeetlike laaste aand op die Zambezi se oewer..


Na n onvergeetlike tyd in die bos, vertrek ons vroeg oggend by Island View Lodge na Ghanzi. Hierdie keer ry ons aan die Westelike kant van die Delta “Panhandle” via Shakawe. Walter hulle skiet reguit deur Ghanzi toe en ons wil eers gaan kyk hoe lyk Guma Lagoon Lodge. Die sand pad van 15km is die ergste wat ek nog in my lewe gesien het, en hier het ek wel “low range” gery in 2de rat. Die temperatuur was sekerlik 45grade en ons kry ongemaklik warm. Oppad na Guma blaas die fuse vir die aircon/flicker ligte ens, en die hitte raak ondraaglik. By Guma aangekom bedien hulle ons met heerlike toebroodjies en vars slaai, iets wat baie skaars is in die geweste. Die eienaar van Guma help my vining om die stukkende fuse op te spoor en ons vervang hom gou. Ons ervaring by Guma was weereens ongelooflik, doen jouself die guns en besoek hierdie wonderlike lodge op die oewer van die Kavango rivier.
Live life simply and do what you like more often...
Rudi J
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 15
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:52 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux
Real Name: Rudi

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Rudi J »

Hier is die ander fotos, sien mens kan net 8 op n slag laai..ek sal die ander ook laai


Mababe Consession gate
Mababe Concession Gate
Mababe Concession Gate
Blou wildebeeste voor Savuti
Blou wildebeeste voor Savuti
Blou wildebeeste voor Savuti
Olifant bul
Olifant
Olifant
Kameelperd
Kameelperd
Kameelperd
Rol daai bol..
Rol boetie rol..
Rol boetie rol..
Savuti Kamp
Savuti kamp
Savuti kamp
Savuti Kamp terrein
Savuti Kamp terrein
Savuti Kamp terrein
Savuti Channel
Savuti Channel
Savuti Channel
Live life simply and do what you like more often...
Brand
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 79
Joined: Thu Jan 05, 2012 11:38 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Gerbrand

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Brand »

Jis dit lyk baie lekker! Ek kan nie meer wag totdat ons gaan nie!!! :dance1:

Bly om te sien julle het op die grond gekamp, dis ons plan ook (die tent lyk identies aan ons s'n ook :thumbup: )
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by george »

Dit lyk baie lekker :thumbup:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by OOOOMS »

Lovely report so far :thumbup:

More pics please I can't read......... :o: :lol: :lol: :lol:
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Mud Dog »

Nice detailed and well written report, Rudi. :thumbup: A few more pics would make it outstanding. :D: ;-)
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Rudi J
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 15
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:52 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux
Real Name: Rudi

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Rudi J »

Well, seeing that one can only load 8 pics on the thread here is another reply with the rest of the pics. You would have to fit the pictures to the story though...

Piekniek in die middel van nerens
Piekniek in die middel van nerens
Piekniek in die middel van nerens
Die pad na Kachikua
Die pad na Kachikua
Die pad na Kachikua
Chobe rivier rit - stunning view
Chobe rivier rit - stunning view
Chobe rivier rit - stunning view
Die meeste visarende wat ek nog gesien het - die Chobe rivier
Die meeste visarende wat ek nog gesien het - die Chobe rivier
Die meeste visarende wat ek nog gesien het - die Chobe rivier
Nog visarende, die getroude paartjie
Nog visarende, die getroude paartjie
Nog visarende, die getroude paartjie
Honderde olifante langs die Chobe rivier
Honderde olifante langs die Chobe rivier
Honderde olifante langs die Chobe rivier
Vic Falls - asemrowend
Vic Falls - asemrowend
Vic Falls - asemrowend
Pragtige uitsig oor die valle
Pragtige uitsig oor die valle
Pragtige uitsig oor die valle
Live life simply and do what you like more often...
Rudi J
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 15
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:52 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux
Real Name: Rudi

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Rudi J »

Here are the last few pics..

Grenspos tussen Botswana en Namibie (Caprivi)
Grenspos tussen Botswana en Namibie (Caprivi)
Grenspos tussen Botswana en Namibie (Caprivi)
Chobe rivier oppad na Katima
Chobe rivier oppad na Katima
Chobe rivier oppad na Katima
Island View Lodge - regtig n vrek mooi plek
Island View Lodge - regtig n vrek mooi plek
Island View Lodge - regtig n vrek mooi plek
Walter met sy 3.4kg Tiervis...dit was n mooie!
Walter met sy 3.4kg Tiervis...dit was n mooie!
Walter met sy 3.4kg Tiervis...dit was n mooie!
Laaste aand by Island View Lodge, tyd vir sundowners
Laaste aand by Island View Lodge, tyd vir sundowners
Laaste aand by Island View Lodge, tyd vir sundowners
Ongelooflike mooi view vanaf Guma Lagoon Lodge aan die weste kant van die Delta
Ongelooflike mooi view vanaf Guma Lagoon Lodge aan die weste kant van die Delta
Ongelooflike mooi view vanaf Guma Lagoon Lodge aan die weste kant van die Delta
Hoop julle het dit geniet :yahoo:
Live life simply and do what you like more often...
Racing snake
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 414
Joined: Sun Jan 30, 2011 12:51 pm
Town: Randburg
Vehicle: Fortuner
Real Name: Brian

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Racing snake »

Rudi. Wonderfull report and brilliant pics. Thanks for sharing. It's guys like you that make this forum so special.
Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 837
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Bulletjie-3 »

Dankie Rudi, het dit baie geniet
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Mud Dog »

Great pics, Thanks! It's really a beautiful part of the world! :thumbup: :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
ROOFER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1007
Joined: Sun May 23, 2010 10:03 pm
Town: grassy park cape town
Vehicle: 99 s/c hilux 4x4 2.7i long range tank & dual battery; 2003 nissan x-TRAIL (4X4)
Real Name: charl

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by ROOFER »

Thanks Rudi nice pics :thumbup: :thumbup:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by OOOOMS »

Hoop julle het dit geniet :yahoo:
Geniet...... :?: :?: :?:

Dit was uitstekend :thumbup:

Dankie :wink2:
User avatar
Witblits
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 208
Joined: Sat Nov 21, 2009 8:36 am
Town: Koringberg
Vehicle: Hilux D4-D S/Cab
Real Name: Andre Matthee
Club VHF Licence: X50

Re: Botswana, Zim & Caprivi Trip Report

Post by Witblits »

Dankie Rudi, laat my terugverlang na ons trippie Des 11/Jan 12 (viewtopic.php?f=4&t=23356" onclick="window.open(this.href);return false;).

Daai miskruier herinner my aan:
533322_2764026759168_1812863080_1631491_1287222612_n.jpg
533322_2764026759168_1812863080_1631491_1287222612_n.jpg (29.57 KiB) Viewed 2407 times
ImageImageImage
Post Reply

Return to “Trip Reports”